Die nuutste (? Afrikaanse) modegier: Lieg en bieg. Die volk slurp die sages op- elke nuwe week bring nuwe onthullings. Huisgenoot se sirkulasie skiet die hoogte in en HEAT, Sondag ,Glitteratie en Rapport soek elkeen ook ‘n deeljie van hierdie koek. Self die meer respektabele media soos Carte Blance en Kwela moet mee doen aan die sirkus. ( Knyp die kykgetalle?)
Nou wie van die drie here se sondes was die grootste? Kan ons dit kwantifiseer? Kan ons dit enigsins vergelyk?
My volgorde sou wees ( Van ergste tot minste) : Hansie , Joost , Steve.
Hansie het die hele volk verkul, belieg, homself krimineel verryk- dit , terwyl hy die heersende Protea kaptein was.
Joost het sy vrou verkul., is ontbloot deur ‘n waglike kriminele daad ( die neem van video materiaal met die doel om af te pers) maar daarna hom aan moonlike kriminele gedrag skuldig gemaak in ‘n poging om dit te verdoesel( die vals leunverklikker toets , leuns,ens).
Steve het net sy vrou verkul.
Wat dink julle?










Hansie is eintlik die minste skuldig – dit was immers die duiwel se skuld.
Steve en Joost gald nie skuldig nie – immers Blou Bulle
[Reply]
demoerin Reply:
November 11th, 2009 at 6:43 am
[Reply]
Toast Reply:
November 11th, 2009 at 6:57 am
@Emil, Dan is hulle seker al drie onskuldig
[Reply]
Ek sou sê al drie ewe skuldig. ‘n Poephol bly ‘n poephol – daar is nie verskillende grade nie.
[Reply]
Sonde is sonde
[Reply]
Daar is nie groot sondes en klein sondes nie. Sonde is sonde.
[Reply]
Wat van n bietjie GENADE? Jimmel, die manne is net menslik!
[Reply]
Pre-SIES!
En as sonde sonde is, wie is ek om te point?
Bv. : “Jammer, my skat, maar ek het bietjie rondgeloop en gesnuif en fuif en…”. Toemaar liefie, ek het gistermiddag 10 minute langer etenstyd gevat (en dus 10 minute by my werk GESTEEL waarvoor hulle my betaal!).
[Reply]
???? “Sonde is sonde” + “ons is almal sondig” – gooi dit bymekaar en almal(insluitend onself) is ewe skuldig/onskuldig. Nou hoekom kla almal oor moord, verkragting, owerspel ens as alles dieselde is en almal ewe skuldig is?
[Reply]
Joost het sy vrou verkul en Steve het sy vrou verkul – en al het Joost homself nog verder aan ander kriminele gedrag skuldig gemaak: dit bly egbreek.
Steel jy 5 min by jou werk of 10 min – dit bly diefstal.
Vermoor jy ‘n kind of ‘n grootmens – dit bly moord.
[Reply]
Toast Reply:
November 12th, 2009 at 10:37 am
@koeksister, Linda sê :”Daar is nie groot sondes en klein sondes nie. Sonde is sonde.” Jy eggo hirdie sentiment met: “Sonde is sonde”.
Dus basiese wiskunde sê dat 5 min steel by jou werk= moord= owerspel = verkragtig= einige ander sonde.
[Reply]
koeksister Reply:
November 12th, 2009 at 11:36 am
Jou vraag aan ons was: wie van die 3 here se sondes is die grootste? My punt: ek kan nie sê ja dit is Hansie of nee dit is definitief Joost nie. Om te oordeel kom my in elke geval nie toe.
Daarom: sonde is sonde. Ek verstaan presies jou punt wat jy vir my wil sê. Obviously kan jy nie 5min steel by die werk met verkragting of iets soortsgelyk vergelyk. My wiskunde is maar vrot, maar het jy nie bedoel die grade van die een spesifieke sonde (egbreek) nie??
En ek het nie hierdie sentiment ge -eggo nie
[Reply]
viva Julius!
viva Tshwane!
viva Earl rose!
Viva chopper!
