Punteleer na Vraag 4

Daar was MASSA werwing toegepas deur twee deelnemers gister.  Hoeveel van hierdie deelnemers die kompetisie enduit gaan meemaak sal mens seker maar moet sien, maar die reels is die reels.  Elke verwysing het vir jou twee punte in die sak gebring.  Enige volgende kompetisies sal dalk meer punte in jou sak bring vir ‘n suksesvolle verwysing, maar dan sal die deelnemer ten minste die kompetisie saam met ons tot by die halfpadmerk moet meemaak!  Dit daar gelaat! ;) Welgedaan!

Sommige ander het hulle speurvernuf goed toegepas net om oor die laaste hekkie te struikel!  Die TWEEDE Werfetter mensies…die 2de ene…. :oops:   Platkuif was Augustus 2008 se WE en Essop Pahad was September 2008 s’n…

Sommige ander se Blackberries (hoes *Emil*) wou nie saamspeel nie en in die daaropvolgende e-mails kon ek sien die man is dik teleurgesteld!  Soos sy comment se – “DOODSKOOT!”

Maar sien…die dinge gaan nou nog warmer raak.  Ek het dit al gese en ek sal dit weer se…sommige rondtes sal maklik wees en ander, wel, nie so maklik nie.  Punte toekenning gaan van so aard wees dat diegene wat dink hulle is uit die “running” wel kan terugkom met ‘n BANG!  Die geheim is om nie ‘n vraag te mis nie!

2 comments to Punteleer na Vraag 4

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>