“Kragapie” post is iets van die verlede

datePosted on 12:46, February 3rd, 2010 by Pagoda32

Ek wil graag iets baie duidelik maak.

Ek het nog nooit sensuur toegepas op hierdie site nie.  Ek was en sal altyd ‘n voorstander bly vir vrye spraak.  MAAR!

Ek laat nie haatspraak toe nie.  Ek laat dit ook nie toe om enigiemand wat hier kuier se karakter aan te vat nie.  Dis ongevraagd!  As jy as mens nie op ‘n ordentlike manier iets kan uitsort nie, moet jy eerder op ‘n ander plek jou toys gaan gooi.

Ek betaal vir bandwydte hier, ek betaal vir my webspasie en solank as wat ek die septer swaai sal ek die ordentlike mense wat hier kuier die onsmaaklikheid spaar van afkom op ‘n comment van iemand (self ‘n menigte mense soos nou die geval was) wat basies persoonlike vuil wasgoed in die openbaar uithang.

Voel vry om my persoonlik te e-mail - diewerf@live.co.za

Maar hou asseblief die insults en sommer die hele onsmaaklikheid van hierdie site af.

Brein se verduidelikings aan julle het NIKS met enigiemand hier te doen nie.  Daar is maniere om onsmaaklikhede op te los, en dit wat julle tot dusver gedoen het het niemand gehelp nie.

Iran- wink ‘n nuwe oorlog?

datePosted on 20:30, February 1st, 2010 by Toast

Iranian President Mahmoud Ahmadinejad says the nation will deliver a harsh blow to the “global arrogance” on this year’s anniversary of the Islamic Revolution.- 11 Februarie - Press TV.

Terselfdertyd word daar gerapporteer oor ‘n geheime CIA-Mossad  vergadering. Die VSA het ook begin met ‘n volskaalse vloot oefening in die Stille oseaan .

Gaan Iran ‘n kernbom toets op 11 Februarie en kan die  Isrealies bekostig om nie te reageer nie?

Hier kom dalk ‘n ding….

JZ - die barmhartige samaritaan en opstander van kulturele regte

datePosted on 11:31, February 1st, 2010 by Pagoda32

Ek is effe omgekrap na vanoggend. Ek het hard probeer, maar kon net nie deurkom na 5FM se ateljee nie.

Ek luister normaalweg na KFM (my vrou het my bekeer in daai opsig – voor dit was dit 5FM vir ’n radio-dieet), maar vanoggend, op een of ander wonderbaarlike manier, het ek besluit om vlugtig oor te slaan na 5 toe. En ek vang vir Gareth Cliffe sê dat hy geen probleem het met die feit dat Jacob Zuma nog ’n kind verwek het by ’n vrou wat nie sy eie is nie.

Volgens hom het die ou al klaar verduidelik dat ‘n menigte vroue en kinders by almal wat kan baar deel is van die Zulu kultuur. Blykbaar laat dit jou soos die “Alpha male” voorkom. Alles goed en wel. Each to his own, dog ek toe…maar toe dink ek net so bietjie vêrder as wat my neus lank is.

JZ was nie te lank gelede nog in ’n stryd gewikkel gewees met die gereg oor moontlik bedrog, ens. Elke ding wat die man sederdien gedoen het het geruik na vuil spel – ’n speletjie, ’n “race to see who can get there the quickest”. Gaan JZ wen en die president word, of gaan die NPA wen en die man in die tronk stop.

Wonder bo wonder het hy op menigte geleendhede rang getrek en waaragtigwaar die stoel gaan vol sit. En mense is nou min gespin. Hy doen al die regte goed, sê al die regte dinge en is gedurig in die publieke oog met sy charismatiese manier. En die lewe lyk sommer rooskleurig, maar hoeveel van ons besef dat hierdie man besig is om almal, wit en swart, soos ’n viool te speel?

Eerstens: Hy verkondig wyd en suid dat sy manier van rondslaap, kinders verwek en menigte vroue “sy kultuur is” en dat hy geensins neerkyk op vroue as “dinge” nie. Nice! Sy kultuur…wat van die Afrikaner kultuur? Is dit nie ons reg om onderrig in ons eerste taal te ontvang nie? Wanneer gaan hy inspring en die stadige en doelbewuste uitroeiing van Afrikaans in ons universiteite stop? Of is kulturele regte beskore vir diegene wat dit nodigste het - diegene wat dit nodig het om belangrikhede onder die mat te vee!?

