Sop dieet van die Iceman
Ek glo dat ons weerflinge geen geheime van mekaar mag weerhou nie. Dit is dan juis daarom dat ek die volgende beproefde dieet met julle wil deel, vir die wat voel dat hulle dit nodig mag he!!! Ja, ok Brein, nie jy. Almal weet jy is klaar sexy!!! JJJ
Hierdie dieet word gebruik om oorgewig hartpasiente vinnig gewig te laat verloor.
BASIESE SOP:
900g Tamaties (geblik)
6 Uie
2 Biefblokkies/Hoenderblokkies
1 Pakkie Wit Uie Sop
1 Bondel Seldery
2 Blikkies Groenboontjies
1 1/2kg Wortels
1 Groenpepper
Bg kan gehalveer word
Geur met sout, peper en pietersielie.
Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water. Kook vinnig vir 10 minute en verlaag dan die temperatuur sodat dit prut. Prut tot groente sag is. Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel E E T D I E S O P!!! . Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil. Die sop sal nie kaloriee byvoeg nie. Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor. Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees. Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink. Jy kan jou kos gaarmaak met 1 t botter of olyfolie
DAG1
Eet slegs sop en vars vrugte. Enige vrugte behalwe piesangs.
DAG2
Eet slegs sop en groente. Geen vrugte nie. Eet soveel van beide as wat jy wil. Geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself vanaand met ‘n GROOT! gebakte aartappel en botter.
DAG3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil. Moenie ‘n aartappel eet nie. (Teen hierdie tyd behoort jy 2 – 3kg te verloor het as jy nie gekul het nie.)
DAG4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet ten minste 3 piesangs. Piesangs het hoe kaloriee en koolhidraad inhoud. Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodige hê om die “cravings” teen te kant.
DAG5
Eet sop, biefstuk en tamaties.
DAG6
Eet sop, groente en biefstuk/hoender/vis. Jy mag soveel eet soos jy kan. Geen gebakte aartappel nie.
DAG7
Eet sop, bruinrys en groente – soveel as wat jy wil. Jy mag onversoete vrugtesap drink.
Teen hierdie tyd behoort jy 5 – 8kg te verloor het as jy nie gekul het nie. Hierdie dieet is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaaam van gifstowwe te reinig.
Dit is belangrik dat jy ten minste 24 uur voor jy alkohol inneem met die dieet staak.
ONTHOU: HOE MEER JY VAN DIE SOP EET, HOE MEER SAL JY VERLOOR!!
Nota van Naomi
Ons drink elke more op ons nugter maag die volgende
Meng 1 teelepel koeksoda met warm water voeg 1 teelepel Appel Cider Vinegar by en top op met gefiltreerde water Dit help om die PH balans te herstel.










Klink goed Iceman, vir diegene wat dit regtig nodig het. Ek is nie n kenner op die gebied nie, maar as mens so baie gewig verloor in so kort tydjie, tel mens dit nie weer net so vinnig op sodra jy weer ‘normaal’ eet nie?
[Reply]
Dit klink nie te bad nie.Ek sal dit eendag probeer , mens moet nou en dan jou liggaam ontgif en die exstra vette verbrand.Ek glo ook altyd matige oefening saam met enige dieet help om die plekke waar mens te vinnig vet verloor het weer ferm te kry.
So ou Iceman vergeet nou daardie sushi, prawns en geelstert wat ons moet gaan verorber by CTFM!!
[Reply]
Dit klink sommer baie lekker vir my…ek`s mal oor sop en darie biefstuk!! Laat my dink aan Desember en Brein se dieet. Het dit gevolg, van 71.5 kg`s geval na 67. 5 kg`s en niks weer opgetel nie. Dit nou nadat ek weer normaal eet.
Sal hierdie bietjie probeer vir so 2 tot 4 weke. Wil nog ten minste gewig probeer afskud tot so 65 0f 62 kg`s. Nou net vir copy en oppi yskas plak. Dankbaar Iceman!
[Reply]
Nina Reply:
September 10th, 2009 at 11:50 am
@Sigeuner,
HEllo, wat is hierdie Desember en Brein se dieet? Ek wil dit graag ook doen.
Thanks en groete
Nina
[Reply]
My vriendin het al hierdie sop dieet probeer en baie gewig verloor. Sy sê jy “skyt” jouself maer….hiehie. Sal dit ook beslis eendag probreer. Thanx Iceman.
[Reply]
More almal, baie besig hier met die “nuwe” job. Sal oor ‘n paar dae behoorlik saam met julle kan kuier. Geniet julle week!!!.
