Baie mense steur hulle aan oorvertellings en bygelowe. Maar as jy bietjie breins het sal sulke dinge soos water van `n eend se rug afrol.Dis wanneer mense vas oortuig is in sekere fenomene dat jy sekere dinge moet doen of nie doen nie, of om dit te vermy om sodoende teenspoed te vermy of om geluk in jou lewe te he.Die Pharos woordeboek sê (superstition is an UNPROVED believe) Dit se omtrent alles.
Byvoorbeeld ek moes al op moedverloor se vlakte gewees het met al die swartkatte wat al voor my kar oorgeloop het, inteendeel ek het al `n swartkat doodgery, met geen nagevolge nie.Vrydag die dertiende is ook all in the mind,dis `n dag soos enige ander.
Wanneer jy `n spieel breek glo baie mense jy gaan sewe jaar ongelukkig wees.Wanneer jy sout mors moet jy `n knippie neem met jou linkerhand en oor jou regterskouer gooi.Om teenspoed te voorkom.Sommige mense glo ook as jy onder `n leer deurloop kan jy teenspoed verwag.
Ouermense glo ook as jy `n perdeskoen optel in die veld moet jy dit aan jou voordeur hang sodat dit soos `n U lyk, maar as jy dit onderste-bo hang sal jou geluk uitloop.
Ek glo nie aan lucky-charms,astrologie, voortekens, voorbodes of enige bygelowe nie ek is ook nie iemand vir rituele nie.
Een persoon se geloof kan `n ander se bygeloof wees en anders om.
Dis vir my ietwat okkulties.












Dagse Werflinge
Brein, my persoonlike opinie is die volgende. It is bad luck to be superstitious.
Nie een van die twak het of kan enige uitwerking op jou lewe he as jy nie dit toelaat nie.
Groete ou Slimseun
[Reply]
Mooi kiekie van die kat met die rooi oë.
Ek maak my eie luck, maar ek kan om die dood net nie onderdeur ‘n leer stap nie, weet nie hoekom nie. Weird.
[Reply]
Dit is sommer ‘n klomp bollie.
[Reply]
Ek glo ook nie aan die spul “bokwank” nie!!!!! Yes Koeksister, ons maak ons eie luck deur kanse wat ons vat en ondeurdenkte besluite wat geneem word!!! Net so steur die “Iceman” hom nie aan “global warming” nie, want dit sal my “einde” beteken!!!!
[Reply]
Ek glo ook nie aan die tjol nie en Iceman ek stem 100% met jou saam – ons bepaal ons eie geluk.
[Reply]
Wat het ek jou gese ????? Skryf kan jy skryf !!! mmmMM A+.Bly dat jy so gefokus is.{ 3 laastes is goed ]
Ek maak my eie geluk !! Vir die wolhaar stories ??? Gemors man. Glo my die “badluck” moet eers
verby my beskermings engel met al haar tjommies kom. Sterkte vir hulle. En sommer PERTRA vir
hulle.
[Reply]
Ek stem ook dis ‘n klomp stront.
Ai mense, was besig die afgelope tyd. My baas is gelukkig nou oppad lughawe toe so ek het ‘n paar dae blaaskans. Sal nou weer bietjie inloer. Mis julle ouens se geselskap.
[Reply]
`n Lot stront? Kewer glo dan aan beskermingsengel? Uhm? Is dit nie ook iets buite die konteks van die Bybel nie? Die 3 enige God is al wie se beskerming jy nodig het…of altans volgens die Christelike geloof.
Voorbodes? Al meer as eenmaal het mense my kom groet `n dag voor hulle dood, my stiefpa, my ouma, my oupa…
13? Uh uh, hy pla my nie en ekself was al lucky op die 13de…net nogge dag.
Swart katte? Net nogge kat wat gaan aanteel as sy baas te sleg is en sterriliseer die dem ding!