Tweedens: Hoeveel van ons onthou dat hy, laas jaar nog, die groot voorstander was vir die terugbring van godsdiens in ons skole. Om elke saalbyeenkoms en dag in die klas met gebed to open. Fantasties! Tot jy skielik besef die man sê presies wat sekere ore graag wil hoor, ongeag of hy die sentiment deel. Hoe trek jy ’n direkte lyn tussen sy “godsdienstige oortuigings” en sy huidge lewenstyl waar almal wat asem haal ’n stukkie JZ kry en kinders by dosyne verwek word? Jy kan nie!

Nou word Eugene de Kock kwansuis soos ’n wortel voor Afrikaners se neuse geswaai – om vrygelaat te word! Dink die swart bevolking regtig ons vereenselwig ons almal met ’n man wat gemoor en vermink het in die naam van die ou SA? Soveel so dat ons hom op vrye voet wil sien? Vir wie word hy nou eintlik vrygelaat? Vir die blanke bevolking (waarvan die meeste nie in die minste geskeel kan wees nie) of die swart bevolking wat moet sien hoe ’n groot samaritaan hulle nuwe chief is? Laat mens dink..en dan weet die res van ons natuurlik dat die grootste rede vir sy moontlike vrylating is om ’n allemintige rookskerm voor die vrylating van Shabir Shaik te laat rys!

As mens nou mooi gaan sit en dink is daar bitter min wat JZ tot dusvêr gedoen het wat uit sy eie denke gebore was. Nog minder het hy tot dusvêr enigsins einigiets gedoen wat my vertroue in hom sterker gemaak het.

Die man is ’n kroek, ’n leuenaar, ’n veelwywer en gebruik godsdiens, sy “kultuur” en menigte ander menslike riglyne soos dit hom pas. Ek wonder nou hoeveel van wat hy tot dusvêr gedoen het, het uit sy hart gekom?

Mans

datePosted on 11:02, February 1st, 2010 by koeksister

Verlede naweek het ons en ‘n paar vriende laer getrek in Langebaan. Saterdag –aand word daar behoorlik gekuier, maar so teen 10uur knak my knieë, ek sluip tent toe en val amper my opblaasmatras moer toe. Kuifie kuier nog voort

So teen 12 uur word ek wakker deur ‘n vrou wat op haar man skel. Ek het geen idée wat hy gedoen het nie maar jirder kan hierdie vrou vir jou skel. Ek hoor net sy bedeesde stem maar dan word hy in die rede geval, ek kon nie ‘n woord hoor wat sy gil nie maar sy klink soos ‘n masjien geweer – rat-tat-tat-tat-tat – gaan sy af. Dan probeer hy weer ‘n woord inkry – rat-tat-tat-tat-tat……….Ek dink nogals by myself, jeez vrou, gee die man ‘n break, hulle kuier nou so lekker daarbuite. Maar geen genade nie.

Ek draai my kussing om my kop en genadiglik raak ek weer aan die slaap. Kuifie kuier nog voort.

Kwart voor 4 skrik ek weer wakker met ‘n hengse nood, ek vlieg op, draf by die tent uit en sien so in die verbygaan Kuifie-hulle kuier lekker, maar daar is nie tyd vir ordentlik kyk nie, ek moet by die toilet uitkom. Toe ek terugkom kyk ek wat maak die bitter-einders, en dis toe ek dit sien.

3 van die manne het nog bly staan en het besluit om deur te druk tot die son opkom, daar was genoeg hout en drinkgoed, so waarom nie? Maar 2 vreemde dames het besluit om hulle by hulle aan te sluit, want hulle het geselskap en drinkgoed gesoek. En so het die 5 toe verder gekuier.

Ek sien vir Kuifie raak wat baie geselserig by ‘n blond staan en die 2 drink sommer so uit die bottel uit wat hulle vir mekaar aangee. Ek fluit vir hom en toe hy omkyk, beduie ek met my duim hy moet tent toe. Die blond gee vinnig pad toe sy my sien, maar Kuifie roep toe terug en sê: “Ja wag, ek kom nou”. Ja wag ek kom nou???? Norrefok.

