Mans

Verlede naweek het ons en ‘n paar vriende laer getrek in Langebaan. Saterdag –aand word daar behoorlik gekuier, maar so teen 10uur knak my knieë, ek sluip tent toe en val amper my opblaasmatras moer toe. Kuifie kuier nog voort

So teen 12 uur word ek wakker deur ‘n vrou wat op haar man skel. Ek het geen idée wat hy gedoen het nie maar jirder kan hierdie vrou vir jou skel. Ek hoor net sy bedeesde stem maar dan word hy in die rede geval, ek kon nie ‘n woord hoor wat sy gil nie maar sy klink soos ‘n masjien geweer – rat-tat-tat-tat-tat – gaan sy af. Dan probeer hy weer ‘n woord inkry – rat-tat-tat-tat-tat……….Ek dink nogals by myself, jeez vrou, gee die man ‘n break, hulle kuier nou so lekker daarbuite. Maar geen genade nie.

Ek draai my kussing om my kop en genadiglik raak ek weer aan die slaap. Kuifie kuier nog voort.

Kwart voor 4 skrik ek weer wakker met ‘n hengse nood, ek vlieg op, draf by die tent uit en sien so in die verbygaan Kuifie-hulle kuier lekker, maar daar is nie tyd vir ordentlik kyk nie, ek moet by die toilet uitkom. Toe ek terugkom kyk ek wat maak die bitter-einders, en dis toe ek dit sien.

3 van die manne het nog bly staan en het besluit om deur te druk tot die son opkom, daar was genoeg hout en drinkgoed, so waarom nie? Maar 2 vreemde dames het besluit om hulle by hulle aan te sluit, want hulle het geselskap en drinkgoed gesoek. En so het die 5 toe verder gekuier.

Ek sien vir Kuifie raak wat baie geselserig by ‘n blond staan en die 2 drink sommer so uit die bottel uit wat hulle vir mekaar aangee. Ek fluit vir hom en toe hy omkyk, beduie ek met my duim hy moet tent toe. Die blond gee vinnig pad toe sy my sien, maar Kuifie roep toe terug en sê: “Ja wag, ek kom nou”. Ja wag ek kom nou???? Norrefok.

“KOM NOU!!” gil ek die helfte van die kamp wakker. Kuifie druk die bottel in gewillige hande en kom skoorvoetend terug tent toe.

Rat-tat-tat-tat-tat…………

15 comments to Mans

  • Sorry, maar ekke dink dis skreeusnaaks! :lol:

    [Reply]

  • phibbie

    Mans is bliksems veral as hulle nog gekuier is. En Vrouens is nog erger as hulle ietsie soek. Niks stop hulle nie vra my maar

    [Reply]

    Herman Reply:

    @phibbie, hehe…mans is bliksems

    [Reply]

  • Toast

    Snaaks- sommer baie.

    Vir wie se beswil was die gil? Kuifie s`n of Koeksister s`n?

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Definitief vir sy eie beswil. :wink:

    [Reply]

  • Smurfi

    Koeksister, Ek het ook nou lekker gelag, want ek kan net myself indink in so ‘n situasie!! ek sou ook daardie masjiengeweer uit gepluk het :lol: Rat-tat-tat-tat-…. ons vrouens ken van daardie masjiengeweer en hulle moenie ons traai nie! ;)

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Sê ek ook Smurfi :wink:

    [Reply]

  • Boernig

    Oh? Dis net ra ta ta ta ta ta ta en Boerseun sal luister? Ek sal dit bietjie traai! Dit is skreeusnaaks!

    [Reply]

  • Ek weet nie van Boerseun nie, maar Kuifie luister darem :)

    [Reply]

  • Ek dink die eerste gedagte deur my kop sou wees:
    “Innie kak – deur AG Visser!”

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Die helsim kan bly wees hy het nie buite op die grondseil geslaap nie, maar met die girls wat rondloop en geselskap soek, moes ek hom agter toe -tentflappe hou :wink:

    [Reply]

  • YvonneM

    Lyk my ons het almal dieselfde mans,ai.

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Boys wil be boys Yvonne :wink:

    [Reply]

  • Sigeuner

    Ek het toe die rat tat tat tat tat, getrai en rai wat? Boerseun seg ek`s `n klein baba renostertjie wat storm, hy skrik nie baba renostertjies nie.

    Sal moet chomps vreet en my rat tat tat verander na: RATTATATATATATATATATABOEM!!!

    [Reply]

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>