Ek wil graag iets baie duidelik maak.
Ek het nog nooit sensuur toegepas op hierdie site nie. Ek was en sal altyd ‘n voorstander bly vir vrye spraak. MAAR!
Ek laat nie haatspraak toe nie. Ek laat dit ook nie toe om enigiemand wat hier kuier se karakter aan te vat nie. Dis ongevraagd! As jy as mens nie op ‘n ordentlike manier iets kan uitsort nie, moet jy eerder op ‘n ander plek jou toys gaan gooi.
Ek betaal vir bandwydte hier, ek betaal vir my webspasie en solank as wat ek die septer swaai sal ek die ordentlike mense wat hier kuier die onsmaaklikheid spaar van afkom op ‘n comment van iemand (self ‘n menigte mense soos nou die geval was) wat basies persoonlike vuil wasgoed in die openbaar uithang.
Voel vry om my persoonlik te e-mail – diewerf@live.co.za
Maar hou asseblief die insults en sommer die hele onsmaaklikheid van hierdie site af.
Brein se verduidelikings aan julle het NIKS met enigiemand hier te doen nie. Daar is maniere om onsmaaklikhede op te los, en dit wat julle tot dusver gedoen het het niemand gehelp nie.










Jy laat nie toe dat enige iemand se karakter benadeel te word nie……..gaan lees weer breinloos se post oor ons lae libido’s, geslagsorgane soos n uitgedroogde pruim, moer gereeld hulle vrouens en mishandel hulle en ongelukkig loop die kinders dan ook deur, ons gewone mans moet hulle vrouens dan bevredig. Jy’s n hipokraat. Hoekom het jy nie dieselfde kriteria toegepas op brein se posts nie? Nou dat ek myself, vrou en kinders verdedig het jy n probleem. Jy’s nie net n hipokraat nie, jy’s n lafaard ook.
[Reply]
Kragapie Aanhanger Reply:
February 3rd, 2010 at 15:19 pm
@deon,
Ek het tot dusver nog niks verduidelings van Brein gehoor nie – hardloop seker nog.
Sodra enige mens kommentaar oor iets lewer raak jy betrokke en is geregtig op die feite.
Ek wil graag uit ñ buitestanders se oogpunt hoor : hoe stel u voor moet ñ onsmaaklikheid soos hierdie uitgesort word ?
Miskien moes Brein eers onsmaaklikheid in die Woordeboek opsoek voordat hy met trots en aanmoediging alles op swart en wit gesit het.
Ek hou van die ander artikels waaroor julle opinies lig – dit kom gewoonlik voor in alledaagse gesprekke, miskien moes jy maar met alle regverdigheid Brein se artikel liefs afgehaal het omrede daar menigte “bodybuilders” daarbuite is wat dalk diê aangeleentheid baie persoonlik kon opvat.
En die kanse dat die spesifieke persone by daardie aangeleentheid hiervan te hore sou kom.
[Reply]
Kragapie Aanhanger Reply:
February 3rd, 2010 at 15:24 pm
@Kragapie Aanhanger, Jammer laaste comment and then I am out of here – thank heavens – I am gatvol of this nonsense.
Pagoda32 hierdie situasie is ñ bewys dat jy jou lede so bederf het om te sê net wat hulle wil en van wie hulle wil dat hulle nie worry om ñ wag voor hulle mond te sit nie.
Dit is hoekom Brein dit met soveel vrymoedigheid gedoen het en waarom jy dit opgelos het.
When the s#$% hits the fan; weet niemand niks en almal is ordentlik.
Over and Out !!!