“KOM NOU!!” gil ek die helfte van die kamp wakker. Kuifie druk die bottel in gewillige hande en kom skoorvoetend terug tent toe.

Rat-tat-tat-tat-tat…………

Hoe regverdig mens dit?

datePosted on 11:02, February 1st, 2010 by phibbie

Vanmore kom my bediende by die werk.  Ek rant en rave soos gewoonlik, stoei om als in orde te kry voor ek werk toe gaan.  Trap vir Jessie uit oor sy skelm op die kussing op die stoel klim etc etc.

Ek sien my bediende is nie lekker nie. Ek vra toe nou maar, maar ek is haastig en sommer so half ongeduldig ook.  Hier is haar storie:

Hulle het Vrydagaand in haar huis ingebreek.  Hulle het in die huis geslaap, sy en haar kinders. Toe hulle Saterdagoggend wakker word toe is hulle beroof.  Al hulle kos en klere is gesteel.  Haar meubels is uitgedra en die vensters is stukkend gesny.  Voor haar venster is daar dele van ‘n cd wat gebrand is. Daai cd brand is soos narkose.  Maak jou slaap vir ‘n vale.  Hulle het tot haar kind se calculator gesteel se sy.  Hulle het die SAPS gebel half 5 die oggend.  Hulle het opgedaag 16h00 Saterdag.  Geen leidrade, geen versekering, geen niks.  Die meubels is orals buite die huis gestrooi.

Verder huil sy so en ek vra toe nou ek verstaan sy is baie upset maar hoekom huil sy so erg, is daar iets anners.  Eish.  Vertel sy my in September 1997 was daar ook by hulle ingebreek maar toe rape hulle haar en haar sussie.  Shit man toe huil ek sommer saam met haar.

Hoe kan mense dit doen aan mense wat reeds niks het nie?  Aan iemand wat 2 werke het om haar kinders deur die skool te sit?  Iemand wat altyd vrolik is en niks haar kan onder kry nie?  Weereens besef ek almal van ons het maskers en dinge wat ons probeer verberg en ons almal cope anners met situasies.

Hoe regverdig mens al die dinge?

Virus: Pheriphal neuropathy

datePosted on 06:42, January 30th, 2010 by phibbie

Dis die ding wat my bloots gery het tot nog gisteraand toe en waarmee ek uiteindelik my laaste kortiseen pilletjie gedrink het.

Wikipedia se dit:

Peripheral neuropathy is the term for damage to nerves of the peripheral nervous system,[1] which may be caused either by diseases of the nerve or from the side-effects of systemic illness.

The four cardinal patterns of peripheral neuropathy are polyneuropathy, mononeuropathy, mononeuritis multiplex and autonomic neuropathy. The most common form is (symmetrical) peripheral polyneuropathy, which mainly affects the feet and legs. The form of neuropathy may be further broken down by cause, or the size of predominant fiber involvement, i.e., large fiber or small fiber peripheral neuropathy. Frequently the cause of a neuropathy cannot be identified and it is designated idiopathic.

Neuropathy may be associated with varying combinations of weakness, autonomic changes and sensory changes. Loss of muscle bulk or fasciculations, a particular fine twitching of muscle may be seen. Sensory symptoms encompass loss of sensation and “positive” phenomena including pain. Symptoms depend on the type of nerves affected; motor, sensory, autonomic, and where the nerves are located in the body. One or more types of nerves may be affected. Common symptoms associated with damage to the motor nerve are muscle weakness, cramps, and spasms. Loss of balance and coordination may also occur. Damage to the sensory nerve can produce tingling, numbness, and pain. Pain associated with this nerve is described in various ways such as the following: sensation of wearing an invisible “glove” or “sock”, burning, freezing, or electric-like, extreme sensitivity to touch. The autonomic nerve damage causes problems with involuntary functions leading to symptoms such as abnormal blood pressure and heart rate, reduced ability to perspire, constipation, bladder dysfunction (e.g., incontinence), and sexual dysfunction.[2]

Die uiteinde van die hele spul na 2 spesialiste, x-strale en tonne bloedtoetse is dat ons medies vir die jaar 2010 uitgeput is.