Astrologie werk maar net jou geboortedag en tyd uit en kyk watter stand die sterre was daardie tyd…daarvolgens kan so paar dinge redelik akkuraat uitgewerk word bv. loopbaan en keuses, persoonlikheid, goed wat mens moontlik liewer moet vermy ens ens ens…en die sterretjies was daar nog voor die geboorte van Christus…der miljoene jare al…iets wat eintlik maar net natuurlik is en volgens natuurwette handel…2012 gaan daar juis `n moerse klomp van die goetertjies val en maak laat die aarde se pole gaan skuif…groot moeilikheid….GROOT!
Ek is in GEEN okkultiese organisasie of iets dergeliks verbind nie. Die Sigeuners weet wat hulle weet…en ek sal julle teekoppies met graagte lees!!!!!
[Reply]
Iceman LOL Global warming sal deffinitief jou “dood” beteken. Dan sal jy maar jou naam moet verander na Kookwater!
[Reply]
O ja, Brein…ek kan sien dis jou kat en hy is NIE gesterriliseer nie!!!! Jagse bliksim! Dis waarom sy oge so rooi is!
[Reply]
‘n Klomp bollie en stront sê julle. Mhmm – soos Sigeuner sê: een se geloof is ‘n ander se bygeloof. Soos as mens nie kerk toe gaan nie, gaan jy hel toe.
Ek kyk maar altyd mense in die oë wanneer ons glasies klink. Die Duitsers vertel my as mens sou versuim om in die oë van die persoon met wie jy die glasie klink, te kyk, dan gaan jy ly aan sewe jaar se slegte seks. Ek wil nie daardie kans waag nie
[Reply]
Sigeuner, ek moet vandag saam Kewer stem en met jou verskil as jy se “Kewer glo dan aan beskermingsengel? Uhm? Is dit nie ook iets buite die konteks van die Bybel nie?”. My Vader se woord se in Psalm 91:11 “Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan”. Ek glo wat my Vader se woord se!!!! Geen van my Vader se beloftes uit Sy woord is vir my bygeloof nie!!!
Emil, ek stem met jou 1000% saam – daai kans gaan ek ook nie vat nie!!!! Hahaha (Ek weet Brein sal ook nie).
[Reply]
O ja, Emil!!! Om aan te sluit by jou “Soos as mens nie kerk toe gaan nie, gaan jy hel toe”. Ek het gehoor – “If going to church makes you a christian, then going to McDonalds will make you a hamburger”. Nogal waar ne!!!
[Reply]
Julle ouens is weereens te slim vandag.En ja julle redenasies maak spasie vir nog meer redenasies, eish ons mensdom darem.
Kookwater aka Iceman ek stem saam met jou die engele is dienende geeste, hul voer God se opgragte uit.Ja soms voel ek sommige se engele laat hul in die steek, maar eendag in die hiernamaals sal ons die hele prentjie sien.
Emil dankie vir daardie een, ek sal dit altyd ingedagte hou en dankie vir die inloer.
Ek eet baie KFC maak dit nou van my `n chicken????
Sigeuner ek en my kat het een ding ingemeen ek het `n vasektomie gehad en hy gesteriliseer, ons wil nie aanwas nie, maar net ons “wasgoed was in die wasmasjien”.
Dankie Kewer en Anniegetyourgun, bly jy gaan nou meer tyd he, mis jou.
[Reply]
Brein, ek hou van bier drink! Maak dit my dan n alkoholis?? Hehehehe
[Reply]
Iceman, ek en jy is definitief op dieselfde golflengte, maar ek hou niks van bier nie.
[Reply]
Thanx Breintjie!
En ek hou van wyn! Maak dit my ‘n druifkorrel of wingerdstok? Ek gee nie juis om nie. Solank ek net in die Kaap kan groei
[Reply]
Hehehe julle is erg skerp.
Ek het nie bygelowe nie. Glo nie daaraan nie.
My vriendin het eenkeer, toe sy ‘n Albino persoon sien, haar hare vasgegryp. Ek het myself disnis geskrik toe sy ewe skielik haar hare vasgryp, hier langs my. Ek kan nie onthou wat haar verduideliking was hoekom sy dit doen nie. Dit was nogal baie weird!!
[Reply]
Hiehie Annie – lekker om jou weer te soen.
Ek hou van bak en brou – maak dit my ‘n koek??
