All bran flakes en braaivleis

Ek het besluit om  Julie en Augustus al te dieet en nie te wag tot die somer nie.  En dit gaan maar moeilik met my saam.  Dit druis teen al my beginsels in om 3 vrugte op ‘n koue wintersaand te eet, terwyl my familie weglê aan lekker sop en pannekoek. Ugghh

Het julle al All Bran Flakes probeer eet? Later gooi jy so baie melk by sodat dit tog net moeiteloos in jou keel kan afgly, want na die derde happie, kan jy dit net nie afgesluk kry nie. Ek staan en kou en kou, lyk seker soos ‘n koei wat staan en herkou in die groen weivelde.

Ek en Bullybeef het ons stapskoene afgestof en die buurt aangedurf, gewapen met my selfoon (sodat ek iemand kan bel as Bullet se oumensrug dit nie meer kan hou nie), spring ons weg. Na 2 blokke hang ek aan ‘n boomtak en wonder of ek nie maar iemand moet bel om my te kom haal nie.   Maar ons druk deur en kom al wankelende terug.  Dit gaan darem nou baie beter maar ek neem nogsteeds die selfoon saam , for in case. :wink:

Verlede Saterdag net na sokker gaan ons weer vir ‘n stappie, ek is natuurlik rasend honger, maar dis die story of my life deesdae. :)   Mens, ek was skaars 2 huise weg toe tref ‘n braaivleis geur my tussen die oë! O hemel, dit ruik lekker, ek kners op my tande en sleep Bullet vinniger aan, volgende – gebraaide uie, dan knoffel, weer braaivleis!

Ek stap die vinnigste wat ons in ‘n lang tyd gestap het, bars by die voordeur in en gaan kry vir my ‘n provita met marmite op…….

17 comments to All bran flakes en braaivleis

  • Phibbie

    O nee F@kkit. Dit klink na ergerlike straf en ek moet daai ook doen. Ek drink deesdae nogals baie water en hoop dit help ietwat. Maar ‘n sooibrand en coke bly bleddie lekker as mens honger is

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Ek kan net na ‘n paai en coke kyk, dan pak die vetjies saam :wink:

    [Reply]

  • Nee so straf ek myself nie. Daar is darem baie wonderlike dieët geregte in die wêreld!

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Sodra ek op my teiken gewig is Rustig, sal ek bietjie gaan google vir daardie lekker kossies

    [Reply]

  • Kos is net te lekker… en bier ook… ek begin nou al weer draf vir die laaste maand of wat, ten minste het ek al die gedagte gekry :lol:

    [Reply]

    koeksister Reply:

    :lol: net die blote gedagte aan draf, laat sommer my knieë knak :wink: Dammit, ek het myself lelik laat gaan.

    [Reply]

    demoerin Reply:

    :lol: Koeksister… jy praat van “laat gaan”.. jy moet my sien, om die middel reis ek soos ‘n goedgekniede brood.

    [Reply]

    koeksister Reply:

    :lol:

    [Reply]

  • Sigeuner

    Dis nie goed om heeltyd honger te wees nie. Die dieet gaan nie werk so nie.
    Mens moet vullend, maar gesond eet en oefen is goed vir beenmassa ook. ELke keer as `n vrou `n ongesonde dieet aangaan, verloor sy beenmassa en nie eenmassa nie. My maastag man!
    Wat van goeie ou finkel-tee?
    Dit laat al die oortollige water binne 3 dae uit jou sisteem en dan is jy sommer 3 killo`s liger en gesonder. Waterretensie maak mens siek.
    Dieete ook.
    Mens is gemaak om te eet.
    Uhm…watter resep het jy nou weer daar? Ek het 10 kilo`s te veel hier.

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Ek sal die dieet vir jou stuur as jy wil Siggie? Ek moes iets drasties doen, ek was besig om myself in ‘n vroeër graf te eet. Kos was my baas, dis gross, ek weet. Hierdie dieet was maar net ‘n “guideline” tot ‘n meer gesonde leefwyse, ek het probeer om my hele familie daarop te sit maar Kuifie het na dag 2 ingegee toe hy hoor vrugteslaai is op die spyskaart. Die man het Checkers toe gejaag en ‘n t-bone steak gekoop en verorber. :wink: Die girls het ‘n week gehou :lol:
    Waar kan ek die vinkel tee koop?

    [Reply]

  • Ek sal vir julle ‘n “before” en “after” kiekie opsit. :wink:

    [Reply]

  • Sigeuner

    Koeksister, email my.
    Vokweet, ek haat die skaal.

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Het my skaal op die ashoop gegooi, ek “voel” maar aan my klere of iets verander het. Whaha. Soek jou email-addy, stuur my boodskap op facebook?

    [Reply]

  • Green Eye Angel

    HOWZITTTTTTTTT???? Jinne lewe julle klomp nog???

    [Reply]

    koeksister Reply:

    Hi Gea, vir jou lanklaas raakgelees, gaan dit goed? :)

    [Reply]

  • Linda

    hi julle waar is die vinkel tee resep of waar koop mens dit nou?

    [Reply]

  • Siggie!!! waar kry ons vinkel tee?

    [Reply]

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>