Ek is nie die wereld se beste skrywer nie, maar die laaste week of twee van heen en weer e-mails stuur en ‘n storie saamflans met die hulp van iemand wat jy van geen kant af ken nie was nogals opwindend en funky!
Ek het egter, die laaste week TWEE versoeke (een van ‘n oud Werwer en een van ‘n huidige Werwer) gekry om vir “Maddie” weer in die kollig te plaas. Die oud-”Werwer” verkies om anoniem te bly aangesien sy die slagoffer van iets soortgelyks was en sy wou my basies laat weetdat sy by die storie aanklank vind en sy hoop dat baie ander vroue dit kan lees.
My hart gaan uit na jou toe Anoniem. Jy weet wat gedoen moet word – nie noodwendig wat Maddie gedoen het nie – daar IS ander opsies. Gebruik dit!
*********************************************
MADDIE
Maddie sit vir die hoeveelste keer in die donker met ‘n handdoek teen die kop. Sy wonder onwillekeurig hoe hy dit reg kry om elke keer presies dieselfde plek raak te slaan.
“Man, hy’s geoefen”, sê die stem binne haar.
“Stront man. Dis oor hy sulke groot hande het en hy ken nie van mis slaan nie”, stry sy met haarself.
‘n Fyn glimlag bars deur die strak gesig. Maar dis nie oor sy die insident humoristies vind nie, eerder oor sy soos ‘n mal mens met haarself sit en praat.
Sy besluit om die lamp aan te skakel sodat sy nie in haar bedwelmde toestand haarself verder aanrand met ‘n deurkosyn nie. Hy gaan nou kom vra waar sy draai en sy wil ten alle koste verdere drama verhoed.
Die lampie gooi sy lig skuins teen die muur en sy trek die handdoek, gevul met wat omtrent ‘n uur terug ys was, stadig van haar dooie gesig weg. Die skarlakenrooi lê nou bleek oor die materiaal. Ys smelt en daarmee saam smelt die donkerte van die daad. Die trane wel weereens op in haar oë en sy kry dit net net reg om die hartseer terug te sluk.
Op 14 Junie 1998 is Maddie getroud met Andries. Die oudste seun van die Trichardts op Malmesbury was ‘n aantreklike kerel. Sterk gebou met breë skouers en selfs ‘n breër glimlag. Toe sy daardie oggend vir hom sien staan het in die ko-operasie in sy chino en kortmouhemp het sy geweet daar kom perde. Die vlinders wou nie laat los nie en sy en Andries het vir ongeveer twee jaar lank mekaar sat gekuier.
Ongelukkig vir haar het die kleure van haar ridder op die wit perd verander. “Vandag is die doner niks meer as ‘n doos op ‘n donkie nie”, dink sy.
Maddie soek met dom vingers na die ganglig se skakelaar. Om die skakelaar vir die badkamer te kry is ‘n byna onbegonne taak sonder dat die ganglig aangeskakel is; dis allermins net hulle derde week in die nuwe huis. Die koue teels blink helder onder haar voete en dit voel klewerig terwyl sy voetjie vir voetjie voortbeur na die badkamer. Die bloed op die teels het al begin stol. “Ag, warm water sal dit afkry. En ek sal dit moet doen voor ek gaan slaap of Mavis vra weer dom vrae moreoggend.”
Die figuur in die spieël is bykans onherkenbaar. Sy weet sy sien haarself, maar skaars tien minute van tevore het sy aan haarself as ‘n vrou van tien jaar jonger gedink. En die mens hier voor haar lyk allermins wyser…net…ouer. Die wereld voel asof sy in ‘n waas beweeg en sy lig haar hand om die bloederige lokke eenkant te trek.
“Ai. Dit lyk erg”. Sy draai die warmwaterkraan oop en laat lê die waslap daar vir ‘n ruk totdat die damp die hele spieël gevul het. Sy draai die kraan toe en verwelkom die vuurwarm lap in haar hande. Sy besef sy leef nog.
Stadig vou sy hom oop en waai hom so bietjie rond om van die ergste hitte ontslae te raak. “Byt op jou tanne meisiekind!”
Maddie voel of sy kan skree, maar sy weet sy kan nie vanaand die duur beddegoed met bloed bevlek nie. Die gemors moet af.
Sowat ‘n halfuur later kom sy pynlik stadig uit die badkamer beweeg. Haar gesig is nou skoon, maar dit is nou verskriklik seer. Haar regterwang en slaap voel geswel en sy wonder hoe sy dit gaan regkry om vanaand op haar linkerkant aan die slaap te raak. Nie net is haar ribbes aan die linkerkant baie seer nie, maar dis ook die kant wat gaan maak dat sy in Sy gesig moet vaskyk.
