Namakwaland – Phibbie

Voor ek aangaan oor die bedrywighede van die toer, wil ek die volgende sê:

Die toer en die dinge wat ons gesien het, het my begeesterd gemaak en dit was ongelooflik sielverrykkend.  Die mense van Namakwa Lodge in Vanrynsdorp was ongelooflik en ons toerleier, Mike en sy assistant, Susan, het ons ogies oopgemaak vir dinge wat ons net eenvoudig nie sou raaksien nie.  Mike se entoesiasme het almal aangegryp en kort voor lank was almal oppie grond, boude in die lug op soek na die Klein dingetjies in die lewe.  Dit was vir ons ‘n belewenis wat ek vir jare en nooit sal kan vergeet nie.  Mike se ma, Jenny behartig onder andere die kombuis by die Lodge.  Ek wil julle net sê indien een van julle op so toer sou gaan, vat GROOT klere saam, want daai vrou mag maar kos maak.  Jenny was so besig dat ek skoon moeg geraak het om na haar te kyk.  Die lodge behoort aan die gesin en elkeen van hulle, skoolgaande of nie, doen hul deel.

Ons eerste dag was ons in Kaapstad opgetel en het ons met die bus gery tot en met Vanrynsdorp, wat ons basis was vir die toer.  Ons het gestop by ‘n wynkelder en ander stoppe ook gemaak.  Vir my was alles natuurlik ongelooflik mooi en ek kon nie ophou staar uit die bus se venster nie.  Die toer is ‘n 6 dag 5 aande toer en vir ‘n moeë siel is dit beslis die regte ding.

Ek gaan nou nie in detail gaan oor elke dag nie, maar daar was ‘n paar dinge wat vir my uitgestaan het op die toer en wat seker meer blywend sal wees as ander dinge.  Elke mens het MOS maar sy voorkeure etc.

Natuurlik was die blommeprag en die plate vol blomme wat ons gesien het in Nieuwoudtville, Springbok en Nababeep ongelooflik.  Die Pakhuis bergpas en ook die ander bergpasse wat ons gery het wat netso ongelooflik mooi en dit het gelyk asof mens kon sien tot aan die einde van die wereld.  Die stoppe langs die pad om die Klein vetplante en die skaars blommetjies te kon sien.

Die besoek aan Wupperthal was verby amazing.  Die lewe in Wupperthal is so rustig en die mense wat daar bly kan mens sien is rustig verby.  Die plekkie is geleë in die Sederberge en man dis ver van niks en nerens in die middel van niks en nerens ook.  Die skoenfabriek was natuurlik ‘n gunsteling daar.  Hulle doen daar nog meeste van dit als met die hand.

Na die toer het ons drie dae in die Kaap gebly, dit was lekker en ek dink teen daai tyd was ons so rustig, nie veel kon ons omkrap nie behalwe die paaie wat ‘n totale “disaster” is met al die verleggings en verbouings.  My hoogtepunt van die drie dae in die Kaap was die besoek aan Oom Samie se winkel in Stellenbosch. Amazing al die goed wat die mense daar verkoop.

Sal ek dit weer doen?   Baie baie beslis en weer met Namakwa Toere.  Ek sal die keer net baie groter en baie minder klere vat.

Foto’s volg: “Hover” met die muis oor elke foto om ‘n kort beskrywing te sien…

9 comments to Namakwaland – Phibbie

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>