[Reply]
demoerin Reply:
November 12th, 2009 at 12:37 pm
Nou wat van Zuma, Mugabe en Winnie?
[Reply]
Antagonisme o Antagonisme!
Voor ek uitbrei.Dis darem maar snaaks vir mense wat nie aan die Bybel glo nie en dit afmaak as `n feë verhaal en fiksie, waarom kloof jul hare oor sonde?Dan bestaan daar mos nie so iets soos goed of kwaad nie.
Die eerste sonde wat ooit gepleeg was , was ………………hoogmoed deur Lucifer homself.En ek glo dis die grootste sonde wat daar kan wees. Eva en die res van ons is bloot net ongehoorsaam.Daar doer in die begin staan “die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou, MAAR jy (ons) moet daaroor heers en die loon van die sonde is die dood.
God kyk nie net na ons sondes nie, maar baie dieper as wat enige een van ons na Steve, Joost of Hansie sal kyk., HY kyk na die dieptes van die hart. Sommige dinge wat ons doen is dalk net foute en nie sonde soseer nie. Die groot swart boek sê bely aan mekaar jul sondes, die wat ons teenoor mekaar maak , bid vir mekaar en vergewe mekaar.Maar daar is ook sondes teenoor God wat ons net tussen hom en ons moet uitsorteer.
Mense vergeet nooit, maar dankie tog GOD doen en wis dit totaal en al uit sy geheue as jy opreg en werklik berou daaroor het. Dankie HERE dat u GOD is en nie een van ons nie, want U weë is nie ons weë nie enU gedagtes nie ons gedagtes nie.Sonde is bloot wetteloosheid , ongehoorsaamheid en eie begeerlikhede wat na vore kom.Daar waar jou hart is daar sal jou skat ook wees.
In een van die profetiese geskrifte van die swartboek maak GOD `n uitnodiging en sê “Kom nou (Steve, Joost, Hansie, Die Brein en wie ookal wil) laat ons die saak uitmaak, sêdie Here: al was jul sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal wit wors soos wol.
Weet jul wat Steve, Joost en oorlede Hansie wat vir my steeds `n rolmodel is ek kon leer uit sy foute.Jul hoef net een keer opreg en met `n “geskeurde hart” God omverskoning vra en dit laatstaan.Vra maar die mense ook omverskoning en vra hulle vergifnis en vee jul gate aan die af wat “ja maar”.
Hansie was groter as Steve en Joost, want hy het met die hele sak patats vorendag gekom en niks in die geheim gekoester nie.
Ek weet nou nie of dit `n fax, mail of brief was nie, maar in dieselfde Swartboek het `n ene Paulus wat met `n apostolaat belas was die skrywe gerig aan die Romeine en gesê: want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God!
So wat ons moet doen is vra ,kry en aanvaar vergifnis.Maak `n 180 grade omekeer en nie 360 grade nie, want dan gaan jy maar net weer aan op die selfde ou paadjie.
So terloops wie is die volk wat Hansie kwansuis verkul en belieg het? Is dit nie dieselfde ouens wat sy vriend, buurman, broer, suster ens beskinder en vertrap nie?Maak dit nou van hulle groter wesens as die Allerhoogste?Ek of niemand wat ek ken het enige iets verloor of was tengronde of het gebrek in enige vorm gely agv Hansie se dade nie.
Ek neem die ouens nie kwalik nie, want ek sou moontlik dieselfde gedoen het as ek in hul skoene was.Veral Steve en Joost want “Ek like girls!”
[Reply]
Toast, verkeerd bly verkeerd maar dit is nie vir my om ander mense se oordeel nie. Dit is hulle saak met hulle mense en teenoor God.
Hallo Brein.
[Reply]
Sjame…en hier sit almal in sirkels en raai-raai wie was so stout en speel. En in die meantime lag al wat rabbi, pous, dominee en christen wat sonde predik in hul mou.
Waddemoer is sonde?
[Reply]
Knik – Brein
Hallo Linda!
[Reply]
Ek het ‘n eenvoudige uitkyk.
Hanie, Joost en Steve het gesondig. Dit moet hulle met hulle God regmaak. As daardie reggemaak is is alles mos nou spiekeries.
