Ek wil nie te veel kwyt raak oor die laaste paar weke se doen en late nie.
Ek het die laaste paar weke na my lewe gekyk en besef dat ek nie vir die res van my lewe in balansstate en proefbalanse wil vaskyk nie. Ek gee toe, dit sit kos op die tafel en gee my ‘n bed om in te slaap, maar dis sielsdodend.
Ek weet ook dat dit seker soveel makliker sou wees om in my veld te werk as ek voor my siel geweet het dat ek nie bekwaam genoeg was om myself in ‘n ander veld te maak geld nie.
Ek vrek oor showbiz! Flieks, TV en die verhoog hou vir my ‘n spesiale bekoring in. Ek sal ENIGIETS doen om myself in daardie industrie te maak geld. Ongelukkig weet ek ook dat dit maar die luck of the draw is wat jou toekoms daar bepaal. Nerens anders is die frase “op die regte plek op die regte tyd” meer waar nie.
‘n Ander groot liefde van my is sport. Maar, let’s face it, ek gaan nie gou vir die Stormers uitdraf of die leer van die krieketbal af slaan vir die Cobras nie. Daarvoor is ek in die sportwereld, so jonk soos ek is, te lank in die tand en het die wete alreeds nesgeskop dat daar net mooi niks is wat ek daaraan kan doen nie.
Dan geniet ek dit verskriklik om te skryf. Om te redeneer. Om idees uit te ruil. Om gebeure te ontleed. My problem is ongelukkig dat my verstand ‘n saak in sekondes uit mekaar kan trek en van dit sense kan maak, maar sodra ek my denke moet “verstadig” omdat my vingers maar net SO vinnig kan tik verloor die redenasie ietwat van sy oomph!
Ek het aan iets begin werk waar ek, as ek genoeg tyd en werk insit, in die volgende jaar myself permament daarop kan toespits en ‘n goeie lewe daaruit kan maak. Ek wil nie te veel daaroor se nie want ek glo nie dis nou die regte tyd of plek om daarop uit te brei nie.
Ek wil baie graag weet wat julle sou doen in so ‘n geval? As julle voel julle het ‘n idée beet, sal julle julle energie stort in die soeke na ‘n beter lewe? Sou julle alles in die stryd werp om eendag net beter oor jouself te voel as jy in die oggende wakker word? As jy weer lus voel vir ‘n dag? Ek weet die antwoord van baie mense behoort tien teen een “ja” te wees, maar soos die lewe my geleer het…as elkeen wat sou “ja” sê rerig hulle drome nagejaag het, hoekom kry mens dan steeds soveel mense wat in jobs sit wat hulle stadig van binne opvreet?










Ons lewe in ‘n wêreld van instant gratification. Ek wens ek kan die Lotto wen, en dies meer. Alles moet vinnig gebeur, en as dit nie gebeur nie, gou ouens tou op. Dis hoekom ‘n klein minderheid hulle drome verwesenlik kry. Ons maak ook die fout om ons drome aan rykdom te koppel, want dit is altoos die samelewing waarin ons lewe. Ons maak die fout om geld as die doelwit te stel – dis verkeerdom. Dit gaan eerstens oor waardes, oor wat belangrik is in die lewe, dit van jou mens maak. Eers as mens die waarde vasgestel het, kan jy begin dink aan doelwitte. Rykdom is bloot maar net die beloning. Wat beter is daar as ‘n mens doen wat jou gelukkig maak, binne die raamwerk van wat vir jou belangrik is.
Ek het onlangs self deur ‘n diep wroeging gegaan. Sal ek my familie tuis los, en in die Midde-Ooste onbeskofte hoeveelhede geld gaan maak, of sal ek hulle saamneen en daar alleen los terwyl ek reis. Of sal ek hier bly vir minder geld (tog nog genoeg) en deurgans – behalwe ‘n uitsondering hier en daar – elke oomblik saam hulle spandeer, en aktief betrokke wees by my seun se grootword (al wil mens soms ontvlug van die woelige knaap wat amper twee is)? Die besluit om te bly was uiteindelik maklik.
Wat sou ek doen in jou geval? Ek sou dit as dit by my waardesisteem in pas! En die idee kan net realiseer as jy dit inderdaad energie gee!
[Reply]
Ai Pagoda, op die stadium is my doel vir opstaan in die oggend gekoppel aan net een woord: kaliumpermanganaat
verrig wondere waar die hedendaagse medici tekort skiet, lol. Ek het jou Saterdag gehoor, Boeta. Ek het die opwinding in jou stem waargeneem asook die sterretjies in jou oge. Die idee is SO jy! Doen dit gerus, en doen soos jy altyd doen, skop gat!
