Die soeke na iets - Dellie se tandem-stories

datePosted on 14:00, April 8th, 2009 by Pagoda32

Ek was ge-”pair” met Dapperhartjie (wat ek van geen kant ken nie - wat nog te se “bars of soap”).  Vir al wat ek weet het ons al gesels, maar ongelukkig ken ek nie haar nickname nie - so sorry Dapperhartjie!

Paragraaf een - Dapperhartjie; laaste paragraaf Pagoda - elke tweede paragraaf is die ander  en s’n.  Enjoy!

PS: Bitter min is ge-edit.  Wou dit so oorspronklik moontlik laat sonder om onnodige spelling checks te gaan doen.

Dellie - hier is Pagoda en Dapperhartjie se storie.

****************************************************

DIE SOEKE NA IETS



Ester sleep nou al haar voete deur die lang droë veldgras. Sy sien nie eers meer die natuurskoon om haar heen nie. Elders hoor sy ‘n geskarrel in ‘n bos en kyk mismoedig op om ‘n verskrikte voël te sien wegvlieg in die blou lug in. Dis nou al amper twee ure wat sy aaneen stap in enige rigting wat beskaafd lyk en elke keer het sy gehoop dat sy iemand sal raakloop. In hierdie twee ure wat verby gegaan het het sy al vir haarself gelag en vinnig rondgekyk of iemand haar nie dalk gehoor het nie, maar daar was nie ‘n siel op hierdie verlate berg nie; sy was alleen met haar gedagtes. Sy begin wonder of daar nie al bosluise in haar broekspyp opgekruip het nie en laat vaar die gedagte liewer onmiddellik. Nadat haar suster haar vroeer op die bergpas afgelaai het en die bakkie om die draai verdwyn het, het sy besef dit wat sy nou doen is nie ‘n goeie idee nie.

Die kloof le groen aan die voete van die berg. In die verte le ‘n lappiesland, maar die brand, nie te ver van haar af nie, het die horison deinserig gemaak en die lappiesland se skoonheid is nie eensklaps tasbaar nie. Die natuurskoon is nie juis die rede hoekom sy haarself in die berg bevind nie. Inteendeel. As kind was sy gereeld gemaan dat haar verbeelding haar ondergang gaan beteken, maar al wat wou hoor is sy. En vandag, as ‘n volwassene, is dit steeds moeilik om die nuuskierigheid te onderdruk - daarom die eensame wandeling met een doel voor oë. Sy moet weet.

Die feit dat Ester nie weet nie knaag aan haar soos ‘n muis aan kaas. Sy is meer vasberade as ooit om uit te vind. Die wind wat vroeër plesierig deur haar lang blonde hare gewaai het bedreig nou haar lewe. Die vlamme lek deur die veld en die rook laat haar keel toe trek en sy begin verstik, haar blou oë word wasemrig en sy verloor haar balans. Sy kruip na die naaste Akasia boom en lê met haar rug teen die bas. In die verte sien sy ‘n figuur wat haar hart vinniger laat klop, maar voor sy kon uitmaak wat dit was, verloor sy haar bewussyn en lê hulpeloos in die gras.

“Dom….dom…”, is die laaste gedagte wat deur haar kop gaan voor alles swart raak. Die donker figuur het alles aanskou en sit af soos ‘n vlakhaas na waar Ester ineengesak het. Die rook is dik en hang soos ‘n nat kombers tussen die wilde bosse en bome en le op mens totdat jy voel jy kan nie meer nie. Met ‘n flink beweging word Ester soos ‘n sak patats oor die figuur se skouers gegooi en sit hy af na waar sy voertuig staan - ‘n 69 Chevy sonder wieldoppe. “Wat de doner het jy hier kom soek?”, dink die man by homself terwyl hy haar op die agtersitplek neerle.

“We’ve only just begun to live, white lace and promises, a kiss for luck and we’re on our way…” Ester is gefassineerd met die woorde van die Carpenters wat oor die radio speel. Die oor en weer geskud op die klipperige pad het die gedagte onderbreek. Sy staar op na ‘n flippen man wat nie donker of vreemd of John Doe is nie! Hy is net ‘n man wat ‘n freakin chevy sonder doppe ry. Hy het toevallig haar onder die boom gesien le en haar in die Chevy 69 ingemoer. Die man met gleuende groen oe is besig om haar wang te streel met die agterkant van sy hand. Sy bewonder die man wat nie ‘n vreemdeling is nie, maar sy ken hom ook nie. Hy staar terug na haar en sy aandag is afgelei van die pad af. Die donder ry toe in Bambi vas en bloed spat oor die windshield. Die dude ry toe in a flippen ditch in en die engin gee gees. Ester kyk rond om te kyk of Jamie Kennedy nie miskien agter ‘n bos iewers wegkruip nie.