Dis koud. Die adrenalien is uitgewerk en haar hele lyk voel styf gespan soos ‘n snaar. Sy begin verskriklik ruk van skok en sy besef sy kort iets soet en warm in haar hande. Amper paniekbevange sit sy met mening af na die kombuis sodat sy die ketel kan aanskakel. Verby die kamer…en sy hoor sy gesnork.
“Die vermetelheid. Bliksem my des moers en gaan kruip in en slaap asof niks makeer nie”
“Maar dis mos sy ou laai daai”, stry sy weer met haarself.
“Stop dit! Ruk jou reg!”
Nog ‘n maal verskyn ‘n amper glimlag op haar gesig. “Dis waaragtig nie die eerste keer nie, Maddie. Jy moet mos van beter weet teen die tyd!”
Dis elfuur en die soveelste warm koppie soet koffie is in haar hande. Sy wens daar was iets wat haar nou nog kan besig hou want sy voel nie moeg nie. Net afgerem. Maar nie moeg nie. Die slaap kan for better or worse maar weg bly vanaand. Dis beter so. “Ek sal more slaap”
Terug kombuis toe. Nog ‘n koppie koffie. Solank daar ‘n warm koppie in die hand is het sy ‘n rede om nie kamer toe te gaan nie. “Ek moet nog gaan stort. My lyf voel taai”…
Maddie skakel die kombuislig vir die soveelste keer aan en sien weereens die rede ir haar pak slae vanaand. Toebroodjies. ‘n Donerse hoender mayo toebroodjie het haar vanaand ‘n sny so lank soos ‘n lipstiffiebuisie teen die kop gegee. “Maar Andries werk hard deur die dag, Maddie. Hoe kan jy nou vir hom toebroodjies wil gee vir aandete?”
Sy maak die laai van die kombuiskassie oop vir die soveelste teelepel. “Ginsu…dis die naam! My ma vra gereeld wat die naam van daai messe was wat op tv………”…en sy raak stil. ‘n Ewigheid gaan verby. Sy hoor ver weg honde blaf. ‘n Verlate motor wat soek na sy eie huis…’n snork uit die kamer…
“Wat is daardie nommer nou weer?”, vra sy haarself terwyl sy na die koordlose telefoon soek.
“10111, what is your emergency?”
‘Kom haal my seblief. Ek het nou net my man met ‘n mes vermoor”










Phibbie, ons gaan die naweek in Amanzimtoti wees, kom drink tee of iets sterker, of is julle karloos?
[Reply]
Dit is so jammer dat vrouens liewer stilbly en alles maar verduur en dit is dan die gevolge as hulle die dag die druk nie meer kan hanteer nie. Ek was gelukkig nog nooit in so ‘n situasie nie en ek glo dat as jy nog nie daar was nie, kan jy nie saampraat nie.
“Maddie” alle sterkte en kry hulp asseblief voordat dit te laat is.
[Reply]
Dis ‘n baie treffende storie. Dank die Vader dat ek ook nog nooit daar was nie.
Sterkte vir jou Anoniem, soos Pagoda sê, daar is opsies. Jy KAN hier uitkom.
[Reply]
Hierdie storie het my so diep geraak en Pagoda skryf met soveel siel… Ek ken dit nie self nie, maar dis asof ek arme Maddie se pyn kan voel. Wow! Mag hierdie storie andere help om weg te kom uit die situasie voor dit te laat is…
[Reply]
Weet jy Corne – ek het die storie geskryf (in net oor een uur) na ek gehoor het van ‘n vriendin wat rondgetimmer word by die huis.
Ek sou nie myself as ‘n verskriklike goeie skrywer sien nie; as ek enigsins talent het is dit afkomstig van my ma af. Die punt wat ek probeer maak is dat dit help om iets van die materiaal wat jy aanpak te weet voor jy begin skryf.
As ek EEN persoon kon help, of ten minste net mense aan die dink kon kry met die kort storie, is my werk gedoen…dan voel ek goed.
[Reply]
Elsa: Karloos en pappa op standby. so ons kan nerens heen nie. Pity. Die storie ruk so aan my hart en skep warboel van emosies. ENNNNNNNNN Pagoda: jyse briljante skrywer, moenie jouself kort doenie
[Reply]
Baie goed geskryf Pagoda.
[Reply]
Pagoda, jy kan maar windgat wees as dit by skrywe kom. Jy mag maar.
[Reply]
Hier op hierdie Werf is daar …..toemaar, sjuu, sjuu…
Pagoda, die styl is net so dem leesbaar, man. Dis wat ek like. Jy moet skryf, want jy HET die talent.
Anemie (anoniem klink bar), meisie – as jy vir jouself bly se dis oraait om by die etter te bly, gaan hy dink dis oraait om jou lewe op te mors. Eerste dinge, eerste…kom net eers uit daso. Later worry jy oor waarnatoe en of daar kos is.
Was nog nie daar nie, maar dit gee my genoeg rede om debliksim in te raak as ek so iets lees.