[Reply]
O shit, ek bedoel SIEN Annie… whahaha, dis wat gebeur as jy wil tik met ‘n siggie in een hand. *SIEN nie Soen nie*
[Reply]
Julle dames is weer pittig vandag. Ek stem saam, lekker om jou weer te “soen” Annie!!!!
Linda, lekker om te weet ons voel dieselle!! Hehehe
Nee Koekie, dit maak van jou n tert!!! Hahahahaha
[Reply]
Nou die dag vir my dogter gese sy is n degie! Die wou toe weet hoekom ek so se! Se haar toe oor sy nog te jonk is om te weet of sy n koek of n tert gaan wees. Hahahahahaha
[Reply]
“Proes” at Koekie! Toemaar jong, het geweet jy bedoel “sien”. Soos Iceman sê, jy kan besluit of jy ‘n koek of ‘n tert wil wees. My opinie is ‘n tert is beter – jy kan ‘n brandewyntert wees!
Iceman, jou dogter dink seker jy’s ‘n super cool pa
[Reply]
Whahaha Iceman.
[Reply]
Thanx Annie, wou nou net vra of Tert beter is as Koek.
[Reply]
Brein !!!!!! So daai “lucky” spinners van jou moet uit !!! Die kat bly by die @#$ huis !!!
Bewys die teendeel dat jy nie maar net op geluk visvang nie.Of hoe se ek Knormoer ?
Het die brein “SKILL” of maak hy maar net op geluk staat.
[Reply]
Ek kan hengel , visvang ek het skill.Al my kunsaas is nommerpas vir my vervaardig, want ek weet wat werk.Ek het `n luckycharm tussen die wande van my klapperdop genaamd my BREIN wat al my sukses bepaal.Male sonder tal het ek Knormoer en Kewer al oorskadu by die viswaters.
Se jou wat Kewer sing jy en knormoer more oggend op Oosrand Stereo vir die kompetisie tussen ses uur en half ses , dan sal ek ook so maak.Daarna kan julle my weer aandurf by die hengelwaters.
Hastilla Vista.
[Reply]
Ek het ‘n ietwat “harsh” opinie hieroor. Ek dink die ou mensdom (ek inkluis) is bang vir die toekoms omdat ons nie weet hoe dit lyk nie. Nou probeer ons allerhande goetertjies om vir ons sekuriteit en rigting te gee, hetsy of dit sou wees om goeie geluk / dinge oor jouself te bring, of om slegte geluk / dinge te vermy. Feit bly staan dat ons elkeen ‘n vrye wil gekry het en dat dit die enigste ding is waaroor ons regtig beheer het. Maar saam met jou vrye wil keuses, moet jy ook die verantwoordelikheid dra. Ongelukkig het ander mense se vrye wil keuses ook ‘n invloed op ons (soos wanneer iemand dronk agter ‘n stuurwiel inklim en in jou vasry).
Niemand kan in die toekoms insien, behalwe God nie, en Hy gee ons soms net ‘n glimpse, en dan met goeie rede. In die Bybel het Hy bv. op ‘n stadium vir ‘n profeet gesê om vir die volk te sê wat gaan gebeur, omdat hulle “halstarrig” is en dit die enigste manier was waarop God tot hulle kon deurdring – dat hulle sien die profesie word waar. Having said that, dink ek ‘n paar bygelowe het ook maar in die kerk ingekruip en baie mense wil eerder d.m.v. ‘n profeet of iemand anders in die kerk direk by die Here hoor as om vas te byt, self te bid, self die Bybel te lees, te glo en by die beginsels te bly. M.a.w. ek ontken nie dat daar profete is wat in die toekoms kan sien nie, ek dink net ons plaas te veel klem daarop omdat ons nie bereid is om ons deel te doen van die werk nie – ons wil dit hê as ‘n maklike uitweg. Dis baie lekkerder om die verantwoordelikheid van jou keuses op iemand of iets anders af te skuif (ek gaan nie hierdie werk aanvaar nie, want die Here / sterre / whatever het vir my ‘n groter een belowe, nou sit ek eerder en krepeer vir drie maande op ander mense se aalmoese).
