Geskryf deur koeksister, op August 15th, 2010%
Wie het die klank van ‘n alarm uitgedink? Ek praat nou spesifiek van die alarm wat langs jou bed staan. Daardie geluid gaan deur murg en been, dis mos onnatuurlik om so wreed uit jou slaap geruk te word.
Kan jy ‘n destydse advertensie onthou? Die girl word in haar bed . . . → Lees verder: Alarms en tye
Geskryf deur Pagoda32, op August 13th, 2010%
Gatvol vir spam / scams. Gatvol se ekke!
Twee kan mos die speletjie speel en Chops vertel my dat dit ek sommer vir hulle goed de moer in maak. En ek stem sdaam…
Wat hier onder volg is dinge wat oor ‘n paar dae plaasgevind het. Ek wou dit BAAAAIE langer uitrek, maar het gatvol geraak vir die speletjie en het nie altyd lus gevoel om nuwe dinge uit te dink waarmee ek hulle siele kan uitrek nie!
Continue reading 2 kan daai game speel!
Geskryf deur Pagoda32, op August 8th, 2010%
Hierdie ou staan op die drumpel van roem.
Sy eerste musiekvideo was geskiet in en om die Taal Monument in Paarl en was op Youtube geplaas. Dit het vinnig populer geraak as gevolg van die trant van die “rap” en die boodskap wat dit dra. “My Taal” praat dan nou juis met diegene wat Afrikaans in dieselfde . . . → Lees verder: Churchil Naude
Geskryf deur Pagoda32, op August 5th, 2010%
My tweede klong. Weeg in op 4.2kg en 57cm en dis heel uncanny hoe baie hy na Jacques lyk toe eersteling gebore was.
Taylor op 05/08/2010
Jacques op 20/02/2008
Een ding is vir seker! Op hierdie oomblik het ek tot die besef gekom dat:
die hele familie dinamiek vir ewig verander het
die toekoms sal . . . → Lees verder: Welkom Taylor
Geskryf deur Pagoda32, op July 27th, 2010%
Thanks Phibbs!
Ampie is ‘n beesboer. Goeie mens, uit een stuk gesny. Hy het ‘n seuntjie, wat ten tye van die episode sowat drie jaar oud was.
‘n Regte klein bulletjie. Volg sy pa soos ‘n skaduwee oral op die plaas rond.
Sondag gaan hulle kerk toe. Eers vertrek Ma en Ouma met die motor. Pa en seun is . . . → Lees verder: Ampie en sy laitie
Geskryf deur koeksister, op July 8th, 2010%
Ek het besluit om Julie en Augustus al te dieet en nie te wag tot die somer nie. En dit gaan maar moeilik met my saam. Dit druis teen al my beginsels in om 3 vrugte op ‘n koue wintersaand te eet, terwyl my familie weglê aan lekker sop en pannekoek. Ugghh
Het julle al All Bran . . . → Lees verder: All bran flakes en braaivleis
Geskryf deur Pagoda32, op June 24th, 2010%
Dis skrikwekkend!
Toe ek en Phibbs twee jaar gelede besluit het om Die Werf te begin het ons GEEN idee gehad hoe groot dit sou word nie. Die plekkie het by tye, veral wanneer groot stories soos Steve “gecover” het en toe ons ons kompetisie ge-run het, by tye tot 1500 hits per dag getrek! Dis baie…
So . . . → Lees verder: Oor verandering en hoekom ek JOU nodig het!
Geskryf deur koeksister, op June 23rd, 2010%
So hierdie is nou die kar wat James Bond gaan ry die dag wanneer hy nou eventually Pa gaan word. So nou en dan kom daar iets nuuts uit wat rerig die moeite werd is om oor te skrywe, en die Aston Martin Rapide is so ‘n kar. Net jammer ek kan hom nie vat vir . . . → Lees verder: Aston Martin Rapide
Geskryf deur koeksister, op June 15th, 2010%
Met 2 dogters in die huis, is mxit nou al lank deel van my lewe. Waar ek altyd gedink het dis nogal great vir hulle om so heeltyd in kontak te wees met mekaar en vriende, wonder ek of dit regtig so wonderlik is?
“Ma, sus en so het my gevra om uit te gaan” O dis . . . → Lees verder: Mxit
Geskryf deur koeksister, op June 3rd, 2010%
Ag, kom ons lag ‘n bietjie. Ek wou ‘n depressing post opsit maar het van plan verander. Ek kort bietjie upliftment.
***********************
Edward Longshanks het met 4 000 troepe Suid-Afrika toe gekom om die Boere op te hel… By die slagveld gekom sien hy doer in die verte op ‘n koppie staan ‘n figuur . . . → Lees verder: Depressing post…
Wat se julle als?