Gisteraand maak my oudste die lieflikste pastagereg wat ek in ‘n lang tyd geëet het. Aubergine, hoender, chillies, knoffel om maar ‘n paar ingredients op te noem. My bek water al klaar weer.
Sy wil graag ‘n chef word, die jongste wil graag ‘n wynmaker word. Pleks die lawwe kinders dokters en tandartse word.
Nou gaan ek eendag ‘n 60jarige oorgewig ouma wees met ‘n alholiese probleem, plaas van ‘n gesonde oumatjie met pragtige tande.
Maar ek gaan ook nou nie kla nie, ek’s baie liewer vir die wingerdstok as vir tandartse.
Ek het vroeër die week vertel oor my werksveranderinge, en dit blyk nou ek is van Maandag af die baas se nuwe P/A. Ek’s baie opgewonde hieroor, hou van nuwe uitdagings. Ek gaan die man gruwelooslik bederf want hy werk flippen hard. Sy vrou sê ek moet alles vir hom doen behalwe om saam met hom te slaap. Hehe. Daar’s gelukkig geen kanse daar nie, ek’s hopeloos verslaaf aan my man.
Gister het ek ‘n stukkie grond by die werk “gekoop”. My sandaal het aan die trappie vasgehaak en ek het letterlik soos ‘n os neergeslaan. My hande was vol papiere en ek het nie eens probeer keer nie. Nou sit met ‘n stywe arm en 2 opgeswelde pers knieë. Goddank daar het nie ‘n kliënt ingekom nie, ek sou voor hom/haar se voete neergeslet het soos iemand wat die son aanbid.
Dis my week sover, hoe gaan dit met jou en joune? En wees nou eerlik…..










Nee flippit, jy sal my in elk geval nie glo as ek eerlik moet wees nie…so, dit gaan goed dankie.
[Reply]
Nee wat heel goed, vandag `n paar rand gemaak.My knie is heel en my arm is nie styf nie, maar my uh …uh is !
Ja dit sal glad nie lekker wees om saam met jou baas te slaap nie, saam wakker bly is baieeeee lekkerder.
[Reply]
So terloops mens doen dit nie op die sement nie, dit gee mens blou knie, matte gee jou carpetburns maar `n lessenaar of bank of tafel of stoel of of of doen dit baie lekkerder.
[Reply]
Ag kom nou Sig!
Hehe Brein, very funny.
[Reply]
Ja wat my week was ook nie te bad nie, bly dis vrydag gewoonlik loop die tegniese mense 12h00 op n vrydag, ek loop so tussen 1-2 op n vrydag want ek begin vroeg werk in die oggende en loop dAN 3 UUR elke dag, maar vandag eet ons potjie hier by die werk almal het geld bygesit en die een bestuurder is besig om n potjie te maak. Dan na die pense vol is huistoe!!
[Reply]
Koeksister, baie geluk met die nuwe werk. Sjoe, ek dink as ek moes ‘n stukkie plaas koop sou my ander enkel seker gebreek het
Ek het ‘n great week sover gehad..
Sigeuner, hallo jy… Hoe gaan dit met die tweeling? Hulle nou in graad 2 nê!! Mis jou mails hoor!
[Reply]
Ag shame koeksister, hoop die knieknoppe en arm voel al bietjie beter. Jy’s goeie kompetisie vir Phibbs….hehehehe.
Geluk met die “bevordering”.
Het ook maar ‘n rustige week gehad. Hierdie reenweer het my baie lui gemaak. Nou’s dit Vrydag en my skoonsus-hulle kom bietjie kuier. Kan nie wag nie, ons gaan verseker braai en ‘n paar savannas leeg drink- hiehaa!!
[Reply]
Elsa, jou werksure klink hemels, ek sal ook eerder vroeg in die oggende wil werk en dan vroeg huis toe gaan. En dan kry julle potjie ook!…. Ek werk vir die farao’s.
Dankie Zee, die ergste van daardie val is dat dit op kamera is. So hulle rewind dit die heeltyd en wys vir mekaar. Helsims… Hoe gaan dit met klein Zee?
Thanx Koeks. Ek sal nou al my Savannas verruil vir ‘n bietjie reënweer.
[Reply]
Koeksister, geluk met die bevordering en dit lyk asof jou ego meer gekneus is as jou knieë.
My week was ‘n nagmerrie. Alle slotte, sleutels, selfone en bankkaarte is gestop en vervang. Gister breek hulle by manlief se bakkie, voor my kantoor, in en steel sy nuwe selfoon. Gisteraand omtrent 10h00 raak honde heeltemal beserk. Blixems in bure se erf. Hulle hardloop weg en iemand skiet op hulle. Polisie baie vinnig op die toneel. Nog 2 skote klap in die omgewing.
Vanoggend kom twee polisiemanne om die selfoon se maak te kom uitvind en ‘n kwartier later kom hulle terug met die foon. Nou is dit weer ‘n blerrie sim swop, maar nou ja, gelukkig het ek die foon. Netnou toe bel Nedbank se bedrogafdeling my om te sê dat hulle in die Kaap by Vredekloof Drankwinkel my kredietkaart probeer swipe het maar die kaart was reeds gestop. Bel toe die eienaar en ja hy onthou die transaksie en wou die kaart vat maar hulle het weggehardloop. Gelukkig is alles op kamera. Die bank se bedrogafdeling gaan nou self die saak ondersoek.
Dit is my besigste tyd van die maand en het ek nou tyd vir al die rompslomp?
En jy vra hoe was my week. Ek dink dat ek ‘n stywe dop nodig het. Skink asseblief!!
[Reply]
Ai Linda, dis vreeslik.
Ek gooi sommer ‘n dubbel – tjorts!
[Reply]
Ons het nou klaar potjie geeet en ek groet nou tot maandag. Manlief is alleen by die huis, bediende is huistoe vir die naweek, en seun het gaan visvang. Skoonsus wil he ons moet afvlieg Durban toe vir die naweek maar ek glo nie ons sal n vlug kry nie, dis einde van die maand. Ons vlieg mos maar verniet omdat manlief by SAA gewerk het en is nogsteeds in hul diens, ons betaal net die airporttax wat bitter min is. Sal sien volgende week en dan sommer n ekstra dag verlof neem. Ek verjaar juis vrydag, en sal dan graag by die see wil wees.
Lekker naweek vir julle!!!!
[Reply]
As jy die lugredery laat weet dat jou “neef” kom kuier, kan jy vir my ‘n “tikkit” organize deur SAA?
[Reply]
Pagoda so 3 jaar terug het ons 6 kaartjies ook gekry vir vriende, maar toe het die anderkleuriges kaartjies wild en wakker vir hul vriende gekoop en die meeste kaartjies vir Nigeriens, toe stop hulle dit onmiddelik. So ons eerlike mense moet daaronder ly. En daai kaartjies was 10% kaartjies so jy sou net 10% van die kaartjie se prys hoef te betaal. Ek hoop hulle bring dit weer terug.
[Reply]
Dankie Linda.
Jisliaak, jy het omtrent ‘n wilde week agter die blad. Eks net bly jy is oke. Ek sidder om te dink die skelm was in jou kamer
Jy verdien 3 vingers vandag, sal jou laat ontspan
Geniet die rustige naweek Elsa.
[Reply]
Tjorts, Koeksister!!!
[Reply]
More julle
Koeksister, sterkte met die seer lyf en nuwe werk.
Elsa, ek was ook so bevoorreg toe Ingilsman vir SAA gewerk het. Ek het oraloor verniet gevlieg, en net business class. Mis dit vreeslik.
[Reply]