Oor verandering en hoekom ek JOU nodig het!

Dis skrikwekkend!

Toe ek en Phibbs twee jaar gelede besluit het om Die Werf te begin het ons GEEN idee gehad hoe groot dit sou word nie.  Die plekkie het by tye, veral wanneer groot stories soos Steve “gecover” het en toe ons ons kompetisie ge-run het, by tye tot 1500 hits per dag getrek!  Dis baie…

So verander klein dingetjies in mens se lewe.  Jy trou…een kleinding word gebore.  Jy begin later wonder waarheen jy op pad is met jou lewe.  Onwillekeurig natuurlik!  Die antwoorde is nie altyd dit wat jy wou hoor nie.  Die mens is mos maar ‘n spesie wat oor die algemeen nie wil hoor dat jy verkeerde paaie volg of dat jou besluite nie net vir die mense na aan jou ‘n probleem is nie, maar vir jouself ook.

Dan neem jy ‘n besluit (of besluite – hang natuurlik af of elkeen wat dit lees hom of haarself met die stuk kan vereenselwig) wat die res van jou lewe en jou uitkyk daarop onherroeplik verander.

Een so ‘n besluit het ongelukkig gemaak dat een van my kinders, hierdie site, al vir maande sonder kos gaan slaap.  Dis tyd dat dinge reggemaak word.  Om die site weer op die been te bring – sterker as ooit!

So…

Die Werf het vandag sy nuwe baadjie gekry.  Dit is skoongemaak, die hele theme van die grond af op her-design.  Sy verdien dit…

Die menu is opgetof en die back-end is ge-update.  Sy hardloop nou op WordPress 3!  Oh so pretty!

En so toets ek links en tot my shock shock horror het ek agtergekom dat so baie van ons maters wat ons leer ken het oor die laaste 2 jaar opgehou blog het.  Flippiefanus, Emil, Rustig…om net ‘n klein getal te noem…almal gone!  Die mooi links wat 18 maande gelede vir elkeen gemaak was moes ek delete…of die blog is weg, of die laaste inskrywing was in 2009 gemaak…of dis nou ‘n “protected blog”!  WTF??

So nou vra ek elkeen wat hier ‘n oog gooi om seblief vir my die sites uit te wys waar almal uithang.  Los ‘n comment en gee my name!! Verdomp!  Vertel my sommer wie die trolls is deesdae – net sodat ek ook weet!  As jy ‘n blog het, hoe klein ook al, en jy wil ‘n link he op Die Werf…se my! Ons doen die ding!  Kom ons bou weer ons blog community sodat dit selfs GROTER is as wat dit 2 jaar gelede was!

Ek se HOSH…en al daai lekker dinge!

23 comments to Oor verandering en hoekom ek JOU nodig het!

  • Toets Een Twee

    [Reply]

    Pagoda32 Reply:

    @Pagoda32, Ok…comments werk nog. Phew!

    [Reply]

  • Tot die Vleisboek like knoppie werk…fokkit! Ek verbaas myself!

    [Reply]

  • Here I is … :lol:

    Ek het self die afgelope tyd baie minder blogs gelees … en ja, baie van my eerste blogpels het ook weggeraak. Emil is nie eers meer op Facebook nie! (Ek moet seker my eie blogroll ook so biekie update) Al waar ek nog rerig lees, is by Demoerin, die Kroeg, Frankenfurter.com en natuurlik Bosluis. En Skype waar ons tydig en ontydig kan strooi praat … :lol:

    Maar dit lyk weer nice hier – en ek gaan weer gereeld kom loer. :wink:

    [Reply]

    Pagoda32 Reply:

    @Dellie, jy weet natuurlik ek het nou frankenfurter.com in my browser gepaste en die site bestaan nie…toe kliek ke eers wie jy bedoel! ;)

    Dellie – wil jy links hier he vir Bosluis? En Kroeg?

