Van snobs tot absolute morone!!

Ek het ‘n kleintjie dood aan snobs.  Jou grootste snobs is diegene wat geld het.  En as mens kyk na hoe die geld bekom is maak dit nie rerig saak hoe dit gebeur het en hoe dit bygedra het tot jou snobbisme nie – dit bly veretterlik!

Jy kon gebore word in ‘n familie met baie geld, wat jou definitief nie heeltemal kwydskeld van enige “humility” nie.  Die ergste wat ‘n snob my moer kan koer is wanneer jy “nuwe” geld in die hand het en jy tekere gaan asof jy die sleutel tot almal se probleme om jou nek dra en asof jy te goed geword vir dit wat jou al die jare gedra het – self gevoed het en beskerm het.

Ek gaan nie name of plekke noem nie, want netnou lees die betrokke persoon hier en dan mag die gort dalk gaar wees.

Ek werk tans saam met so ‘n snob.  Op die oog af heel aangenaam…maar sodra die gesprek begin raak common dinge soos ou karre, geldelike probleme, enigiemand minder bevoorreg of selfs waar jy woon, kan jy sien die neus trek so effe op ‘n plooi asof iemand sopas ‘n boontjiesop bom gelos het vlak onder haar tafel.  En ek kon van die eerste oomblik al sien die persoon het issues…maar die “hoekom” het eers later duidelik geword.

Sien…pappa en mamma en boeties werk almal in Dubai.  Vir groot pond! Pappa besit ‘n huis op ‘n weskus dorpie teen die strand (nie te ver van die middestad af nie) en dis waar ons onsself bevind.  Ons was gestuur om te gaan leer en na een jaar word jou kursus opgeskop (lees: geld gemors) en iets anders begin.  Jou eerste werk was as audit klerk by ‘n vooraanstaande rekenmeesterspraktyk in Suid Afrika (almal ken die naam – glo my!) en toe ons die posisie as Finansieele Bestuurder hier aanvaar het het ons so gedoen want die gled was uitstekend n dit sou pas by my lewensstyl.

Sien, ons stap rond, op ‘n werksdag (nie eers ‘n aandjie uit nie) met ‘n horlosie van R10 000, ‘n pakkie van R3 000, skoene van R1 500, ‘n selfoon van R10 000 en die juwele om die nek en in die ore (diamante so groot soos my pinkie se nael) van omtrent R10 000.  Op haar is genoeg geld om drie van my 14 jaar oue BMW’s kontant te koop.

Maar die punt is juis datek wel mense ken met baie geld wat NIE snobs is nie…en ek hou daarvan.  Dit beteken mos die persoon het hard gewerk vir wat hy het en dat rykdom nie vir hom definieer nie! Dis hoe dit hoort!  Maar die persoon waarvan ek hier praat maak dit duidelik sy bly feitlik OP DIE STRAND…ry ‘n SPLINTERNUWE Jeep (R300 000 – kontant geskenkie van pappa af)…ens……..

Dit maak my horribaal befok, man!  Hoekom moet ‘n bankbalans jou definieer? Hoekom moet jou kar iets wees waaroor jy en jou mansvriende argumente het?  Dit maak my naar…

So hier is my beleidenis:

  1. Met R10 in my sak of R100 000 in my bankrekening was ek nog altyd dieselfde mens.  Ek sal altyd help waar ek kan sonder om noodwendig iets in ruil terug te verwag.
  2. Ek drink bier uit die blikkie uit!
  3. En ja, ek drink bier uit die bottel uit – die 750ml ene!  En dis nog lekkerder uit kort glasies uit!
  4. Ek sal maklik in my tuin staan en teug aan ‘n bier – ek voel ‘n fok vir enigiemand wat verby my huis stap en my skeef aankyk! Jy’t nie my bier gekoop nie, ek het!
  5. Ek SAL ‘n R10 special double Wellington en Coke koop as ek in die omgewing is – en heel waarskynlik snotters dronk word ook!
  6. Ek eet lewer en mash! Peri peri uie en lewer op toast het ek gisteraand geeeet en dit was FOKKEN lekker!
  7. Ek maak en eet pens en pootjies! ‘n Lekker kerrie afval klop amper niks!
  8. My voet is baie swaarder op die petrol met ‘n dop in my gat en die klankstelsel maak seker dat almal in die buurt weet ek is op pad terug huis toe!
  9. Ek vloek – soos ‘n matroos!  Dis MY uitlaatklep, nie joune nie.  Lewe daarmee of fokof!
  10. My klere is nie duur nie.  Ek het gister met ‘n R40 hemp, ‘n R70 broek en ‘n R130 paar swart skoene kom werk…en ek het cool gelyk!  Nou nie Jack Parow cool nie, maar cool genoeg vir werk in ‘n omgewing waar persepsies baie tel!
  11. Ek like basterbrakke, lekker sletterige vuil flieks, bloed en guts en tonne aksie op die skerm…
  12. Ek vind dat los meisies baie meer fun is diegene met waardes, maar dat diegen met waardes beter vrouens maak as jy een soek om ‘n ring te dra!  Daar IS ‘n tyd en ‘n plek vir alles!
  13. Ek sal nie groot word nie! Dis my fokken lewe en jy kan op jou kop staan en Hansie Slim deur jou hol fluit…ek bly wie ek is.   Tough shit as dit jou nie pas nie!!
  14. Ek sal nie nee se vir ‘n huis teen die Weskus nie…ook nie vir ‘n kar van R300 000 nie…maar dit gaan my nie definieer nie.  Ek sal steeds my bier uit ‘n blik drink, my musiek speel asof ek doof is en die mense in my lewe met respek en liefde behandel.

So – fok snobs!

En ja, daar is nog iets wat ek van my bors moet afkry! Ek het so ‘n jaar gelede gedink dis ‘n moerse cool idee toe ek die hele “think Bike campaign” gesien het.  Plakkate orals, banniere wat hang van brue af…

En kom ons wees eerlik – as jy soos ‘n poephol bestuur en gedurig van bane verwissel op die N1 en jy hou nie jou oge oop nie KAN jy iemand op ‘n bromponie des moers trap – sommer gou gou.  En dit kos jou niks om net ‘n sekonde langer te neem en jou truspieeltjies te check vir aankomende tweewielle voor jy van baan verwissel nie.  So jy kon my amper ‘n aktivis vir die motorfietsbestuurders noem – tot vanoggend!!

Sien, vir ‘n campaign om te werk het jy ‘n steriotipe nodig.  In die campaign teen geweld teenoor vroue en kinders het jy ‘n steriotipe nodig van mans wat kinders en vroue timmer net oor hulle kan.  Vir ‘n Think Bike campaign moet jy uit die staanspoor vir mense laat glo dat motorfietsryers sterf op ons paaie omdat motorbestuurders nie kyk waar hulle ry nie en dat alle motorfietsbstuurders engeltjies met helmets is!  NIE DIE GEVAL NIE!

Hoeveel keer het ek al gesien hoe iemand des moers gery / getrap word van sy fiets af? Zilch! Nada!! Boggerol!!!!!

Hoeveel keer het ek motorfietsbestuurders soos idiote sien bestuur, tussen motors sien deurvleg in spitsverkeer, gesien hoe hulle humeure verloor oor hulle kwansuis nie tussen twee voertuie kan deur nie en dan die motor se deur sien skop? Telkemale!  Vanoggend – 2 keer!  Binne 3 minute! Maar ons moet “Bike” dink…

Wanneer gaan die einste bliksems begin dink aan ander padgebruikers? Die feit dat jy NIE teen 140 km/h in spitsverkeer tussen twee bane motors aangejaag kan kom en verwag’n kar wat van baan verwissel moet noodwendig weet jy kom aan nie!  Fok man! Kry vir jou ‘n p.a. system en kondig jou aankoms aan met trompetgeskal as jy dan so maklik jou humeur wil verloor en ander se karre vol duike wil skop!  Ek sal jou wed hy sou nie so braaf gewees het as dit nie was dat hy viniger as jy kan wegkom nie, ne?

Fokkers…

14 comments to Van snobs tot absolute morone!!

  • Ek is so saam met jou op die snob storie…. en die motorfietse. Ek sal jou in ag neem as jy ordenklik bestuur, ek gee nie om nie, want ek het self een tyd ‘n bike gery… en terwyl ons nou op die bikes is…. daar is mense met fietse wat ook in hierdie kategorieë val… “Neem my in ag terwyl ek doen wat ek wil”.Poepholle.