Moet ons betaal?

datePosted on 06:39, January 30th, 2010 by phibbie

Ek is nou rerig nie een wat oor politiek etc skryf of praat nie, maar nou die aand kyk ons program op Kyknet en daar het so paar vrae by my opgekom wat ek nie voor antwoorde het nie.  Dit gaan als mos oor transformasie en kleur en wie moet vir wie betaal en wie moet vir wie jammer voel.  Ek kan dit nie lekker verstaan nie of dalk issit ‘n geval van nie wil verstaan nie.  Ek probeer nog uitvind.

My vrae is dus die volgende, meestal aan myself gerig:

  1. Betaal ons vir ons voorouers se besluite en aksies?  EN indien wel, hoekom moet ons verantwoordelik      daarvoor gehou word.
  2. As dit rassisties is, hoekom word tot die swart plaaseienaars bedonner en van hulle plase af weggejaag en nie betaal nie?
  3. Sal ons eendag ‘n Mosambiek en Zimbabwe word en wanneer?
  4. Is dit nie rassisties as jy as blanke deur ‘n ander kleurige vermoor word nie?  Of issit net hoe dit moet wees?
  5. Moet kinders en ou mense die prys betaal van politiese f@kkops wat deur die vorige regering gemaak is?
  6. As jy uit jou land uit vlug in haglike omstandighede, hoekom de donner sal jy jou inne anner land wil kom tuismaak in nog hagliker toestande?
  7. Hoeveel van die vlugtinge van ons buurlande etc wat hierheen kom is wettige burgers (nie nou dat wettig die begrip moet wees nie)?
  8. As die wettige burgers te sleg is om te werk en net wil he he he he he, hoekom kan die onwettige burgers dan nie werk en hulself verbeter nie?
  9. Is daar enige doel in stakings as die stakers dan nou nie die wetters wat nie eintlik wil werk nie, maar soek geld om hele dag te sit en niks doenie?

Het julle dalk enige antwoorde op die vrae van my, want ek soek en soek en kry zip

Regter Bertus de Villiers van Australië oor emigrasie

datePosted on 09:24, January 26th, 2010 by Toast

Julle het my droom gesteel

Grafika: salomé Nourse

Min onderwerpe krap mense so baie om as emigrasie.

Die voordele, die nadele. Die verlange, die nuwe identiteit.

Die haat, die liefde.

Die verwyt, die droom.

Oor ’n tydperk van tien jaar sedert ek geëmigreer het, het ek met honderde emigrante gesels om agter te kom wat in hul kop aangaan.

Ek het verby die gewone stories van geweld probeer kom na die dieperliggende psigologiese motivering.

Die gaping tussen wat wit mense verwag het gaan gebeur in die nuwe Suid-Afrika en wat gebeur het, was en bly net eenvoudig te groot.

In stede van oorgaan tot ’n revolusie, het hulle “gerebelleer” deur pad te gee. Wit mense het verwag dat Suid-Afrika anders as Afrika sal wees.

Dit sal beter wees. Wit en swart sal regtig saam ’n plek in die son geniet.

Maar dit is nie. En nou is hulle kwaad. Seer. Teleurgesteld. Moedeloos. Gatvol. En hul “revolusie” is om te trek, want dit help nie hulle baklei nie.

Dit het niks te doen met rassisme of bitterheid nie. Dit het te doen met onvervulde, subjektiewe verwagtinge.

Terwyl die Grondwet ’n wêreldklas-dokument is, is die wyse waarop dit bestuur word telkens ’n wêreldklas-gemors.

Wit mense het binne ’n dekade bywoners in hul land van geboorte geword. Nou word hulle eerder bywoners in ander lande wat aan hulle meer kanse en aanvaarding bied.

Stootkrag sterker as trekkrag

Die stootkrag waarom mense van Suid-Afrika weggaan, is sterker as die trekkrag na die land van hul keuse.

Wit mense verlaat dus Suid-Afrika telkens met seer. Met ’n wrok.

Selfs met haat. En dit vat sommige lank om daaroor te kom.

Dit maak ons anders as ander emigrante.

Ek ontmoet honderde Britte, Italianers en Kiwi’s wat geëmigreer het, want hulle wou, nie omdat hulle moes nie.

Ek het in my dekade in Australië nog nie een wit mens teëgekom wat hier wou wees uit eie wil nie.