[Reply]
Pagoda, ai siel…diep siel…
As jy maar net weet dat energie WERKLIK is. Dan sal jy WEET wat om te doen! Hoe langer jy uitstel en daaraan dink dat dit dalk veiliger in die wereld is van onverandering, hoe langer tap die plek jou energie. Hoe meer mens doen wat jou gelukkig maak, hoe meer energie bou jy rondom jou op waarmee jy weer kan aagaan. Soort van gelukkigheid en tevredenheid bou mure van energie om jou. Al sien ander mense dit nie, voel hulle dit aan en dan wil almal sommer net naby jou wees of besigheid met jou doen.
Dit is nie net van “ja” se op jou vraag nie, ekself is al van verlede jaar af besig om meer in tune te wees met myself, te mediteer en te probeer fokus op wat ek wil he, hoe ek wil wees, waarheen ek graag sou wou he my lewe moet reis. Dis nie aldag pynloos nie, want in die proses maak ek van my familie seer en is hulle geskok, maar dis ter wille van my…
Hoe meer mens eerlik is vir jou self, hoe meer eerlikheid kan jy in jou doen in late inpas en uitstraal en op die ou einde gaan jou lewe net vir jouself en diegene rondom jou makliker wees. Gee alles vir jouself, Pagoda – sodoende kan jy alles gee vir die waarvoor jy lief is.
Gaan voluit! Leef pragtig!
[Reply]
Ek antwoord jou in `n posting.
[Reply]
Pagoda .. Mnr De Jager sou trots wees op jou .. al was ek uit die klas gesluit omdat ek vee-vee besem en al ge-awol het, en wanneer iemand soos blou-geverfde bruin-oog Juf Brand my oor daai einste (amper failproof) resep oor die vingers sou tik .. sou my verweer wees ‘die Bybel se vee eers voor jou eie deur Juffrou’ .. waarna ek besem en al sou padvat.
Punt is Pagoda .. ons word oud. Ons onthou die gisters .. hmm .. presies of dit gisters was. Maar dit is nie. Dis alreeds (sit jy?!) 15 jaar later .. n volle skoolloopbaan plus drie jaar pasella. Daar is mense soos ek .. bly in jou nessie en word nie gekwessie. Hello .. en waar los dit jou? Wat het jy om te wys? Nevermind dit .. vergeet gou vir EEN oomblik van finansiele implikasies.
Hoe gee die ‘hier en nou’ jou n rede om more op te staan (en nee ek praat nie van jou klein blou-oog kloon nie) .. seriously nou? Ek verpes geld, dis nie n staatsgeheim nie, hoewel dit baie van my drome kan verwesenlik. Maar om op jou sterfbed te le met n paar miljoen agter jou blad (en ek voel ‘n absolute militêre veer vir hoe cliche dit klink) vs om op daai selfde bed te le en te weet .. ‘I’m celebrating the me yet to come’ het actually FULL CIRCLE gegaan .. you made IT.
Keep it real my maat. Maak goeie besluite. Die kop dink, die hart voel. Weeg hulle teen mekaar op en besluit watter een vind jy die swaarste.
[Reply]
Ysfox sê “Ek het die opwinding in jou stem waargeneem asook die sterretjies in jou oge.”
Go for it Pagoda!!
(Goeie raad van almal hierbo)
[Reply]
As dit JOU gelukkig gaan maak, Pagoda, “go for it”!!!
[Reply]
Pagoda, ‘n paar goeie quotes wat jou ook dalk kan help. Ek hou veral van die laaste 2. Sterkte met jou besluit:
A man is not old until regrets take the place of dreams.
– John Barrymore, actor
The bitterest tears shed over graves are for words left unsaid and deeds left undone.
– Anonymous
Whatever you can do or dream you can, begin it. Boldness has genius, power and magic in it. Begin it now!
– Goethe
Cease trying to work everything out with your minds. It will get you nowhere. Live by intuition and inspiration and let your whole life be Revelation.
– Eileen Caddy, Spiritual guide and author
Set your sights high, the higher the better. Expect the most wonderful things to happen, not in the future but right now. Realise that nothing is too good. Allow absolutely nothing to hamper you or hold you up in any way.
– Eileen Caddy, Spiritual guide and author
People are always blaming their circumstances for what they are. I don’t believe in circumstances. The people who get on in this world are the people who get up and look for the circumstances they want, and, if they can’t find them, make them.
– G.B. Shaw, Mrs. Warren’s Profession, 1893
And the trouble is, if you don’t risk anything, you risk even more.
– Erica Jong
We should consider every day lost in which we have not danced at least once.
– Friedrich Nietsche
[Reply]
…
[Reply]
OK, die life coach gaan nou nie weer vandag sy relaas herhaal nie….. lees so ‘n paar posts aan by Carpe Diem.
[Reply]