    [Reply]

    Pagoda32 Reply:

    @demoerin, Ek voel jou oor die fiets storie! Het skaars ‘n week terug gesien hoe ‘n ou in Seepunt oor ‘n stop ry en toe die kar vir hom toet klim hy va sy fiets af, stap oor na die vrou in die kar en baklei met haar deur haar venster!

    [Reply]

    demoerin Reply:

    Ja, maar altyd die eerstes wat kla dat hulle ook padgebruikers is en in ag geneem moet word. Nie almal nie, maar wel sommiges.

    [Reply]

  • Boernig

    Moerse GROOT issue oor snobs. Kwaadword is soms `n opsie, maar oor die algemeen wil ek skreeu soos ek lag as ek sien hoe/waar/hoekom hul `n sekere persepsie het. So grootgemaak/die kerk/wat jy dink ander van jou dink/ wat jy graag wil he ander moet van jou dink – ag pleez Daddy! Give me dhat eishcrrrream! Dis beyond kinderagtig en hierdie soort mense het `n minderwaardigheidskompleks.

    Ek wil nou regtig nie `n snob wees nie, maar is dit nie een en dieselle as ek voel soos ek voel wanneer ek voel dat sulke mense of iets aan/in die mense laer as my standaarde is nie? Ek – wat geen geld het nie – nie eers `n bankrekening nie, maar geen “need” voel nie.

    Is ek `n kategorie-snob?
    Ek kan regtig nie die fietsryers in spitsverkeer verdra nie – amper nie eers buite spitsverkeer nie, veral nie as hulle soos `n dem buldozer die hele pad vol ry as dit `n enkelbaan is nie!!!!GRRRRRR

    [Reply]

  • Daisyblom

    Goeie hel, wie het vanoggend in jou oatspap gepipi ???

    [Reply]

  • Ag…dinge bou sommer so op tot die bom bars. Dit gebeur met almal wat van nature gechill is…

    [Reply]

    Sigeuner Reply:

    Bwha ha ha @ van nature gechill is…!!

    [Reply]

  • Maak nie saak hoe chilled jy is nie, enige mens bereik breekpunt!

    [Reply]

  • I don`t get it….. Hoekom so onsteld? Jy kan nie die ander persoon se waardesisteem kies nie, maar jy kan jou reaksie beheer.

    As jy reeds besluit het dat geld NIE die persoon definieer nie , waarom pla die horlosie/huis/ens jou? Jy gaan dan hierdie persoon op ‘n ander kriteria beoordeel.

    Ek twyfel of ‘n Gandi ooit so ‘n persoon van snobisbe so beskuldig , geld was waardeloos vir hom. Vir Gandi was baie geld , net baie van niks- en dit is nog steeds niks.

    [Reply]

  • Ek dink jy het dit dalk verkeerd verstaan. Die punt wat ek probeer maak het:

    Moenie my soos ‘n tuinier behandel net oor jy ‘n pedigree het nie. Dit wat jy het sal ek ook graag wil he, maar sou dit my beskore wees sou ek graag wou he dat jy moet weet dat ek nie op ander sal neersien net oor ek beter af is as die volgende man nie.

    [Reply]

    demoerin Reply:

    Net so. Amen.

    [Reply]

  • Linda

    Pagoda, ek stem 100% saam met jou. Sonder hulle geld is hulle maar net sulke mense soos ek en jy en gaan die wurms hulle ook maar eet.

    [Reply]

  • En ek het vergeet om te se:
    Ek is nie Ghandi nie. Ek is Pagoda – iemand wat worstel met sy eie demone en voor dit nie uitgestryk is nie sal ek nie ander se demone vir hulle kan veg nie. Ek het my eie waardesisteem en as sulks verstaan ek ook dat ander hulle eie een het. Dit beteken steeds nie dat myne reg is en ander s’n verkeerd is nie, maar dit is die rede hoekom ek so de moer in raak…omdat my waardesisteem regstreeks bots met so baie ander.

    ‘n Waardesisteem is allesomvattend. Van hoe jy mense behandel, hoe jy jouself gedra, ens. Sekere dinge wat jy as mens doen sal my nooit skeel nie, maar sodra jou waardesisteem van jou ‘n vark maak, of veroorsaak dat jy ander met minder respek behandel wat hulle toekom, is wanneer jy my op my agtervoete dwing!

    [Reply]

  • Ek is geneig om snobbisties te wees, ughh, ek weet, dis erg. Maar die lewe en sy dinge dwing my voete so nou en dan terug aarde toe.

    [Reply]

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>