[Reply]
Gaan dit probeer Iceman, maar ek kan nie sien dat my glasie wyn met soda in die aand my gaan doodmaak nie? Ek sien hulle sê GEEN alkohol. Se gat
[Reply]
Annie- jy kan maar so bietjie “kroek” met jou glasie wyn met soda – jy sal nog steeds gewig verloor.
[Reply]
So lief is ek sowaar nie vir sop nie… Ek het wel sopas ‘n drie dae dieët gevolg wat vertel jy sal 4.5 kg verloor as jy dit presies so volg wat ek toe ook gedoen het, maar ek het net 1 kg verloor. Seker oor ek nie veel het om te verloor nie! Maar ek wil graag nog 1 kg verloor…
[Reply]
Ja ou Iceman ,ek het daai dieet getry maar het 6 kg opgetel ,het net die sop
so klein bietjie gemodify.Dit lyk so:
500g biltong (met vet natuurlik)
4 lang stukke cabbanossi
400g Kentucky
1kg ontbeende beesstert (met baie vet natuurlik)
1 Tripple Wimpy cheeseurger
2 l Coke
1 Blikkie kondensmelk.
Neem nou al die bestandele en moer dit in n versapper en sie daar ! Hoe meer jy van dit drink
hoe dikker raak jy ,kyk na my dit werk soos n bom.
[Reply]
Knormoer, jou sop klink baie beter as Iceman s’n!!!! Jou dieet sal net nog beter wees met brandewyn!!!!! Jy weet seker, brandewyn het nie brieke nie……
[Reply]
Biltong en kondensmelk… Twee van my grootste swakhede. Dink ek gan eers daai dieet van Knormoer vir 2 weke volg, daarna sal Iceman se sopdieet net die ding vir my wees, hehe
[Reply]
Boerseun haat dit as die kids te veel suiker inkry. Eendag besluit ek semoer! Ons kry min genoeg gif in ons sisteme en koop `n blikkie caramel kondensmelk. Ons 3 meisies het dit doer ver onder in die lande gaan sit en eet! Hhhhmmmmm…water my mond nou!
[Reply]
Sigeuner, praat jy van daai wat klaar gekook ini blikkies is? O jinne tog, dit is verskriklik lekker! Ek is Ysfox…en ek is ‘n caramel verslaafde…
[Reply]
windmakerige dieet die ene!!
[Reply]
[...] Ek onderskryf nie hiermee hierdie dieet nie. Ek weet dit is nie gesond om so gewig te verloor nie. Maar ek wil net ‘n kickstart hê, [...]
Oh lalalala hoe lank het ek nie gewag vir so ‘n kits-dieet nie!!! Aangesien ek MAL oor sop is, pas dit my soos ‘n handskoen. Ek begin 4 Mei met hierdie sop en sal jul op hoogte hou hoe dit gaan. Wil 10KG verloor en klink my ek sal dit sommer in 2weke kan doen!!!! hahahahah dis te wonderlik! hou duim vas!
[Reply]
Geraamte
Wees net versigtig…ek het gehoor van mense wat nie noodwendig die dieet wil voorskryf nie. Daar moet redes daarvoor wees.
[Reply]
Pagoda32
Wat jy sê maak sin, het gedink om dit net vir so 2weke te doen en as ek my gewig berreik dit te los en net gewoonweg gesond te eet. Ek het ‘n onaktiewe skildklier (opgedoen na eerste swangerskap) en nou help geen normale manier van eet my om gewig te verloor nie. Het toe op die sop afgekom en sal maar kyk dit kan help.
[Reply]
Hi! Ek gaan beslis dit begin volg want ek moet dringend gewig verloor en fiks raak vir ‘n nuwe werk waarvoor ek aansoek gedoen het! Bid asb vir my mense!!!!!!!!!!!!!
[Reply]
Hierdie outjie werk. Sommer al die eerste dag 1.3 kg verloor!! Ek is erg “impressed” Nog net 38,7 kg om te gaan.
[Reply]
Miems Reply:
March 31st, 2010 at 11:57 am
Hi,hierdie dieet werk regtig. My dogter het ‘n week gelede begin en op die sewende dag weeg ek haar en sjoe sy het 7kg in ‘n week verloor, sy het gestop en begin weer oor ‘n week. Dissipline is nou belangrik – om reg vorentoe te eet. Thanks
[Reply]
koeksister Reply:
March 31st, 2010 at 12:33 pm
Baie bly vir haar Miems
[Reply]