[Reply]
Ja ek voel vir die vrouens wat onder hul mans se lafhartige hande deurloop, maar my gat se deksel is hulle , gaan keer op keer terug na daardie moegoes.Ek ken so `n familie lid, haar man is `n moerse lafhart en moer har six love, maar sy wil niks weet van hom nie.Ja ek weet hy is gewetenloos en sal beslis moordpleeg as hy die kans kry.(Dis in hul gene)Ek het al gese ek sal like om hom met `n baseballbat plat en half bewusteloos te bliksem, en as hy daar le in `n semi-koma wil ek elke vinger breek sy hande pap slaan, sodat elke beentjie vermorsel is, en dan wil ek sommer op sy hande spring met my Cats en my voete draai op sy hande.Hy het hoeka al jare terug gedreig om my dood te skiet asook die wag by ons toegangs hek as die hom sou keer.Omdat ek hom aangevat het daaroor.
Ja as sulke vrouens die kans kry maak die bliksem vrek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
[Reply]
Nee, wag nou wag nou, Brein! Fokkit man, die girls kan in groter kak beland as waarin hulle dalk nou is. So paar jaar terug was dit mos `n ene Annemarie wat haar man versmoor het met `n plastieksak, nadat sy hom met duimboeie geboei het. Dit was `n lelike storie van seksuele mishandeling, slanery en dies meer EN sy was by verskeie instansies bv die polisie en howe om die bliksim te keer, maar niemand wou help nie.
Toe sy in die hof kom, word sy gevonnis – totdat die hof verdaag. Altesaam 5 minute. Ek dink dis great! Nie elkeen sal egter so lig daarvan afkom nie. Kom liewer net uit die vernietigende verhouding uit. As jy egter dink jy kan nie – dan kan jy seker nie. Net jyself kan jouself help. Daarna sal ek glo, die mense sal jou help, maar nie terwyl jy by die etter wil bly of wil bly teruggaan nie.
Groentee aan almal!
[Reply]
Ps Brein – die baseballbat klink effens lekker vir so etter!
[Reply]
Pss Brein, klink my jou voorvaders was in die mafia? Dan is dit seker Don Brein?
[Reply]
Sigeuner wat gemaak as die psycho sy gat afvee aan interdikte, en allerhnade wette en wat ook al ,ons sien dit op `n` gereelde grondslag opd ei ou einde het hy die vrou en moontlik die kinders die ewigheid ingestuur.Nee ek is ten gunste van die permanente eliminasie van so `n moegoe uit die samelewing.
Sigeuner nee my voorsate was Ossewabrandwagte.
[Reply]
Awe, dan`s dit Generaal DelaBrein…sal jy die psycho`s kom weglei?
Ek is ten gunste van chemiese kastrasie in so geval. Ek dink sulke etters is seksueel onvolwasse, daarom mishandel hulle enige-iets wat swakker of kleiner as hulself is. Kastrasie sal hom die les van sy lewe leer en sy hormoon aangedrewe agressie stuit. Ok , nadat jy natuurlik eers bietjie meddie kolf gesels het op sy skedel en so aan.
[Reply]
ja die goete gebeur daagliks en die weirdste is by almal ryk, brandarm en middelmatig. almal loop deur – en wat my deesdae tref, daar is ook vrouens wat hul mans timmer! en die arme drommel mag mos forsure nie gaan kla nie!! wie sal hom nou glo? MAAR BEWAAR DIE DAG wat hy terug slaan dan gooi sy hom in die tronk. Dis iets wat ouers van kleins af hul kinders moet leer: moenie sommer aan almal slaan nie! Moenie jou kind die violent flieks op die tv waar almal almal klap laat kyk nie! dis die teelaarde van die slaan generasie 15-20 jaar later.
Maar dan hoor jy gereeld ma’s en pa’s sê nee, wat die kind kan maar die 13 of 16 jaar fliek kyk, dis net bietjie slaan niks seks.
glo my die ouderdoms beperkings is eintlik veels te swak, moes eintlik tot 21 wees! laat jou kind nie dit kyk nie!
[Reply]
o ja Brein, ek stem saam – nie een steur hom juis aan die interdik as jy ‘n slaner is nie!
[Reply]
Hi Prok, lekker om jou ‘n slag raak te lees. Hoe gaan dit?
[Reply]
Ja dis my gat se deksel as die mans die vroue dik tik en hulle like dit.
So op n ander noot, die Barbie storie, ek ken n advokaat en hy vertel ons dat die “Barbie” acually baie slim en geleerd is.
Ek weet nie of Prok haar ken nie???
[Reply]
Ek meen actually
[Reply]
Goed geskryf Pagoda. Linda jy is reg – as jy nie self daar was nie kan jy nie saampraat nie. Dis my motto met baie dinge in die lewe
[Reply]