Hulle sou almal eerder in Pretoria en Kaapstad en Lichtenburg wou bly, Sondag kerk toe gaan, Loftus toe en ’n verskil maak aan hul gemeenskap.

Maar hulle voel uitgeskop. Hul kundigheid en liefde vir hul land word geminag. En ’n ander land vry na hulle.

Dis soos ’n man wie sy vrou afskeep. Sy sal hom los vir iemand wat haar soos ’n vrou laat voel.

As die Boere eers hier aankom en sien hoe mense hulle waardeer, raak hulle dolverlief op die nuwe land.

Dit is daarom dat die kans dat mense uit plekke soos Australië sal terug-migreer omtrent nul is.

Die les vir beleidmakers is dat dit moontlik is om die emigrasie te vertraag. Vergeet om dié wat hier is, terug te kry.

Nee, probeer eerder dié wat nog daar is, daar te hou. Gee hulle hoop.

’n Tuiste. Waardering.

Vertrap van Afrikaans

Ek was een keer saam met prof. Pieter de Lange toe hy voor die ontbanning aan senior ANC-ouens gesê het: “Don’t touch Afrikaans. If you touch it, Afrikaners will lose their fear of English and leave (like the English have done).”

Nodeloos om te sê, hulle het die wenk geïgnoreer. En die gevolg is duidelik. Afrikaners is nie meer bang vir Engels nie. Hulle kom hier aan op Vrydag en begin werk op Maandag. Hulle is nie skaam vir hul aksent nie.

Hulle praat Afrikaans by die huis, maar leer en werk in Engels.

Net soos in Suid-Afrika.

Nou wil hulle oorleef

Wat is ’n mens sonder ’n droom? Wit mense beleef dit dat hul droom oor die toekoms, oor hul bevordering, oor hul kinders se geleenthede gesteel is.

Natuurlik kan ’n mens al hoe meer wintie word oor die ghrênd motor en die vakansiehuis, maar dit is nie die drome wat ’n mens nodig het nie.

Jy wil ook nie gatkruip vir jou droom nie. Jy wil nie ’n ou omkoop vir jou droom nie.

Jy wil nie vir iemand comrade sê of saamlag as hy stupid grappe maak of niks sê oor sy reuse-foute omdat jy politiek korrek wil wees nie.

Mense wil weet jy kan terugsit en beplan vir jou toekoms. Jy wil weet as jou kind hard werk, kan hy bo uitkom. Maar baie het ophou met droom.

Nou wil hulle net oorleef.

Suid-Afrika is vir baie ’n droombreker.

Breinkrag in Perth

Die Suid-Afrikaanse breinkrag wat net in Perth vergader is, is ongelooflik.

Hier is genoeg SA ingenieurs om ’n land te bou.

Genoeg onderwysers om honderde skole te bedien. Genoeg dokters om 1 Militêre Hospitaal weer aan die gang te kry. Genoeg verpleegsters om talle klinieke te laat oopmaak. Nie een wou hier wees nie. Maar almal se selfverwesenliking word hier gevul. Hulle kry erkenning. Hulle word bevorder.

Hulle oorleef. Hulle groei. Hulle het veiligheid.

Rugby is nuwe patriotisme

’n Mens wil lief wees vir jou land.

’n Land is meer as net ’n blyplek. Hulle noem dit patriotisme.

Wit mense se patriotisme is weggevat omdat hulle nie deel kan wees aan die nuwe land nie. Hul vakansiedae word geminag. Hul taal is terug in die kombuis. Hulle ken nie die name van hul ministers nie. Hulle weet nie wat die naam van hul stad is nie. Hul vrese word afgemaak as rassisme. Hul kritiek word gesien as bitterheid. Hulle word skaam gemaak vir hul geskiedenis.

Hulle het besoekers aan Afrika geword.

Daarom dat hulle amper pervers is as dit by rugby kom. Dit is die nuwe patriotisme.

Ek het ’n rugbytrui waarvan die helfte ’n Springbok-trui en ’n helfte die Wallaby-trui is. Op die Subiaco-stadion in Perth lag die ouens en sê: “Mate, you got your bets hedged.”

Op Loftus sê ’n ou aan my “trek uit daai f***** trui of ek donner jou”.