“Ek smaak jou style, dude! Red my, moer my in jou kar en verongeluk my! Ek hoop jy gaan daai bok begrawe wat jy dood gery het?”, het Ester laat loop met die vreemdeling! “Nee”, is die enigste antwoord wat sy kry. Die man klim uit die kar, strompel tot voor die enjinkap en begin stoot. Ester begin onbedaars lag…”as jy die kar hier uitgestoot gekry dan gee ek jou ‘n…”, en dis hoe ver sy kom want met een ellemintige crunch begin die kar stadigaan agteruit loop tot hulle dwars in die grondpad staan. Die man waggel tot by die venster en vra: “En jy gee my wat? Hmmm?” Hy verdwyn tussen die bosse en net to Ester paniekbevange begin raak kom die man terug met die klein bokkie. Hy lig sy voorste sitplek, haal ‘n lang stuk tou uit en maak die bok aan die grill vas. “Biltong…”, se hy soos hy die kar start en verder ry. Ester sit in skok en probeer die gebeure van die laaste 5 minute verwerk.

Net toe die bekende vreemdeling wegtrek met die klein bokkie voor aan sy 69 Chevy se grill vasgemaak, was die ekstra gewig net genoeg om die as finaal die gees te laat gee en breek toe heeltemal deur (hy’t hoeka al ‘n snaakse geluidjie gemaak). Die bekende vreemdeling sê vir Ester om nie te worry nie want sy pel het ‘n tow-truck. Hy stap naarstiglik heen en weer om te probeer sein kry, maar Vodacom werk nie saam nie. Gelukkig het hy ‘n twee-man tentjie agter in sy boot wat hy opslaan want dit begin al sterk skemer word. Hy steek ‘n kampvuur aan. Ester is heeltemal te verward om die gebeure in te neem.

Die man lyk asof hy ‘n ou kalant is wanneer dit kom by planne maak op die ingewing van die oomblik. “Jy weet, dis ironies”, se hy. “Wat is?”, vra Ester. “Ek steek ‘n vuur aan terwyl die berg homself in sy moer brand”, giggel hy. “Troos jouself daaraan dat as jy aan die slaap sou raak daar fokol sou wees om af te brand as ons die vuur nie sou blus nie!”, tjip sy in. He beloer haar met ‘n strak uitdrukking op sy gesig. “Dalk was dit nie so snaaks nie”, dink sy. Die man trek homself weg van die vuur af. “Ek gaan stort”, vertel hy. Ester is uit die veld geslaan. “Hoe?” “Moenie jy jou mooi koppie daaroor breek nie”, stel hy haar met ‘n grynslag gerus. Hy raak vir tien minute weg en kom toe terug met die 69 Chevy se radiator - pype en al! Hy trek die kontrepsie vas aan die tak van ‘n boom en tilt die ding so effe tot die water begin stroom. Toe die eerste water op sy kaal bolyf val bars Ester uit van die lag. Die goudgeel water gemeng met antifreeze laat die man lyk asof ‘n bergkat besig is om hom goed nat te pee. “Verskriklik resourceful, maar nie baie doners slim nie - die man…”, dink Ester. Dis toe dat haar aandag spits op die goed gevormde bolyf en in ‘n japtrap is die geel water met die onaardse skynsel vergete. Dalk nie slim nie, maar soms is ‘n tool se beste eienskap nie intellek nie maar eerder hoe prakties dit vir die doel gemaak is.

Ester giggel terwyl sy na sy kaal bolyf kyk terwyl hy stort en haar oë sak af ondertoe waar sy die moerse slang tussen sy bene gewaar. Die volgende oomblik laat sy ‘n bloeddorstige gil uit! Die slang moes seker weggevlug het vir die vlamme wat teen die berg brand, nou is Ester heeltemal fokken verward. Sy is nie seker wie die grootste geskrik het nie, die bekende vreemdeling, toe hy die moerse slang tussen sy bene gewaar of die slang toe hy die nr. 12 boot na sy kop toe sien mik. Met die geskoppery verloor die man sy balans in die gelerige bruinerige radiator modderwater en bliksem neer. Hy stamp sy kop teen ‘n klip en is uit soos ‘n kers. Die slang kyk nie terug nie en seil tussen die bosse in.

