‘n Agelowige ” GESEENDE KERSFEES”

Tot die krediet van ons antieke voorvaders , het hulle deur observasie van die die sterrehemel en ‘n studie van die natuur , ‘n diepliggende verstaan ontwikkel van natuursiklusse. Tyd was vir hulle siklies, eerder as linieer. Die mid winter donker dae was ‘n tyd om te rus, klere te maak, implemente te herstel , stories te vertel rondom die vuur, ‘n tyd vir lag en kuier… en te beplan. Die skure was gevul, die spense vol gemaak- dit was ‘n tyd om fees te vier en te kuier.

Die Kersfees datum het sy oorsprong uit antieke Romeinse feeste, rondom 25 Desember.  In die antieke kalender was mid winter ( die winter solstice) op 25 Desember. Dit was ook die einde van Saturnalia wat een week geduur het( dit het dus op 17 Desember begin en op 25 Desember geeindig). Hierdie was die week van fees vier- Lucian skryf dat gedurende Saturnalia “alles ernstig is verbode , geen besigheid is toelaatbaar nie.Slegs drink,eet en feesvier is toegelaat” . Party Romeine het dit “Brumalia” genoem ( “Bruma”= die korste dag”) – Brumalia is gevier ter ere van die god Bacchus ( god van wyn). Self voor dit het die antieke Grieke die god Dionysus geeer- ook op 25 Desember.

In die Romeinse ryk het het die 25 Desember ‘n universele vakansie tyd geword vir verskeie volkere ,streke en gelowe.- Persiee het Mithras geeer, Sol en Elahgabal was Siriese songode. Die vroee christelike kerk het die 25 Desemder aangeneem as die geboorte datum van hulle heiland(4de eeu). Ander elemente het ingekruip : Vader Kerfees- ‘n Nordiese legende- met slee en takbokke , Santa Claus ( St Nicolaas)- wie se fees aanvanklik op die 6de Desember was -en later “versmelt” het met Vader Kersfees, hekse heilige plante soos “misletoe’. Elemente uit al bogenoemde word verdag gebruik in ons viering van kersfees.

Universeel aan al hierdie feesvieringe is die bruike van feesvier, die gee van persente en tyd saam met familie spandeer. Vir daai rede vat ek ook ‘n bietjie tyd af , spandeer tyd aan my geliefdes en gee persente. Dit gebeur net eenmaal ‘n jaar- en dit is ‘n kosbare tyd.

Dus , as ek julle “’n Geseende Kersfees “ toe wens , is dit iets wat ek ek regtig bedoel.

19 comments to ‘n Agelowige ” GESEENDE KERSFEES”

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>