Te veel mense gebruik dinge soos hulle sterreteken-persoonlikhede as ‘n verskoning vir swak gedrag (en hierby sluit ek ook ander persoonlikheidsontledings in). ‘n Goeie persoonlikheidsontleding kan vir jou sê hoe jy op die oomblik is, en van daar af moet jy werk aan die slegte eienskappe, nie sê ag, ons libra’s / melancholiese ouens / ekstroverte, ens is nou maar so nie.
Ek gaan haal solank ‘n skinkbord om te koes vir al die klippe . . .
[Reply]
Julle sal my nie glo nie! Ek wag nou al 2 jr vir goedkeuring vir my vuurwapenlisensie en toe ek bel om te hoor wat aangaan, word ek meegedeel dat my aansoek skoonveld is! Ek is briesend kwaad. Ek gaan nie weer die hele storie deurgaan nie – skietkursus, kluisinspeksie, onderhoude ens. Ek kry sommer vir my ‘n illegal gun en join die res van die land.
ANNIEGETNOGUN!
[Reply]
Ai fok tog Annie!!!
[Reply]
Annie ek is juis nou besig om aansoek te doen vir my man se wapen, is besig om die vorm inte vul en dis n helse lang vraelys, ek het reeds vir die kursus gegaan, ek sal by die naweek daai vorm moet klaar invul sodat ek dit kan gaan ingee.
[Reply]
Koekie wat van n piesangtert, baie lekker!!!
[Reply]
Ek bedoel regte pisesangs
[Reply]
Ag nee man EK BEDOEL REGTE PIESANGS
[Reply]
Kalonkie, jy praat waar, baie waar!!
Ai Annie, ek het ook twee jaar vir my lisensie gewag en gelukkig was dit nie in my wallet nie maar veilig in my ID boekie. Lyk my ‘n onwettige vuurwapen is jou voorland.
[Reply]
Annie, niks in die Staatsdepartemente word net ‘weg’ nie, en as dit die antwoord was wat jy gekry het beteken dit 1 van 2 dinge: die blixem met wie jy gepraat het was te lui om dit te soek (en ek bedoel RERIG soek), of jou oorspronklike aansoek het iemand se gatsby wrapper geword. Jammer om te hoor jys deel vd onsigbare statistieke.
[Reply]
En Elsa, sterkte met daai aansoek van jou! Hoop nie ons kry oor 2jr deja vu ni
[Reply]
Ja thanx ouens. Hulle sal my more terugbel. Ek het gesê hulle beter daai lêer soek – daar bestaan nie so ‘n ding soos net weg nie. Fokkietoggie.
Ek gaan nou huis toe. Met verlof more. Ingilsman is hier. Julle moet stout wees hoor!
[Reply]
Ek wil nou nie my eie beuel blaas nie maar ek dink ek bly nie lekkerste koek op die blog
, sorry Koekie
Annie!, Geniet die Ingilsman….hehe. Jy moet maar die illegal-group join, daar is baie van ons, present company included.
[Reply]
Psalm 91:11 Iceman – SY engele lw. nie mens se eie persoonlike beskermingsengel vir `n leeftyd nie. Dis mos hoe sommige mense daaraan dink…”my beskermingsengel was vandag by my, …” of “sy beskermingsengel moes seker daar gewees het…”
Daar is `n verskil – daarom dat ek se, net God kan jou beskerm. En my standpunt is: Al het God helpers, dank jy God vir die beskerming, nie die engelkies nie.
Dankie Liewe Heer, dat U `n Engel stuur om my gesin teen leed te beskerm waar ons in Suid Afrika op `n plaas bly.
Dankie Liewe Heer dat U deur profete met mense praat, sodat ons voorbereid mag wees vir `n toekoms in `n land waar God weer sal regeer. Dankie vir U profeet Siener van Rensburg en dat U deur hom kon werk om ons hoop te gee – Amen.
[Reply]
Kalonkie, welkom terug nee waarvoor die skinkbord, jy slaat den spyker vol op den hoofden.Jou redenasie is amper soos plagiaat dit klink of jy weet wat in my brein aangaan.Ja ek ken ook mense wat se ag ons waterdraers of boogskutters is nou maar eenmaal so, kak se ek, kak man.