    [Reply]

    Dellie Reply:

    Lmga @ frankenfurter paste in browser! :lol:

    Links na die Kroeg en Bosluis sal gaaf wees ja!

    [Reply]

  • Beertjie

    Bly julle is terug. Dis altyd lekker om te lees, lees nie veel ander blogs nie behalve natuurlik vir ou Stevie en Bosluis…. Dan hou ek ook van Ingrid se blog… comment nie altyd nie maar lees gereeld.

    Groete uit ‘n nat Kiwiland.
    Beertjie

    [Reply]

  • Is mal oor die nuwe blad, “change is as good as a holiday” sê hulle, ek het ook lanklaas op ander blogs rondgekuier, is dit die sokker wat ons almal so besig hou wonder ek?
    Ek sal hou van links na Flintstoned, Antie Koekie, Rosalind,Kaalvoet en Skoor?

    [Reply]

  • Raait, maar dan kort ek die website addresse hierso Koeksister!! Gooi hom!

    [Reply]

  • Sigeuner

    skoor.wordpress.com
    rosalindfranklin.wordpress.com
    kwaailight.co.za/bloublad – Valiant Swart, sebliegtog? uhm, Pagoda, ja?

    Hosana! Dis cool hier!
    Nou kan ons die tjint vet voer.

    [Reply]

  • Sigeuner

    Goeie liewe jel – en toe ga kyk ek eers of al die vingers en tone nog daso is…en toe lees ek jou poems.
    Hy`s alleen
    hy`s honger
    van die mensdom vervreem…

    So, toe dink ek (wel okay, bietjie stadig, ma ek het!) en ek dink, jis! Pagoda? In die nuwe bedeling wil ons net weer bietjie `n nuwe gedig die lig laat sien – uit jouse pen, ne? Dis beautifull.

    [Reply]

  • Verskoon my asseblief! EK weet ek was op “lang” blog verlof, maar is nou weer terug. Ek mag dalk so aft en toe soos karoo blomsaadjie vir jare nie verskyn nie, maar dit beteken nie ek is vrek en “extinct” nie! :roll:

    [Reply]

    Pagoda32 Reply:

    @Rustig, Great Rustig!! Jou link is terug~!!

    [Reply]

  • Ek is bly dei werf toon weer bietjie elwe, soos jy self sê raak lekker leesplek min in Afrikaans… ek is ook intussen nie meer klasak nie :lol:

    [Reply]

    demoerin Reply:

    LEWE Fok!

    [Reply]

    demoerin Reply:

    Soos jy sien sukkel ek nog steeds met ‘n disleksiese keyboard

    [Reply]

    koeksister Reply:

    lmga!

    [Reply]

  • Anniegetyourgun

    Helloooooo! Die nuuf website lyk baie funky en retro Pagoda. Ek maak groot verskoning dat ek afwesig is, maar ek werk myself kapoet. Ek sal meer probeer inloer. Moet nog ietsie skryf ook vir ‘n verandering.

    Lekker daggie vir almal

    [Reply]

    Pagoda32 Reply:

    @Anniegetyourgun, Jislaaik! Dis nou ‘n nice surprise! Hoe gaan dit met jou jonge dame!?

    [Reply]

  • Anniegetyourgun

    Dit gaan baie goed Pagoda! Wanneer kom jou baby? Of het ek haar aankoms gemis?

    [Reply]

    Pagoda32 Reply:

    @Anniegetyourgun, nope! HY kom 10 Augustus of 12 Augustus – afhangende van die hospitaal wat ons kies. Sal nog sien. Kannie wag vir Taylor nie!

    [Reply]

  • Anniegetyourgun

    O OK. Hoekom dink ek dis ‘n plattetjie??

    Duidelik skort daar niks met jou spermpies nie!

    [Reply]

  • Prok

    geluk hy lyk mooi!! gan ma dol opi office so ek kry min tyd ma ek sal loer so gou ek kan!

    [Reply]

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>