“Nice”, dink Ester uit die veld geslaan. Iets bruikbaar wat homself so te pletter val. Ester besluit toe dat dit die perfekte tyd is om te kyk of daar nie ander manier uit haar huidige panarie is nie. Sy sal nie se dat sy “ontvoer” is nie, maar hoekom voel dit so baie asof sy is? Wie is die man in elk geval… Sy het na die berg gekom om antwoorde te kry en al wat sy tot dusver gekry het was ongeluk op ongeluk, veldbrande, slange, 69 Chevies sonder wieldoppe en ‘n donerse ou wat homself staan en was onder ‘n radiator. Dis soos iets uit ‘n droom. “Droom ek?”, dink Ester onwillekeurig. Sy gryp die los vel onder haar arm en tussen duim en wysvinger, soos jy met ‘n lastige vlooi sal doen, knyp sy haarself. Haar oge begin traan en sy besf dis nie ‘n droom nie. Net een onverklaarbare surrealistiese namiddag. Sy gryp ‘n lang tak wat sy glo ‘n ordentlike wandelstaf sal maak, trap al die blare en los takke van dit af en besluit om die tog verder die berg uit te klouter. Sy moet weet…En soos sy begin stap sien sy die katswink man omdraai op sy sy om verder te slaap. Hy’s orraait…

Ester is ‘n sterk stapper en sy weet dit sal haar ongeveer ‘n uur neem tot aan die voet van die berg. Sy ken die pad goed, kan dit gemaklik in die vroeg skemer stap, hoewel die horison ‘n oranje gloed begin kry soos die dagbreek nader kruip. Die landskap is mistig, ‘n geheimsinnige wolke kombers, wat net plek-plek sy geheimenis openbaar. Noudat sy die berg-agtige deel agtergelaat het, weet sy dat die see voor haar lê. Sodra die dag in sy volle glorie breek, behoort sy die see te kan sien en ruik…en dit is hier waar sy vir Martin sal kry. By die see, besig om sy passie uit te leef. Martin, die wilde man, wat so diep in haar hart gekruip het hierdie afgelope drie jaar van saamwees. Maar sy deel hom met sy onsigbare passie. Sy passie vir die see en sy kreature. Waar hy tans besig is met die see-skilpaaie is Ester slegs ‘n rand figuur in sy lewe. Hy leef homself in sy werk met hierdie magiese reuse van die oseaan en die misterie wat hul omhul. Die gewone reëls van die wêreld se saamwees geld nie met Martin nie, nee hy is anders. Dit is ook die andersheid wat haar so ongelooflik aangetrokke tot hom laat voel het. Haar instinkte het haar gewaarsku dat sy hier te doen het met ‘n vry gees, iemand wat hom nie laat bind deur die konfensionele nie en dit is waarom sy hierdie onmoontlike tog oor die berg aangepak het. Sy moet weet…

Soos die son sy gesig begin wys voel dit asof sy die tog baas geraak het. Haar kuite is seer en die bossies het haar enkels gekrap, maar uiteindelik, glo sy, sal alles die moeite werd wees. Die nou paadjie waarmee sy teen die berg afgekom het mond voor haar uit in wat lyk soos ‘n sandkom. Wit sand. Los sand. See sand. Die windjie is van vroeg af reeds wispeltuurig en soos die branders breek blaas dit die sproei die ewigheid in. Die souterige sproei slaan haar tussen die oe. Sy weet verseker sy is op die regte strand, maar watter kant van die sandkom sal sy vir Martin vind? Sy sukkel teen die duin uit. Op die kruin slaan sy haar hakke in die sand vas en bespeur sy links en regs asof sy toestemming van die seevoels vra voor sy verder begin stap. Regs van haar, in die verte, sien sy ‘n groepie wat lyk asof hulle ‘n skuit in die water probeer instoei. Doer in die verte, links van haar, sien sy bouvalle. Haar instink se vir haar dat die onkonvensionele Martin heel waarskynlik gevind sal word tussen die bouvalle. Hy is eksentries. Dit voel net reg. “Mmmm…ek hoop dat die vreemde man darem nie te erg seer gekry het nie”, wonder Ester oor die man wat homself so des moers geval het na hy die riel om ‘n slang gedans het. “Waarom worry ek oor hom”, vra sy haarself. Wie is hy? En tussendeur die getob vat sy die pad na wat lyk soos bouvalle…wonings sonder dakke en vensters. Die sand peper haar en die seesproei maak haar taai. Sy hoop sy is reg.

Martin was nie by die bouvalle nie, net die wind wat deur die vervalle plekkie se mure waai en spookgeluide maak. Sy stap na waar die manne vroeer besig was om die skuit die water in te stoot, by nou is hulle al baie diep in die see, maar nie diep genoeg vir Ester om Martin op die skuit te gewaar nie. Op daardie oomblik het Ester haar antwoord gekry, sy sal altyd vir Martin moet deel met die see en dit is nie hoe sy haar lewe wou voorstel nie. Sy draai om en stap weg van die see af.

