Langnaweek

Pagoda praat so van siektes.  Hier by my gaan dit net so rof.  Eers kry ek brongitis, en ek het net herstel en nou voel hier is alweer iets oppad.  My oudste sukkel al vir 2 weke met “laringitis”  net om gisteraand te hoor ons moet haar inboek by die hospitaal vanaand. Sy het ‘n abses agter haar mangels en nou gaan hulle dit dreineer en sommer die mangels ook uithaal.

En ek het plek bespreek vir die naweek by Leentjiesklip, nou moet julle net sien watter gejaag dit gaan afgee.. Ek en Kuifie het ‘n nuwe tent gekoop en die ding brand om ingewy te word.

Maar nou moet ons eers sien wat gebeur vanaand, maar ek gaan uitkamp, come hell or high water!

33 comments to Langnaweek

  • Lyk my almal is weg vir die langnaweek…???

    [Reply]

  • Phibbie

    Ja Koeksister ek bekyk die lot so hoor. Gelukkig gaan ek 3 uur huistoe

    [Reply]

  • Kalonkie

    lol – tent wat brand om ingewy te word – hoop van harte nie dit gebeur nie, anders gaan daar niks wees om in te wy nie . . .

    Hoop julle kom darem by Leentjie se klip uit die naweek, en dat jy nie hoef tent op te slaan in Ongevalle nie.

    [Reply]

  • Die abses is darem nou gedreineer en die arme girl kan nou weer eet en praat. mangels gaan blykbaar eers later uitgehaal word op ‘n ander dag, maar nou wil dit lyk of die weer ‘n stokkie in my tent-opslaan-en-inwy-planne steek.

    Nou hou ons angstig weathersa dop en kyk wat ons gaan doen…. eish

    [Reply]

  • Phibbie

    Ai tog koeksister. geniet dit wat julle doen in elke geval.

    [Reply]

  • Linda

    Koeksister, jy kan maar kom kamp. Die weer is nie te sleg nie. Ek gaan nou vanaand Paarl toe en kom Saterdag terug. Jy het my nommer. Bel my as jy hier is.

    [Reply]

  • Kuifie het ook nou-net gesê ons gaan, ek sal jou bel. :)

    [Reply]

  • :lol: Hoekom het jy en Kuifie dan elkeen julle eie tent?

    [Reply]

  • Ysfox

    Koeks, as julle nou terug is van die kampnaweek af, hoop ek nie ons kry oor 6weke ‘n advertensie ini cape ads wat ‘n tent virre stootwaentjie wil ruil nie :lol: Hoop julle kon darem die tent inwy! En eks bly jou dogter is beter :)

    [Reply]

  • Sigeuner

    Waarom, o waarom po dees aarde, noem hulle dit `n stootwaentjie?

    [Reply]

  • Heheh Demoerin

    :lol: @ Ysfox , ek’s ‘n sportsmodel, geen kanse van ‘n stootwaentjie nie. Hehe

    Ons het toe die tent ingewy, en sommer behoorlik, die girls het by die huis gebly, so ek en Kuifie het ons weer verbeel ons was jonk en jikkerig. Almal daar het ons gespot dat die tent gaan skuif tot onder die bome elke keer as ons tent toe verdwyn.

    Maar dit was lekker, jammer ek kon toe nie by jou uitkom nie Linda!!!. :(

    [Reply]

  • Ysfox

    Great Koeks! Ek neem aan daar was nie tyd vir pics neem nie…ek bedoel nou van die landskap, nie enige ander skape nie :lol:

    [Reply]

  • Haha Ysfox, kamera by die huis vergeet >>>sug<<<<

    [Reply]

  • Anniegetyourgun

    Ag die kamp klink so lekker Koeks. Ons was so lanklaas weg want vandat Ingilsman se oudste bloedjie ook nou Londen toe is, het ons niemand om na die diere en huis om te sien nie. En ek los nie Fishpaste sommer net so aan enige een se genade oor nie. Maar ons gaan 22 Mei Mabula toe (het verlede jaar tyddeel daar gekoop). Ons was nog nooit daar nie en Ingilsman sien baie uit. Ek spook net om ‘n betroubare housesitter te kry.

    Ek is so teleurgesteld in gisteraand se Idols. Ek gaan dit nooit weer kyk nie. Jason moes loshande gewen het. Hy het die hele kompetisie kop en skouers bo die ander uitgetroon. :sad:

    [Reply]

  • Ek is net so teleurgesteld, Kuifie het bedonnerd opgestaan en gaan shower, hy het gesê hy moet liewer loop voordat hy die tv stukkend slaan, hehe

    [Reply]

  • Ysfox

    :lol: Koeks, ai man, dis ‘n jammerte, sou graag wou sien hoe dit daar lyk. Anniehet, ek sal jou huis oppas, gratis, voer my net in :lol:

    [Reply]

  • Anniegetyourgun

    Ai Ysfox. Dis darem ‘n jammerte jy bly so ver. Fishpaste sou graag ‘n fox vir ‘n slaaf wou hê :wink:

    [Reply]

  • Ysfox

    Annie se katvis se slaaf… tsk, hy sal hom wat verbeel :twisted: :lol:

    [Reply]

  • Ysfox, die plek is langs die Strandloper, tussen Langebaan en Club Mykonos. Baie lekker so langs die lagoon. :)

    [Reply]

  • ((((((Linda))))))) Baie, baie geluk met met jou verjaarsdag verlede Saterdag!!!! :) :)

    [Reply]

  • Anniegetyourgun

    Ag nee!!!!! Nou hoe het ons dit gemis? Baie geluk Linda!!!

    [Reply]

  • Ysfox

    Skuus Linda, ek heti geweet jy het verjaar nie, baie geluk!

    [Reply]

  • En geluk Linda ook van my kant.

    [Reply]

  • Ek stem saam JASON moes wen, die ander kleuriges wen dit dan neem hulle dit nie verder nie, gee dit eerder vir iemand wat n loopbaan verder wil neem.

    [Reply]

  • Linda

    Baie dankie vir al julle goeie wense. Koeksister, jy en Kuifie het op ‘n lekker paartie uitgemis.

    [Reply]

  • Phibbie

    Baie baie geluk Linda. Mag jy geseen word met liefde, gesondheid, rykdom en als wat jou hart begeer.

    [Reply]

  • Linda

    Ysfox, as jy in die Kaap bly is Langebaan net 140km van jou af. Jy kan sommer vir die dag deurkom. Jy is baie welkom.

    [Reply]

  • Ysfox

    Dankie Linda, ek gaan beslis eendag kom draai maak. Dis mooi wêreld daai kant, met vriendelike mense :)

    [Reply]

  • Ai, Linda. Ek is tog so jammer, maar ek het die heeltyd aan jou gedink.

    [Reply]

  • Ysfox

    Koeks, ek het ‘n briljante idee! Jy en Kuifie laai julle tent, ek laai my tent en my welpie, dan trek ons laer daar in Linda se voortuin onder die roosboompies :mrgreen: maar of julle of ons sal ons tent met eierboksies moet uitlê, want ek wil NIKS hoor nie :lol:

    [Reply]

  • :lol: Hey, daardie opblaasmatras is so goed soos eierboksies, het net geen raad vir die gesteun nie… :wink:

    [Reply]

  • Linda

    Julle is meer as welkom!!

    [Reply]

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>