Op menslike vlak kon ek sien dat Hansie die ding erger verwerk het as enigeen van die ander twee. Die ou het diep berou getoon en het op die ou end nie eens kans gehad om sake op die lang termyn met die publiek reg te maak nie. Ek voel dus ek kan Hansie (en ek het ook) makliker vergewe.
Joost het gelieg, en daarvoor moet hy verantwoording doen. Dit is nie wat my pla nie, wat my pla is hoe hy ‘n middelvinger vir sy fans gewys het en elkeen wat self die beelde gesien het wou vertel dat hulle onnosel is – “Dis nie ek nie!”… Wat wel vir my ‘n riem onder die hart is is hoe die ou die ding nou verwerk en hoe hy probeer om reg te maak. Hoeveel daarvan ‘n bemarkingsfoefie is sal net hy weet…
Steve – wel…ja, sy sonde lyk “kleiner”…maar!
Tot vandag toe wys hy steeds elke dag vir almal ‘n vet middelvinger. Blameer ander vir sy probleme, eien nie die die huidigee stand van sake aan homself toe nie. Ek dink dus – uit die 3 (ongeag die “graad” van sonde) – dat Steve die grootste poephol is.
[Reply]
Hallo Pagoda
Dis dalk glad nie so eenvoudige uitkyk nie – dalk net meer menslik. Op die lange duur gaan dit jouself net minder seermaak om dit so, soos jy dit sien op alle mense toe te pas.
Nogtans. Kan iemand nou mooi verduidelik wat “sonde” is. Wat is regtig sonde?
Wat is sonde as jy die bybel wegvat?
Wat is sonde onder christenskap?
Wat is sonde onder Hindoeskap?
Wat is sonde onder Budhuskap?
Wat is sonde onder Moslemskap?
…en Joodskap?
….en Jehovaskap ens. ens. ens?
Waar kom die norm van sonde vandaan?
Wie het die norm van sonde bepaal?
Hoeveel gelowe en godsdienste bestaan op aarde en hoeveel van elkeen se riglyn verskil met die volgende en die volgende en die volgende een?
Hoeveel het die sonde-norm al verander vananf die 13de eeu, die 15 de eeu, die 17de eeue tot vandag toe?
Hoe kan mens `n ander veroordeel of katagoriseer as jy dit eintlik net aan jou eie klein wereldjie se norme meet?
Daar is vir my geen groter “sonde” as om blind en mak deur die lewe te gaan nie.
[Reply]
Sig ag kom nou jy is mos groot as jou kind vir jou zapsign gooi en jou vloek of jou man jou verneuk met jou suster en jou pa jou ma slaan en verkleineer en emosioneel aftakel is dit goeiewerke?
Jou gesonde verstand en oordeel sal dit vir jou sê.
Pagoda ek stem saam met jou.
[Reply]
Daar was 29 comments en nou net 21. Vier van my comments is net “weg”. – hoe dan nou?
[Reply]
Huh?
[Reply]
Toast Reply:
November 16th, 2009 at 14:28 pm
@Pagoda32, Huh? is my vraag.
Daar was ‘n skermutseling tussen Brein en Boernig- en ‘n paar van daai comments is ook weg.
So wie kan almal Admin speel?
[Reply]
Toast Reply:
November 16th, 2009 at 16:32 pm
@Toast, Ek het ‘n rekord van die relefante vermisde comments- sal ek dit weer hier kom plaas?
[Reply]
Pagoda32 Reply:
November 16th, 2009 at 17:42 pm
@Toast, Stuur vir my! Sal graag wil sien hoe die dinge in mekaar steek want as daar comments gedelete is sonder my medewete beteken dit dat iemand sonder toestemming God speel hier rond. En dan spat die tjol…
[Reply]
Steve het dinge met sy God uitgeklaar. Hy skuld vir Pagoda nie veskoning nie.
Sy stryd en ontevredenheid met die pers en blogs is vestaanbaar en sy middelvinger kan hy maar wys.
