Net jammer te veel mense vergeet die blerrie woorde, sing dit soos die poephol met die SA / Frankryk toets en trek die koord van die amplifier uit met een chorus om te gaan!
Hierdie was ‘n mal jaar. My voete het byna nooit grond geraak nie.
My laitie is amper 2!! FOR F SAKES! 2!!!!! Waarheen gaan die tyd?!
Tussen al die lag en hard praat deur met al Jacques se manewales verander ek van werk, pak nuwe projekte weg van die internet (en op die internet) aan – met gemengde resultate – en probeer om ‘n gesonde balans tussen huishoudelike probleme, familie stress en werk gemors te handhaaf deur myself los te skeur van die gemors en met ‘n krieketbal in die hand op ‘n slagoffer af te pyl. Tot dusver klou ek net net aan my sanity.
Ons het al vantevore geraak aan die feit dat die lewe te dol geraak het. Vergelyk ons lewens vandag met die lewe van die average stadsjapie 70 jaar gelede en mens sal skrik. Mense wat vandag op plase bly se stressvlakke is baaaaie hoer as diegene wat destyds in stede gebly het. As mens dan kyk na hoe plaasjapies van 70 jaar gelede die lewe hanteer het…joh! Ek wens soms ek kon in daardie tyd grootgeword het…weg van selfone, tv, gate in osoonlagies, Handy Andy wat “fizz”, karre wat soos vliegtuie lyk en in baie opsigte vinniger vlieg as die gevleuelde soort, 1 jarige kinders wat weet hoe om tv’s aan te skakel met die afstandbeheer, ens.ens.ens.ens
En nou is ek nog siek ook. Upper respiratory infection – lang naam om vir jou te se dat jy somewhere along the line sal moet ophou rook. Maar hoe hou mens op as jy weet dat jy (met jou huidige stressvlakke) bitter na daaraan is om iemand na die lykshuis te stuur in ‘n oomblik van waansin wat aangebring is deur ‘n nikotientekort? Ek wetiemerie…
Die lewe is ‘n lied.
Goddank my stem is weg terwyl ek siek is…










As jy gaan ophou rook, gaan jou stressvlakke die hemel inskiet, of jy nou wil of nie. Ek het ontlont deur die hosepipe te vat en die gras nat te maak, of dit nou nodig was of nie. Het die groenste grasperk op die blok gehad, jy sal die stress en “spanning” wel op ‘n manier kanaliseer.
When the going gets tough, troos jou daaraan dat jy graag vir Jacques wil sien wanneer hy 20 is…..
Stuur bietjie ‘n updated kiekie van hom??
[Reply]
Ek sal ‘n nice fodie van hom neem oor die naweek en hier plaas.
Trust my – al wat help wanneer stressvlakke begin raas is VIOLENCE! Dis hoekom ek krieket speel. Frustrasie word uitgesort deur ‘n kolwer in die ribbes te peper met ‘n bal en dan, sodra dit my beurt is, die boulers hulle balle op ‘n ander veld te laat optel. ‘n Tien minute kolfsessie laat my lyk asof ek 30 minute op “sprint” op ‘n treadmill gedoen het!
[Reply]
[Reply]
Of mediteer, Koeksissy?
Ja, ons het bietjie te lanklaas `n pic van Jacques gehad oppie Werf. Hoog tyd, siende dat jy nou SIEN hoe die tyd vlieg.
Sanvitone – enchancing your lung function.
The lungs are in constant pressure to cope with the negative effects of today`s multitude airborne pollutants. Salvitone`s combination of antioxidants, minerals. vitamins and lactic acid bacullis, reduce the oxidative strress in lungs, caused by breathing fuel emissions, chemicals, smoke and other free radicals.
. Asthma
. COPD Bronchitis
. Smokers lungs
. Resparotory infection
Nou le hierrie pamflet reg onder my neus, toe ek so bietjie kom screen blaai. Seker maar vir jou bedoel, Pagoda. Ek rook nie – ek vuur egter as ek kwaad is…eh eh! Na ek 17 jr al opgehou het met rook, is die naakte woede soms so helemal in my en ek moet se, `n hosepipe tussen my plante is nogals kalmerend.
Het selfs pyp en sigare gerook, toe ek nog verpleeg het. Ek dink die pasiente het so gou herstel om net van my rokende asem weg te kom. Rook stink!!
[Reply]
Kom kom Pagoda’tjie…. join my, dit is nou al 6 dae… en counting.
Ja, ja ek sal erken dat my moermeter so bietjie meer in die rooi draai in die verkeer… en dat ek soos ‘n flippen ruspe vreet… MAAR, ek het Saterdagoggend vir die eerste keer in meer as 17 jaar weer koffie ordenklik geproe… en dit raak elke dag beter!
[Reply]
Sterkte Pagoda. Ek weet watse hel dit is om op te hou. Ek moes mos ophou oor ek kroniese asma gekry het. En by the way – niks proe vir my beter nie. Anyway, ek wil eerder nie comment nie. Nadat ek 3 maande opgehou rook het, het ek weer (weens stres) hier en daar begin rook. Net ‘n roker weet watse verslawing dit is, maar ek weet nou ek kan en ek gaan weer! Lees Alan Carr se “Easy way to stop smoking”
[Reply]
demoerin Reply:
November 23rd, 2009 at 9:35 am
Net so Annie… net ‘n roker weet hoe moeilik dit is… MAAR, weet ook hoe besonders sterk jou wilskrag kan wees as dit moet. Die brein is ‘n snaakse ding, hy maak jou somtyds dinge wys wat nie waar is nie…… soos dat jy “nie kan nie”
[Reply]
sterkte. Maar ek weet jy sallit maak. Jy het nog helemal te veel stout wat glinster in daai ogies
[Reply]
Sterkte en word gou gesond. Gelukkig het ek nog nooit gerook nie.
[Reply]
Snaaks hoe Pagoda nou die hele gesprek hier vermy
[Reply]
Ek vermy niks – Demoerin. Ek het al ‘n paar keer probeer ophou maar uit deernis vir my vriende en familie eerder maar weer die spykers opgeneem sodat lewens gespaar kon bly!
Iemand (
) het vir my “die boek” gemail…sal hom lees en kyk waar ek eindig!
[Reply]
demoerin Reply:
November 24th, 2009 at 6:57 am
“die boek”
Die besluit bly ultimately joune, niemand kan jou dit maak doen nie.
[Reply]
Pagoda32 Reply:
November 24th, 2009 at 9:28 am
dis waar – maar ek het hulp nodig. Hopelik gee die boek die riglyne wat ek nodig het om dit pynloos en sonder “loss of life” te doen.
[Reply]
demoerin Reply:
November 24th, 2009 at 11:03 am
Wel ek sal albei my duime vashou vir wanneer jy besluit het.
[Reply]