[Reply]
Windhoek Reply:
February 3rd, 2010 at 16:48 pm
Ai ai ai, skaars trug van Irak & jul dudes baklei.negatori eks ok n kragapie and proud of it.ek spuit ok & as doom sou help sou ek dit ok spuit.brein & ek is al van 88 af vrinne & hy het my al baie gspot oor my arms wat so opgepomp is & oor my klein whatta whatta.ma ek weet virri feit syne is agshame & myne 8duim.brein is ma so en bedoel meestal nie wat hy se ni, mens moet di humor en die nucleus agter sy stories raak sien, die ding van di vroue en kinners is nie teen jou gemikkie maar hy wou net iets bybring.
kragapie aanhanger jy klink na `n nugter & oordeelkundige dude.kyk ek het ok jare trug da by oom deon & as ek reg kan onthou tannie magda scheepers gegym, lieflike kinders van die Here en christene.ek dink oom deon sou se manne praat die ding soos grootmense uit & as julle kla is gee mekaar die hand skudblad & wees vrinne.drink `n kometjie gat of iets en lag oor di afere.
deon doen di regte ding jy weet as ek kyk hoe ons ouens da in baghdad saamstaan ,dankan ons ok hi, hou jou energy vi di ander ouens wat ons land gevat het, ons whities moet nou saam staan, ek glo as ek wee hi lees het julle dit soos ware manne uitgesort en ek kan jou vertel as brein eers jou maatjie is , is dit vi keeps, hy sal sy laaste vi jou gee assit moet.eks ook nog in benoni tot maart dan gaan ek wee na sadam se land, dalk koop ek nog vir julle sushi.
[Reply]
deon Reply:
February 3rd, 2010 at 18:37 pm
@Windhoek, Er….Magda se woorde gister aand na sy die post gelees het was, “bliksem hom deon” Deon was meer diplomaties, “die aap weet nie waarvan hy praat nie” was sy woorde. Windhoek, gaan lees wat hy gese het, ek faal om ENIGE humor in sy kak storie te sien. Snaaks dat almal sy battles vir hom moet baklei. Het hy regtig gedink hy kan my so disrespekteer en niks sal daarvan kom nie? Ek gym al 12 jaar by Deon-hulle, so ek behoort jou te ken.
Pagoda32 Reply:
February 3rd, 2010 at 19:08 pm
@Kragapie Aanhanger, Het jy die punt gemis waar e gese het dat Brein nie meer hier skryf nie? Al sedert laasjaar nie. En ek weet nie waar hy hom tans bevind nie. Duidelik genoeg?
[Reply]
Kragapie Aanhanger Reply:
February 4th, 2010 at 11:37 am
@Pagoda32, Refer to last comment below : Die Brein het dit net confirm,thanks !
[Reply]
Pagoda32 Reply:
February 3rd, 2010 at 19:07 pm
@deon, Lees weer… ek het gese ek pas nie sensuur toe nie. ‘n Geskrewe stuk op die site is net dit- ‘n geskrewe stuk. As enigiemand anders daarna comments gelaat het om hom anders te vertel en die saak reg te stel SONDER om te vloek en te skel, sou daar geen rede gewees het om die pos te verwyder nie.
Ek is nie ‘n hipokraat nie. Ek is ‘n vredebewaarder. Daar is ‘n groot verskil!
[Reply]
deon Reply:
February 3rd, 2010 at 21:25 pm
@Pagoda32, Whatever, ek het gese wat ek wou se. Nardus het sy bed gemaak, nou moet hy daarin le. Hierdie is my laaste comment(tensy iemand nou weer n kak comment post) So, tatta en enjoy.
[Reply]
sorry pagoda ek admireer jo, as da n vredesprys vi di internet en blogs was, was jy di wenner
[Reply]
Pagoda32 Reply:
February 3rd, 2010 at 19:11 pm
@Windhoek,
[Reply]
Draai ook net my 180 pond gat, dan stirrrrrr Brein.
[Reply]
deon. more, ja ek het al daai stuk van brein gelees, maar ek weet hoe hy dinge se & vat party dinge ni kop toe van hom ni.jong ek dink ek kan jou plaas maar dis lank trug ek gym ok al amper 19 jaar maar is die laaste amper 10 jaar tussen Irak en Koeweit, my broer se hy ken jo van sien .maar ek voel dit wat jy wil doen sal net di spykir opi kop wees, wys di mense di teendeel ons dudes wat spuit het breins ok & gooi ni net ons appels & lywe rond ni.
toe ek wakker word vanoggend se ek vir my vrou ek kan ni toe laat dat brein seer kry ni & veral ni na sy trugslag desember ni.
