Mites en bygelowe.(Superstition)

Baie mense steur hulle aan oorvertellings en bygelowe. Maar as jy bietjie breins het sal sulke dinge soos water van `n eend se rug afrol.Dis wanneer mense vas oortuig is in sekere fenomene dat jy sekere dinge moet doen of nie doen nie, of om dit te vermy om sodoende teenspoed te vermy of om geluk in jou lewe te he.Die Pharos woordeboek sê (superstition is an UNPROVED believe) Dit se omtrent alles.

Byvoorbeeld ek moes al op moedverloor se vlakte gewees het met al die swartkatte wat al voor my kar oorgeloop het, inteendeel ek het al `n swartkat doodgery, met geen nagevolge nie.Vrydag die dertiende is ook all in the mind,dis `n dag soos enige ander.

Wanneer jy `n spieel breek glo baie mense jy gaan sewe jaar ongelukkig wees.Wanneer jy sout mors moet jy `n knippie neem met jou linkerhand en oor jou regterskouer gooi.Om teenspoed te voorkom.Sommige mense glo ook as jy onder `n leer deurloop kan jy teenspoed verwag.

Ouermense glo ook as jy `n perdeskoen optel in die veld moet jy dit aan jou voordeur hang sodat dit soos `n U lyk, maar as jy dit onderste-bo hang sal jou geluk uitloop.

Ek glo nie aan lucky-charms,astrologie, voortekens, voorbodes of enige bygelowe nie ek is ook nie iemand vir rituele nie.

Een persoon se geloof kan `n ander se bygeloof wees en anders om.

Dis vir my ietwat okkulties.

65 comments to Mites en bygelowe.(Superstition)

  • Sigeuner

    Iceman, ek gaan nie met jou terte kruis nie…ek glo nie in die Bybel nie. Dis nie te se dat dit nie bestaan nie. Ek glo net in my Skepper. My geloof is sterker as party mense wat godsdiens-mensgemaakte stront aanhang en dan nie eers daarvolgens leef nie. Skeinheiligheid agter die kerk staan my nie aan nie. Dis nie op jou gemik nie. Ek het nou maar eenmaal `n hekel aan dominees.

    Amen

    [Reply]

  • Sigeuner

    Brein

    Siener se skaapkop? Ek lag my siek wanneer hy die dag uitgegrawe word. Dit moet mos 2 boeties wees wat gaan soek vir hom en die een gaan `n hartaanval kry van opgewondenheid. Ek grou nie vir darie ene nie!!

    [Reply]

  • uhmm Februarie, Maart en November het vanjaar ‘n Vrydag die 13de …:evil: :lol:

    [Reply]

  • Sigeuner

    Brein, nou wil jy ook nog vertel dat die swart kat at jy doodgery het geen nagevolge gehad het nie. Dink so daaraan: As dit nie vir die dem kat was nie, het jy dalk al jou 3-some gehad. :lol:

    [Reply]

  • Koekie

    Whahaha thanks Iceman!! Ek laaik jou veduideliking 100%. (o ja, en ek stem saam met jou) :lol:

    [Reply]

  • Kalonkie

    Hekel? Het iemand gesê hekel??? Ek is MAL oor hekel! :lol: Hoe lykit, Sigeuener, sal ons ‘n paar patrone uitruil? :wink:

    [Reply]

  • Sigeuner jy het `n flippen punt beet, nou oorreed mevrou Brein asb die jare stap aan.

    Cebela, howzit dankie vir die inloer.

    Kalonkie hekel is vir ou tannies met bollas agter die kop, wie se valstande in `n glasie op die bedkassie staan.Weet jy hoekom het die mense in die ou dae soveel kinders gehad?Hulle het gehekelde kondome gebruik.

    [Reply]

  • Kalonkie

    Ai ou Brein, wys jou nou net hoe misleidend die internet kan wees. Daar dink jy toe al die tyd ek is ‘n jong bokkie, terwyl ek daagliks die internet surf met my krimplene rokkies wat tot net onder my mosbolletjie kniee hang. Ek sal dit as ‘n kompliment beskou dat jy my so jonk skat. Maar hoeveel jongmense ken jy wat hekel, brei en met die hand borduur?? Meeste jongetjies-kinders wat ek ken, weet nie eers hoe nie, en al het hulle geweet, kry hulle nie tyd tussen al die ge-sms, PSP of TV-kyk deur vir sulke oudedoos-dinge nie. Skande, as jy my vra, maar dis seker maar ‘n ouma-ding. Jy, aan die ander kant, is net besig om skaamteloos te skimp vir ‘n gehekelde truitjie vir jou verjaarsdag (‘n ouma se radar is skerp op sulke goedjies). Ek sal solank deur my boks patrone gaan om te kyk wat by jou sal pas. Jy kan maar laat weet of jy ‘n kleur-voorkeur het, ek het deur die jare ‘n groot verskeidenheid wolle bymekaargemaak, ek is seker daar sal iets wees wat jou sal geval.

    [Reply]

  • Sigeuner

    Kalonkie! Natierlik ryl ons patrone of koels yt! Ek het ene hier wat vir Brein soos `n hantskoen sal pas! .303 in pienk met oranje strepe om die nek en in mos gebrei. Of wat vannie kerspit bordier in grys en pers op ongebelykte linne, dan maak ons vir Brein `n bedcover vir sy stoutste drome?

    Ons anties weet!

    [Reply]

  • Kalonkie nee wat ek like jou kwaai ouma.My gunsteling kleur is wit met `n rooi streep deur soos in die Leeus se rugby trui.Ek geniet jou taal gebruik kwaai.

    Sigeuner ja vir al daardie wetdreams van my.

    [Reply]

  • sharona

    Ouma Kalonkie – Gmpfff!.

    [Reply]

  • onseker

    Ek het ‘n skoonsus wat glo as ‘n foto sommer net van die muur afval gaan daardie persoon dood. Dit het nou al drie keer so gebeur. Nou wonder ek 2 van my familie fotos het van die muur afgeval wie van hulle gaan noou dood

    [Reply]

  • Kom ons hoop nie een van die twee nie. Want dan is baie van ons innie stront!

    [Reply]

  • Ysfox

    O foket, die Ratanga foto het vanoggend geval Pagoda!!

    [Reply]

  • [...] Die Werf » Blog Archive » Mites en bygelowe.(Superstition) – Baie mense steur hulle aan oorvertellings en bygelowe. Maar as jy bietjie breins het sal sulke dinge soos water van `n eend se rug afrol. Dis wanneer mense vas oortuig is in sekere fenomene dat jy sekere dinge moet doen of nie doen nie, of om dit te vermy om sodoende teenspoed te vermy of om geluk in jou lewe te he. [...]

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>