Thanks Phibbs!
Ampie is ‘n beesboer. Goeie mens, uit een stuk gesny. Hy het ‘n seuntjie, wat ten tye van die episode sowat drie jaar oud was.
‘n Regte klein bulletjie. Volg sy pa soos ‘n skaduwee oral op die plaas rond.
Sondag gaan hulle kerk toe. Eers vertrek Ma en Ouma met die motor. Pa en seun is nog by die beeste besig, en hulle volg later met die bakkie.
Na die diens, by die tee drinkery, vertel Ma dat sy die Mercedes se uitlaat gehaak het, en dit klink nie te goed nie. Ampie moet asseblief kyk of sy so kan huistoe ry.
Daar langs die kerksaal, trek hy sy swart baadjie uit, en seil onder die kar in. Seuntjie agterna. Nuuskierige omstanders ook.
Dominee vra: ‘Hoe lyk dit broer Ampie?’
Die 3 jarige seuntjie loer onder uit: ‘ Die fotten ding is fattap!’
Geskokte stilte.
Dominee: ‘Broer Ampie?’
Ampie (loer nie onder die kar uit nie): ‘Dominee, ek is bevrees die kind is reg!’










[Reply]