[Reply]
deon Reply:
February 4th, 2010 at 8:43 am
@Windhoek, Ek het hom gister gebel en gese hy moet my vandag ontmoet sodat ons die ding kan uitklaar. Of hy gaan opdaag twyfel ek, en as hy opdaag twyfel ek of hy alleen gaan wees. Ek aan die ander kant sal opdaag en ek sal alleen wees. Ek soek n verskoning van hom, persoonlik en hy kan een op die blog post.
[Reply]
Kragapie Aanhanger Reply:
February 4th, 2010 at 9:03 am
@deon, My liewe vriend daar is so ding in die lewe wat – Karma – genoem word !
[Reply]
hey Deon as hy opdaag en hy is nie alleen nie bel maar net vir my en Corne…haha…en se hulle moet die girls onthou..haha
[Reply]
Hi Deon ek het nie jou nommer nie, bel my dan kan ons later ontmoet ek is regtig besig maar ja laat ons ontmoet en ja ek sal alleen wees.
[Reply]
Pagoda, ek verstaan nou nie lekker nie. Die post waarvan hier gepraat word was mos ‘n ou post en sover ek kan onthou is daar geen name genoem nie. Ek het dit gelees en nie twee keer daaroor gedink nie want die skoen het my nie gepas nie want ek is nie ‘n gym junkie nie.
Skielik is hier ‘n klomp “onbekendes” wat nou kommentaar lewer oor ‘n ou post en is ek nou heeltemal blond en weet nie wat aangaan nie.
Kan ons gereeld Werfies ook asseblief weet wat aangaan want hier is ‘n atmosfeer op Die Werf wat ek nie ken nie en niemand van die bekendes comment nie.
[Reply]
Die bekendes is juis stil omdat niemand weet wat aangaan nie en omdat almal eerder uit die onsmaaklikheid wil bly. Duidelik is die ouens wat hier wou amok maak betrokke gewees by die aand waarvan Brein geskryf het en wil hulle hom uitsort daaroor. Ek gaan definitief nie my lyf regter hou in daardie verband nie.
[Reply]
Ek en Deon het ontmoet, dit het baie beskaafd afgeloop, ek het hom verduidelik wat gebeur het , ek moet net nog sy twee ander vriende volgende week ontmoet.Daarna sal ek `n behoorlike verskoning aan Pagoda mail en alles daar verduidelik.
[Reply]
Dellie Reply:
February 4th, 2010 at 20:04 pm
Cool – want ek is so verdwaald soos ‘n poep inni bubblebath …
[Reply]
Daizy Reply:
February 11th, 2010 at 13:34 pm
Dellie, jy is nie die enigste ene nie….sjoe maar dit lyk myd ie mense hier raak warm onder die kraag….miskien kan iemand ons ook inlig watse bom hier gebars het….hiehie
[Reply]
Herman Reply:
February 5th, 2010 at 10:11 am
@Die Brein, Hi Brein…kry my nommer by Deon dan kan ons volgende week ontmoet.
[Reply]
Dankie Pagoda en Brein. Die lig skyn vir my.
[Reply]
Ek was so lanklaas hier en wraggies lees ek Brein is in die akkies
en sommer weer daar uit ook!
Hi daar Brein, gaan dit goed met jou? Mens word nie kwaad vir die Brein nie, jy skud net jou kop en smile, as jy nie saamstem met hom nie, maklik.
Sommer hallo aan al die Werf mensies! en lekker dag vir julle almal.
[Reply]
koeksister Reply:
February 10th, 2010 at 8:08 am
Hi Smurfi
[Reply]
Hallo almal! ( loer…loer…koes…koes…) Ja dis nou wat gebeur as mens vergeet wat jy wanneer geeet het en watter klankie daarna agter jou aanswewe …party is vlugtig. Ander klou aan jou soos n baba apie ; )
[Reply]