BBash Kompie – Vraag 5

Soos beloof – hierdie is ‘n rondte wat of al jou harde werk kan gedaan maak of jou stewig in die saal kan plaas!

Ek het jellybeans in my sakke! Maar hoeveel? Muahahahahahahahahahahahaha!

Lees versigtig ASSEBLIEF!  Moenie die bone in die prentjie tel nie – jy GAAN jou gat sien!

Elke deelnemer begin met 300 punte!  Lekker, nè? WAG! Hier is die crux!

Jy moet ‘n raaiskoot waag tussen 100 en 250.  As jy in die kol is met jou raaiskoot kry jy die volle 300 punte.  Vir elke boon wat jy die regte nommer mis, verloor jy twee punte.  Teoreties gesproke – As jy 250 raai en ek het 150 op my lys verloor jy 300 punte en kry jy niks! Maar, as jy 160 raai en ek het 210 in my kluis gebere is jy effektief 50 bone uit die kol uit, word 100 punte van die 300 afgetrek en word jy steeds 200 punte gegee vir jou probeerslag!

Kapish? Verstaan nog nie? Lees weer! Dit sal sommer nou nou sense maak!

En net om te wys ek kan games speel soos Brainbox – ek gee die ou wat 100% in die kol is met sy antwoord ‘n bonus 50 punte!

Mail die onderstaande lysie na diewerf@live.co.za

Vraag 5 (VYF)

Naam:       ________________________________________

Blognaam: ________________________________________

Raaiskoot: _(tussen 100 en 250)_____________________

Verwysings is iets van die verlede! Jy’s op jou eie!  Ek is ‘n siek werfetter….. Muahahahahahaha!

PS! Ek kroek nie! Ek het nou net vir Brein my antwoord gemail, so hy weet hoeveel ek in my kop gehad het VOOR ek die vraag geplaas of enige antwoorde ingekry het!  Ek het dit ook vir Anniegetyourgun gemail sodat daar ten minste nog een persoon is wat die finale antwoord kan staaf!

22 comments to BBash Kompie – Vraag 5

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>