Globalisering

Die hele wêreld is aan die trek. Dit is anders vandag as twee dekades gelede. Daar is iets heeltemal normaal aan migreer.

Wat egter vreemd is van die emigreerproses uit Suid-Afrika, is vier dinge:

  • Wit mense verlaat nie Suid-Afrika tydelik nie. Hulle gaan om nie terug te kom nie
  • Dié wat emigreer, verkoop als. Geen bate bly oor waarna hulle kan terugkom nie. Dit is disinvestering op ’n ongekende skaal.
  • Die aantal wat Suid-Afrika verlaat is proporsioneel baie hoog. Om ’n kwart van die wit bevolking in 15 jaar aan emigrasie af te staan, sal enige Westerse land op sy knieë dwing.
  • Die neiging is dat gesinne en families die land verlaat.

Haat en liefde

Daar is een ding wat Suid-Afrika uniek maak en dit is die liefde/haat-verhouding tussen hulle wat bly en hulle wat gly.

Daar is geen ander land waar die media so behep is met die emigrasie-debat nie. Hetsy of dit is in die briewekolom van Beeld of treurige stories in Sarie van mense wat die Afrika-sonsondergang mis of mense wat biltong eet in Sydney met die sout van hul trane daarop.

In Nieu-Seeland, Brittanje, Italië, noem maar op, is emigreer geen kwessie nie. Niemand praat daaroor nie.

Net in Suid-Afrika is daar daai haat, woede, nyd, maar tog jaloesie en verlange. Ek weet nie wat dit is nie. Maar een ding weet ek, dit is weird!

Baie ander lande se “ekspats” word ’n grondslag vir ekonomiese aktiwiteit tussen die ou-land en die nuwe-land.

Wanneer dit by Suid-Afrika kom word daar geen voordeel geput uit die duisende Suid-Afrikaners hier nie – dis nou behalwe vir ’n paar Afrikaanse CD’s en rooibostee. Dit is asof die emigrante afgeskryf word.

Waar is die leiers?

As daar een ding is wat vir my bo alles moedeloos vir die toekoms maak, is dit die afwesigheid van die nuwe-geslag-leiers. Die ou leiers veg met die verlede en probeer verduidelik dat hulle nie oorgegee het nie.

Die nuwe leiers drink bier in hul agterplaas en probeer ’n klein teiken wees sodat hulle nie hul werk of kontrak in gevaar stel nie.

Tim du Plessis kan Beeld gebruik vir kritiek, maar daar is nie die minste teken van die soort debat wat daar in die 1980’s oor apartheid was nie. Almal is stil. Almal lê laag.

Leierskap onder wit mense en veral Afrikaanses is dunner as papier.

Daar is geen generaal nie. Inteendeel, daar is nie eens ’n bleddie korporaal nie. Die troepe dwaal rond en elkeen gaan in sy eie rigting.

’n Paar jaar gelede was daar ongeveer 5 miljoen wit mense in Suid-Afrika – sowat 12% van die bevolking.

Nou is daar ongeveer 4 miljoen – sowat 9% van die bevolking. Daar sal vir lank ’n miljoen of twee wit mense in Suid-Afrika wees.

Ek dink die afname aan wit mense sal verskerp namate tyd verloop deurdat vier kragte sal kombineer: emigrasie, sterftes, lae geboorte-aanwas en lae immigrasie.

  • De Villiers was ’n grondwetlike kenner in Suid-Afrika en is nou lid van die regbank in Wes-Australië. Hy woon in Perth.

http://www.beeld.com/Content/In-Diepte/1978/ea8aa7c0889b40e6972a5e85f935d6f4/21-01-2010-08-31/Julle_het_my_droom_gesteel

Die lekka ingilsman

datePosted on 09:23, January 26th, 2010 by koeksister

*** Intussen uitgevind die oorspronklike skrywer is Jan Nel - en sy webwerf kan hier gevind word - Pagoda ***

________________

My suster het hierdie vir my aangestuur:

“Oom Otley vertel my dié staaltjie oor hulle wildtuintoer:

As jou water na drol stink en jy sien nie een dryf nie, moet jy selfinspeksie doen en seker maak jy is nie dalk self die drol wat almal se water gatterig laat smaak nie.