[Reply]
Pagoda32 Reply:
November 17th, 2009 at 12:17 pm
duidelik mis jy my punt en is jy uit om stront te stook. So jy ek gaan jou nie antwoord nie…
[Reply]
Gaaaaaaaap ….
Hallo werflinge!!!!
[Reply]
koeksister Reply:
November 17th, 2009 at 13:35 pm
Hi Annie
[Reply]
Toast Reply:
November 17th, 2009 at 16:09 pm
@Anniegetyourgun, Annie -get-ur-gun…….
[Reply]
HI Annie dis goed om te sien jy loer nog in
[Reply]
Hallo Annie. Ek het jou gemis.
[Reply]
Slapgat fokkirs.
[Reply]
phibbie Reply:
November 18th, 2009 at 8:25 am
@Boernig, Wie Boernig? Kan jy aan die skryf kompetisie deelneem?
[Reply]
Boernig Reply:
November 18th, 2009 at 8:57 am
Phibbs, digters het nie keuses nie. Ek sal seker moet uithaal en wys.
Slapgat Fokkirs is sommer net `n ou Boernig gesegde…sommer niks.
[Reply]
Wie? Steve, Joost en Hansie?
[Reply]
Boernig Reply:
November 18th, 2009 at 8:54 am
Hmm, seker almal. Proes!! Jy weet, ne?
[Reply]
Hansie het aangejaag – verantwoordelikheid gevat en gebieg
Joost het aangejaag – halfpad verantwoordelikheid gevat en halfpad gebieg
Stefaans het aangejaag – maar weier om verantwoordelikheis te vat en blameer almal
I rest my case
[Reply]
okay ek sal ook Judge speel – as jy nou die mense moet beoordeel aan hul skuld (want dis wat Toast se vraag was) Hansie het veroorsaak dat krieket altyd verdag gesien sal word – hyt bedrog op hoë vlak gepleeg en homself verryk – was hy 100% eerlik? ek glo nie, min is oot in daardie posisie wat te verstane is.
ej ek stem saam met Toast dat die ander twee net hul vrouens bedrieg het – huishoudelike aangeleentheid, nie strafbaar deur die reg!! En as ek in Steve se geval moet sê, hy is sekerlik die swaarste gestraf en die media straf hom steeds! want as hul moet erken dat hul eintlik karaktermoord op hom gepleeg het om ‘n gewillige flerrie te verheerlik, sal hul baie duisende rande verloor in die siviele saak! hul kan nie, daarom point Steve met reg steeds die vinger na hulle. Muffia, jys verkeerd, gaan terug na die eerste Huisgenoot waar Steve inderdaad gebieg het! Hy het sy vrou verneuk maar hys lief vir haar en wil alles doen om sy huwelik te red. Toe kom Rapport met flerrie hoofblad en Huisgenoot spring saam ini kooi. Res is history. Hy het gebieg, hys net nie vergewe omdat hy hul gewys het op hul fout. Dit is ook ‘n skending van die hele openbare belang – dit behoort ook gestraf te word soos Hansie sn want almal lei daaronder (dit kon ek of jy gewees het wie se karakter vermoor is! Die siek speletjie wat hul nou doen is om absoluut ‘n held van die Kaptein sanger te maak, Hy word in elke boek en koerant in ons kele afgedruk hoewel hyself sê hy LUISTER NIE AFRIKAANSE MUSIEK NIE want hys Engelsman. Pleez. Nee wat van die hele spul vind ek skuldig die Pers. Die ander mense het almal klaar hel op aarde gekry, en die pers rol ini geld. Ander een is Jurie – as hy skuldig is, vir pedofiele het ek nie jammerte nie. As jy weet jy raak opgewek deur kinders, gaan bly alleen op ‘n eiland. Los die kinders uit.Hallo Brein, gaaf om jou te lees.
[Reply]
Dankie Prok.
[Reply]
Juffrou tydens seksvoorligting :
“ Luister maatjies, die lewe en die liefde werk so: Alle seuntjies is met sleuteltjies geskape en alle dogterjies met slotjies. Net een sleuteltjie word gemaak vir elke slotjie. Slegs Joost en Steve is elk geskape met n loper”
[Reply]