Soos jy se Sigeuner dank God die Skepper en nie skepsele soos engele nie.En so terloops engel word met `n klein letter gespel soos in “mens”. Die engel Gabriel die mens Adam.Maar God Jehova.God Elohim, Jehova Jireh,Shalom Rohim,Jehova Shamma, Adonai.Jahwe Jesua, Jesus.
Annie dis bad maar ek dink jy moet met Kewer praat hy kan jou dalk goeie raad gee, Iceman ook.Dan is jy dalk een van die dae Annietriggermad.
Siener van Rensburg??? Waar is sy skaapkop diamant?Siener was dalk `n profeet van God of HIS HAND EXTENDED, en kan ons op van sy waarskuwings ag slaan, maar om hom slaafs na te volg is ook nie goed nie.
Linda is jy darem nou oraait?Versigtig wees en hou maar jou ore en oe oop.Ek hoop hulle keer die wetter gou aan.
[Reply]
Sigeuner, as ons Vader sy engele opdrag gee om my/jou/ons hoe ook al te beskerm, maak dit nie van daai engel vir daai bepaalde taak n “beskermengel” nie??? Niemand, insluitend myself, het daarna verwys dat dit n “beskermengel vir n leeftyd is nie”. Wie weet, God mag dalk dieselfde engel elke keer opdrag gee om jou te beskerm!! Dit sal ons nie nou weet nie, maar wel eendag!!! Selfs presidente en ander “hoog geplaastes” waar ookal in die wereld het “beskermers” en dit is geen bygeloof nie, nie waar nie!!!! Ons moet dalk minder probeer om die Woord van God te intrepreteer soos dit ons pas en net vir n slag glo wat daarin vir ons opgesluit is met al die wonderlike beloftes van God Homself en dankbaar wees dat ons, Sy kinders, wel deur die Drie Enige God en sy engele beskerm sal word!!! Lekker dag vir jou my vriend.
[Reply]
Dankie Brein, ek is aan die gang. Hulle gaan maar sukkel. Lyk asof dit ‘n sindikaat is wat vanuit die Kaap werk.
Pagoda, julle moet julle skollies daar hou man, hier is al klaar te veel.
[Reply]
Aaag Brein, jy weet, van ek Fringe op M-Net kyk het ek die wonderlikste “telepatetiese” vermoëns ontwikkel en ek moes dit op iemand uittoets. Ek kies toe eers vir Malema, maar ek kry om de dood nie getelepateer nie. Ek traai toe vir Zuma, maar hauk, ek kry nêks. Ek stuur toe die golwe ver oor die water na Bush toe, maar ek kry net static terug. Ek het tot vir Cameron Diaz probeer, maar ek kry net so ‘n hol eggo-klank terug. Net voor ek moed opgee, toe dag ek, ek ken mos ‘n Brein, la’k bietjie gaan kyk wat daar aangaan . . . jy sal sien ek het darem mooi by die topic gehou, want as ek nou alles moes openbaar wat ek daar in jou se grys stowwe gevind het, het hulle hierdie site oornag toegemaak. Ek self het nou maar die telepatie laat vaar, die terapie gaan my te veel kos . . .
[Reply]
[Reply]
Kalonkie, shit wat weet jy wat alles in my grysstof aangaan?
Lekker naweek almal.
Hastilla Vista.
[Reply]
Piesangtert klink heerlik Elsa
Koeksister – daar’s ‘n verskil tussen Koek en Koekie, ok?!…..hiehie
[Reply]
Skiet, Koekie, skiet
[Reply]
Girls, daar is net een koek en dis n KAASKOEK en net een tert en dis n SUURLEMOEN MERENGUE TERT!!!! Ek glo dis debateerbaar. Maak in elk geval nie saak nie – koek of tert, albei is konings kos!!! Julle mag nou maar ophy stry – ons like julle almal!!!! Hehehe
[Reply]
Koekie, laat my nou dink aan die verskil tussen skiet en jag!!! Jy kan nie skiets word nie!!! Hahahahahaha
[Reply]