UPDATE: Sluitingsdatum – 30 November 2009
Die reels is eenvoudig.
Skryf ‘n kortverhaal in een van die kategoriee gelys en stuur dit per e-pos na diewerf@live.co.za
Dit moet tussen 1500 en 4000 woorde beslaan.
Kies tussen een van die volgende kategoriee:
- Romanse
- Humor
- Ware lewensdrama
- Gruwel
- Staaltjies
- Poesie
In die geval dat jy kies om te dig is jy nie gebonde aan ‘n sekere hoeveelheid woorde nie. Doen egter die moeite om ‘n kort beskrywing van jou gedig in te sluit sodat die beoordeelaar weet waarna hy / sy kyk. Jy sal nie benadeel word sou jy verkies om ‘n gedig in te stuur nie.
GEEN van die stories gaan hier gepubliseer word voor die kompetisie nie sy gang geloop het en die wenner aangewys is nie.
Al die stories wat ingedien word sal die gemene eiendom van die skrywer en Die Werf word. Die stories kan (en sal ook) van tyd tot tyd hier geplaas word vir almal om te lees.
Al die stories sal na die kompetisie sy gang geloop het en die wenner aangewys is in ‘n bundel saamgevat word en vir “download” vrygestel word – gratis (vir die nabye toekoms).
Die prys sal ‘n R500 geskenkbewys van Woolworths wees. Geskenk deur Anoniem
En daar is net een prys…daar mag wel ‘n tweede prys wees vir die naaswenner, maar dit sal dalk iets in die lyn van ‘n nice bottel wyn (of iets anders in daardie lyn) wees.
Die beoordeelaar sal bekend gemaak word sodra die sluitingsdatum aangebreek het. Dit sal ‘n persoon wees wat GEEN bande met Die Werf het nie, geensins hier uitgehang het oor die laaste twee jaar nie en hy / sal sal onafhanklik kan optree. Die beslissing sal finaal wees.
JY MAG MEER AS EEN STORIE OF GEDIG (OF BEIDE) INSTUUR AS JY SOU WIL. Meer as een inskrywing verdubbel jou kanse
.
Laat weet soveel mense as jy wil.
Ek tag die volgende 6 mense om ook elk vyf te tag…
Emil, Johan, Dellie, Zee, Mnr Kroese, Flatwhite se ouens










Ek is in – Jy moet ons ‘n sluitingsdatum gee.
[Reply]
demoerin Reply:
November 18th, 2009 at 6:55 am
Was my eerste gedagte…
[Reply]
Eks ook in.
[Reply]
Eks ook in
[Reply]
phibbie Reply:
November 18th, 2009 at 8:27 am
@phibbie, Uhmmmm gaan ons gepenaliseer word oor ons hier skryf ook
[Reply]
[...] 18, 2009 · Geliasseer in Pret, Skrywers, Snaaks, Sommer net Die Werf het ‘n skryf kompetisie aan die gang en ek is getag om saam te [...]
[...] Die Werf het ‘n skryf kompetisietjie aangekondig, wat sommer vet pret gaan wees. [...]
Wanneer is die sluitingsdatum?
[Reply]
O ja, moet dit in Afrikaans wees of is ander tale soos Ingels ook okay?
[Reply]
Ek sou verkies dat dit in Afrikaans is, maar ek’s seker ons kan Engelse kortverhale ook toelaat.
[Reply]
Sluitingsdatum nou bo-aan die post. Ek weet die tyd klink min, maar jy kan ‘n kortverhaal van 2000 woorde in 4 ure verwoord en as jy nog ‘n dag neem om dit af te rond gee dit jou genoeg kans om ten minste 5 stories te skryf in daai tyd!
[Reply]
Wonder ekke nou…. moet dit heelemal nuut wees ?
[Reply]
Pagoda32 Reply:
November 18th, 2009 at 13:29 pm
verkieslik ja. Tensy jy natuurlik julle tandemstorie so bietjie wil aanpas!
[Reply]
Ek’s ook in.
[Reply]
Afrikaans
Poesie
Staaltjies
…en as die tyd dit toelaat, `n gruwel van hoe dit voel om doof te wees…vokkit, die einde sal seker so klink…dissie lekke nie, dis al.
EK IN!
[Reply]
Vanaand luister ek met special earphones ennie pc na Peter Mitchell se HAMLET BY NIGHT. Dis verby klankgrens mooi.
O ja, een ou gedig was mos vir hom. Borshare of iets.
[Reply]
Skuus om te interrupt!
Kom pik ‘n traantjie. Kom wip ‘n woordjie. Kom se koebaai.
http://delliesedinge.wordpress.com/2009/11/18/dont-cry-because-its-over/
[Reply]
Sorry, Pagoda, ek kan nie tag nie. My blog eindig. Goed gedaan daar met die subteks, vriend!
[Reply]
Pagoda32 Reply:
November 24th, 2009 at 12:46 pm
Ek’s baie jammer om te hoor ek het reg gelees…
[Reply]
Julle wil nie dalk oorweeg om tog maar die deëlteken by te sit by “poesie” nie?
[Reply]
Pagoda32 Reply:
November 26th, 2009 at 15:44 pm
my laptop willie!
[Reply]