Sommer met die intrapslag hou ek niks van die Ingelsman wat my kleindogter hier by ons kom aansleep nie.  Vir weke al sien ons uit na haar kuiertjie uit London en aan die begin kon ons nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse boyfriendjie wou saamnooi op ‘n onvergeetlike toer saam met Oupa en Ouma deur die Kruger Wildtuin nie.  Uiterlik nie ‘n onaangename seun nie, maar toe die bleeksiel sy bek oopmaak en my met “Hello Gramps” groet, is my moer klaar suur.  Sulke voorbarige vermetelheid.  Met die pap handjie waarmee hy bladskud, skud ek hom amper uit sy oorbel en hy het reeds een verloor.

Maar opgedress vir die okkasie hoor.  Leerstewels wat amper tot by sy knieë kom, sy khakibroek al die pad ingedruk.  Met sy dik belt se gespe sal mens ‘n olifant met twee houe kan doodslaan.  Wat die man als gelees het oor Suid-Afrika weet ek nie, maar aan die belt is ‘n waterbottel,  ‘n mes wat amper sy stewels raak,  ‘n moonbag met ‘n rooi kruis op en een van daai kanariegeel selfone met die baie knoppies.  Die man dra ‘n swart t-shirt wat sê rook is verbode en iets van die aardbol wat warm word.  Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies oor Desember nie.  Warm gaan die man beslis warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het Kleinpop my agteraf gewaarsku dat die man so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan raak.

Die man is goed in tale ook.  Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop geleer.  ‘Dankie, kak en lekka.’  Alles is kak of lekka.  Kleinpop is lekka.  Ons paaie is kak.  Die son is kak.  Ouma se koeksisters is lekka.  Vreeslik puntenerig oor kos ook, die mannetjie.  Eet nie vleis nie, eet nie dit nie, eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens, ens.

Ek kon dit nog vat toe die man iets van “kak SUV” sê toe hy in die kombi klim, maar toe die man “kak music” op my Klipwerf mompel, steek ek summier my pyp op.  Sommer so in die ry, soos ek altyd maak.  Kleinpop probeer nog verbouereerd keer, maar Oupa leer die man nog bietjie Afrikaans:

“Fok jou, in my van rook ek, broer.”

Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse kombinasies:

“Fok, this rook is lekka kak, dankie.”

Maar met ‘n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka kak in die wildtuin.  Teen dag drie is die man se slaaiblare wat hy in Phalaborwa se Spar gekoop het al heel vrot.  Sy dieet bestaan uit Ouma se padkoskoeksisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous.  Teen aand vier is hy honger genoeg om sy vegetariese geloof te verloën.  Natuurlik nie openlik nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk ‘n tjop of drie na die man se tentjie toe smokkel.

Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maagreaksies op vleis.  Net mooi in die middel van nêrens en op die dag se hitte kom klop die man op my skouer hier voor in die kombi, so in die ry.

“I MUST go!” beduie die man na sy poephol asof ek nie lankal kon ruik wat hy wil doen nie.

Ek stop maar die kombi naby ‘n laagte boompies.  Dit is in elkgeval so warm, geen dier sal dit in die omgewing waag nie.

“There,” beduie ek hom na die boompies.

“No ways!” protesteer die mannetjie toe.

Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels dat daar “no ways” is dat hy verder my kombi se binnelug met sy buikwinde gaan ontsier.  As hy nie nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.

“Gee vir die man kakpapier,” beveel ek vir Kleinpop.

Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek “No, I want nice paper please!”

Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy natuurtoilet.  Na ‘n rukkie verdwyn hy agter die boompies.  Ons kyk maar almal versigtig in die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou daar dalk ongediertes nader sluip.

Nou een ding van die Wildtuin.  As een kar stop, stop almal agter hom om te kyk watse diere kyk die voorste kar.  Veral so op die middaghitte as daar min is om te sien.  Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land Rover agter ons stop.  Die gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk.  Hulle wil ook sien wat ons sien.  Verkykers word uitgehaal.  Nog voertuie stop.  Een ou klim uit met ‘n groot kamera op ‘n driepoot.  Nog karre stop.  Na vyf minute lyk dit soos die Dakar Rally wat wil afskop.  Groepies brawes staan teen die reëls orals buite hul karre en kyk met lang lense.  Party klim bo-op hul voertuie se dakke vir ‘n beter uitsig.  Wild was besonders skaars hierdie jaar.

Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien was dit ‘n oorywerige verbeelding in ‘n desperate soeke na diere.  Maar toe die ou so ses karre van ons af skree “Leeu, ek sien hom!” weet ek die Ingelsman verstaan meer Afrikaans as wat ons gedink het.  Met al die mense wat so staan en kyk na die veld agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.

Soos ‘n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy bostoilet uit en hardloop vir die kombi.  Die broek om die enkels laat die man so paar keer pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke keer merkwaardig.  Sy roete na die eindpaal is een stofbol soos die man beweeg.  By die kombi aangekom is die man se broek darem min of meer heuphoogte, maar in die veld lê ‘n lang mes en ‘n kanariegeel selfoon.  Die Ingelsman soek dit klaarblyklik nie terug nie.  Die konvooi karre agter ons, ry stadig verby, terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke kry.  Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense waarde vir geld in die wildtuin gekry.

Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit.  Dié het sommer vroeg ‘n vlug London toe gevat.  Sy wil hom nie weer sien nie.  Miskien was dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier.  Miskien was dit die klein, bleek, swaaiende voorgedagte.

‘n Heilige voorvel.

datePosted on 13:40, January 21st, 2010 by Toast

Onlangs kom ek op ‘n boek af oor Middeleeuse relikwie. Daarin sien ek toe ‘n werklik baie eienaardige storie raak, en heimlik sal menigte mense seker wonder of hulle nie daaroor moet giggel nie. Die uroloog Mattelaer het ‘n artikel daaroor publiseer in 2007 - “The Circumcision of Jesus Christ” in The Journal of Urology.

Hier is die storie:

Volgens die Bybel is Jesus 8 dae na sy geboorte besny. Iewers in die Middeleeue duik sy voorhuid toe weer op as ‘n heilige relikwie. Die eerste persoon wat daarmee vorendag gekom het, is Karel die Groote in 800 nC. Hy skenk dit aan Pous Leo III en gee voor dat ‘n Engel dit vir hom gegee het.

Kort daarna duik toe skielik oral in Europa Heilige Voorhuide van Jesus op. Nie minder as 21 verskillende kerke het daarop aanspraak gemaak dat hulle so ‘n heilige relikwie besit het! Allerhande wondere is verknoop aan die heilige relikwie - veral dat dit vrouens tydens geboortes sou beskerm.

Natuurlik was die monnike van die kloosters nie al te ingenome met die idee dat daar skielik soveel heilige voorhuide in omloop was nie en was gevolglik gemoeid om húlle relikwie as die ware Jakob te laat verklaar.

In die twaalfde eeu het die monnike van San Giovanni in Laterano in Rome Pous Innocent III gevra om tog asseblief hulle voorhuid as die enige Ware Jesus voorhuid te verklaar, maar hy was nie geneë nie.

Later het die monnike van Charroux beweer hulle voorhuid is die enigste ware voorhuid van Jesus omdat bloeddruppeltjies daaruit gekom het. Dit het sowaar Pous Clemens VII (1523-1534) oortuig! Dus het hy verklaar hulle voorhuid is die enigste ware Jesus voorhuid.

Sommige Middeleeuse teoloë soos Leo Allatius het selfs spekuleer dat al hierdie voorhuide nie outentiek kon wees nie om die eenvoudige rede dat die voorhuid saam met Jesus in die hemel opgevaar het.

Teen die 19de eeu het die kerk bietjie meer rasioneel begin raak, en besluit dis ‘n misdaad in terme van kanonieke reg as persone beweer dat sulke Heilige Voorhuide bestaan en het dit bestraf met ekskommunikasie.

Die mees asemrowende storie is sekerlik die van die Heilige Katherina van Siena (1347-1380). Sy het beweer dat in ‘n oomblik van heilige kontak Jesus hoogs persoonlik sy voorhuid oor haar vinger getrek het as ‘n trouring. Ongelukkig kon net die Heilige Katherina self die “ring” sien - niemand anders nie. Na haar dood hulle die kerk toe maar veiligheidshalwe haar ringvinger afgekap en gemummifiseer. Dis tot vandag toe ‘n heilige relikwie in San Domenico in Siena.

Ek wonder of enige een van julle dalk die voorhuid kan sien?

123... 109110111Next