Sy’s nou sommer dik de moer in vir haarself. So baie tyd gemors, so ver gekom…en nou draai sy sommer net so op haar hakskene om en loop weg van Martin af. Maar hoekom voel sy nie sleg daaroor nie, dink sy? Soos sy wegloop hou sy die sand wat tussen haar tone deurpeul goed dop en kyk hoe die wind met elke tree die laaste spoor toewaai asof sy nooit op daai strand was nie. Sy vind haarself op die duin. Sy draai doodlouters om en hou die branders dop - die wind is haar “ally”. Daar bestaan geen teken sy ooit op die strand was nie. Sy maak haar oe toe en voel die sproei op haar gesig. Sy weet dis verby. Daar is iets wat knaag, ‘n veraf geluid wat klink soos ‘n motor alarm wat raas sonder die motor se baas in die omtrek. Die geluid word harder. Sy wonder skielik of die motor nie dalk tussen die vygies en struike geparkeer staan nie…sy leun vorentoe, veloor haar balans en tuimel by die duin af.
Ester skrik wakker met ‘n ruk. Haar hare is geplak teen haar wang soos sy gesweet het.
“Jy moes ‘n rowwe droom gehad het”, se-vra Martin van onder die handdoek waarmee hy homself afdroog. Ester kyk verward na die alarm-horlosie wat tergend sy rooi oe knip vir haar. Dis 05:01…05:01…05:02
“Waarheen is jy op pad?” vra Ester met ‘n tong wat aan haar verhemelte vassit. “Gaan visvang - jy weet mos”, sis Martin.
Ester rol oor op haar regtersy en is dankbaar dat Martin se kant van die bed droog is. Sy sien ‘n skemerte deurbreek - die son is op pad uit.
“Martin…ons moet praat”

categoryPosted in Sommernet | printPrint
Creative Incentive Ewards

Comments:

Al die tandem stories « Dellie se Dinge on April 8th, 2009 at 14:03 pm

[...] Dapperhartjie en Pagoda [...]

Linda on April 8th, 2009 at 14:42 pm

Julle klomp is ‘n ongelooflike klomp skrywers. Pagoda, jy en Dellie moet die verhale vat en dit stuur aan bv Die Huisgenoot, Keur, ens vir publikasie. Ek voel dat meer mense as net die ouens op die blogs dit onder oë moet kry. Ek het dit regtig baie geniet.

[Reply]

Dellie on April 8th, 2009 at 15:31 pm

Nice storie! Welgedaan, julle twee. :wink:

Linda, het jy al die ander stories wat klaar is ook gelees?

[Reply]

Linda on April 8th, 2009 at 16:25 pm

Dellie, ek het nog nie tyd gehad nie. Lees ek dit op jou blog?

[Reply]

Dellie on April 8th, 2009 at 16:47 pm

Ja, daar is links na almal toe. Enjoy! :wink:

[Reply]

Dapperhartjie on April 8th, 2009 at 18:14 pm

Pagoda, dit was vet pret om ‘n storie saam jou te skryf dankie vir jou en ook Dellie vir die geleentheid :wink:

[Reply]

koeksister on April 9th, 2009 at 9:48 am

Baie mooi storie julle :)

[Reply]

demoerin on April 9th, 2009 at 13:33 pm

Nice storie… met ‘n lekker kinkel aan die einde. Weereens dankie an Dellie vir hierdie cool idee!

[Reply]

Alta on April 9th, 2009 at 14:40 pm

Baie nice!

[Reply]

Sigeuner on April 9th, 2009 at 20:11 pm

Lekker gelees, nou. Ek wens iemand wil dit saam met my doen mette gedig…10 mense op 1 gedig of liriek.

[Reply]

Die Brein on April 9th, 2009 at 22:14 pm

Kwaai Dapperhartjie en ons blogmeester, Pagoda skitterend , dis reg vir publikasie aan enige media, soos Linda se,Ester kan bly wees sy deel Martin met die see en nie met Sigeuner nie.Dellie ek geniet hierdie interblog tandemstories, ek dink almal moet later weer so iets aanpak, maar weer onder jou naam.

Ek se mos nog altyd ek hou nie van aksie nie , maar INTERAKSIE!!

[Reply]

Pagoda32 on April 10th, 2009 at 13:09 pm

Siggie - nou gooi! Jy begin met ‘n idee en die eerste lyn - mail my!

[Reply]

Sigeuner on April 10th, 2009 at 16:05 pm

Wow! My droom word waar! Pagoda……drukkies, drukkies, drukkies! Ek mail jou.

[Reply]

Wipneus on April 10th, 2009 at 22:51 pm

Baie nice julle! ;)

[Reply]

Pikkie on April 14th, 2009 at 9:31 am

Baie, goeie storie!!! Julle mag maar!!!

[Reply]

Koekie on April 17th, 2009 at 16:43 pm

Ek het julle storie baie geniet Pagoda en Dapperh. Julle het baie talent. :smile:

[Reply]

Post a Comment

Name:
Email:
Website:
Comment: