Om swaar te drink?

Drink up boys, it’s good for you—or for your heart at least, says a new study. Drinking cut heart disease risk by 35% to 50% in the survey conducted in Spain. It followed 15,500 men and 26,000 women, and found that daily heavy drinking did wonders for the men’s heart health. Women benefited to a much smaller extent, reports the BBC. The type of alcohol didn’t matter much.

Who knew?

Dit smaak my ek moet elke dag ‘n sixpack tokkel…mag dalk net my lewe verleng! As ek nie daarna bestuur nie, natuurlik!

Die lewe is ‘n lied

Net jammer te veel mense vergeet die blerrie woorde, sing dit soos die poephol met die SA / Frankryk toets en trek die koord van die amplifier uit met een chorus om te gaan!

Hierdie was ‘n mal jaar.  My voete het byna nooit grond geraak nie.

My laitie is amper 2!! FOR F SAKES! 2!!!!!  Waarheen gaan die tyd?!

Tussen al die lag en hard praat deur met al Jacques se manewales verander ek van werk, pak nuwe projekte weg van die internet (en op die internet) aan – met gemengde resultate – en probeer om ‘n gesonde balans tussen huishoudelike probleme, familie stress en werk gemors te handhaaf deur myself los te skeur van die gemors en met ‘n krieketbal in die hand op ‘n slagoffer af te pyl.  Tot dusver klou ek net net aan my sanity.

Ons het al vantevore geraak aan die feit dat die lewe te dol geraak het.  Vergelyk ons lewens vandag met die lewe van die average stadsjapie 70 jaar gelede en mens sal skrik.  Mense wat vandag op plase bly se stressvlakke is baaaaie hoer as diegene wat destyds in stede gebly het.  As mens dan kyk na hoe plaasjapies van 70 jaar gelede die lewe hanteer het…joh!  Ek wens soms ek kon in daardie tyd grootgeword het…weg van selfone, tv, gate in osoonlagies, Handy Andy wat “fizz”, karre wat soos vliegtuie lyk en in baie opsigte vinniger vlieg as die gevleuelde soort, 1 jarige kinders wat weet hoe om tv’s aan te skakel met die afstandbeheer, ens.ens.ens.ens

En nou is ek nog siek ook.  Upper respiratory infection – lang naam om vir jou te se dat jy somewhere along the line sal moet ophou rook.  Maar hoe hou mens op as jy weet dat jy (met jou huidige stressvlakke) bitter na daaraan is om iemand na die lykshuis te stuur in ‘n oomblik van waansin wat aangebring is deur ‘n nikotientekort?  Ek wetiemerie…

Die lewe is ‘n lied.

Goddank my stem is weg terwyl ek siek is…

Skryf kompetisie

UPDATE: Sluitingsdatum – 30 November 2009

Die reels is eenvoudig.

Skryf ‘n kortverhaal in een van die kategoriee gelys en stuur dit per e-pos na diewerf@live.co.za

Dit moet tussen 1500 en 4000 woorde beslaan.

Kies tussen een van die volgende kategoriee:

  • Romanse
  • Humor
  • Ware lewensdrama
  • Gruwel
  • Staaltjies
  • Poesie

In die geval dat jy kies om te dig is jy nie gebonde aan ‘n sekere hoeveelheid woorde nie.  Doen egter die moeite om ‘n kort beskrywing van jou gedig in te sluit sodat die beoordeelaar weet waarna hy / sy kyk.  Jy sal nie benadeel word sou jy verkies om ‘n gedig in te stuur nie.

GEEN van die stories gaan hier gepubliseer word voor die kompetisie nie sy gang geloop het en die wenner aangewys is nie.

Al die stories wat ingedien word sal die gemene eiendom van die skrywer en Die Werf word.  Die stories kan (en sal ook) van tyd tot tyd hier geplaas word vir almal om te lees.

Al die stories sal na die kompetisie sy gang geloop het en die wenner aangewys is in ‘n bundel saamgevat word en vir “download” vrygestel word – gratis (vir die nabye toekoms).

Die prys sal ‘n R500 geskenkbewys van Woolworths wees.  Geskenk deur Anoniem ;)

En daar is net een prys…daar mag wel ‘n tweede prys wees vir die naaswenner, maar dit sal dalk iets in die lyn van ‘n nice bottel wyn (of iets anders in daardie lyn) wees.

Die beoordeelaar sal bekend gemaak word sodra die sluitingsdatum aangebreek het.  Dit sal ‘n persoon wees wat GEEN bande met Die Werf het nie, geensins hier uitgehang het oor die laaste twee jaar nie en hy / sal sal onafhanklik kan optree.  Die beslissing sal finaal wees.

JY MAG MEER AS EEN STORIE OF GEDIG (OF BEIDE) INSTUUR AS JY SOU WIL.  Meer as een inskrywing verdubbel jou kanse ;) .

Laat weet soveel mense as jy wil.

Ek tag die volgende 6 mense om ook elk vyf te tag…

Emil, Johan, Dellie, Zee, Mnr Kroese, Flatwhite se ouens

Tim Minchin – Storm

Witty and funny.


Fast Tube by Casper

Die WERF- ons ontrafel die lewe, die liefde, die politiek en toe drink ons

Die WERF- ons ontrafel die lewe, die liefde, die politiek en toe drink ons

Dit is die verwelkoming. Dit suggereer dat hierdie ‘n werf is waar stry , baklei en korswil welkom is- en dan soos na ‘n groot game , al die deelnemers saam ‘n dop gaan drink.

Om die lewe te ontrafel behoort daar min reels te wees- soveel deelnemers soveel sienings. Daar behoort ‘n wye toleransie van sienswyses te wees- al voel dit soms na skuurpapier.” Comments” behoort nie sommer net “delete’ word nie.

My vrae:

Wie trek die lyn?

Waar word die lyn getrek?

Wat is “persvryheid” in die konteks van “die Werf” ?

Kersboom

Verlede naweek pak ek en Kuifie die waenhuis reg, terwyl hy in die dak sit en deur ou foto’s blaai, staan en lees ek ou love letters onder.

So met die rondstanery en rondkykery sien ek die kersboom en die boks met kersversierings raak. Ek sê vir hom hy kan dit sommer afhaal of net nader sit sodat ek dit op 1 Desember met die eerste raakvat in die hande kan kry.

Sy antwoord: “MOET ons die boom op sit?” Ek dog ek gooi hom amper met ‘n leë krat bo uit die dak uit. Dit sal darem ‘n treurige dag wees in my lewe as ek nie my boom kan opsit nie.

Ek “window-shop” dan al klaar vir nuwe versierings. Ek het 2 jaar terug ‘n lekker groot boom gekoop, wat nog at least 5 jaar kan hou. (Ek sukkel net elke jaar om die ellendige ding op te slaan, hy’s ‘n bietjie tricky).

Dis net ek, die hond en die kat wat die kersboom geniet. Ekke, seker omdat ek half-kinds is, die hond, want hy weet hy kry ook ‘n presentjie en die kat, want dan kan hy met die blink balle speel……

FUNDISA- spaarfonds vir studente

Hier is ‘n manier om R600 van ons belasting terug te kry.

The Fundisa Fund is a dedicated educational savings account with a unique bonus feature. The bonus is an additional amount of 25% of your savings – to a maximum of R600 per year – which is added to your savings annually. The bonus has been made possible through a joint venture between government and various unit trust companies and is intended to help you afford a high quality, accredited qualification for your child or a learner of your choice at either a public college or a university.

Lees meer hier: http://www.aci.co.za/fundisa/

LIEG en BIEG : Hansie, Steve en Joost.

Die nuutste (? Afrikaanse) modegier:  Lieg en bieg. Die volk slurp die sages op- elke nuwe week bring nuwe onthullings. Huisgenoot  se sirkulasie skiet die hoogte in en HEAT, Sondag ,Glitteratie en Rapport soek elkeen ook ‘n deeljie van hierdie koek. Self die meer respektabele media soos Carte Blance en Kwela moet mee doen aan die sirkus. ( Knyp die kykgetalle?)

Nou wie van die drie here se sondes was die grootste? Kan ons dit kwantifiseer? Kan ons dit enigsins vergelyk?

My volgorde sou wees ( Van ergste tot minste) : Hansie , Joost , Steve.

Hansie het die hele volk verkul, belieg, homself krimineel verryk- dit , terwyl hy  die heersende Protea kaptein was.

Joost het sy vrou verkul., is ontbloot deur ‘n waglike kriminele daad ( die neem van video materiaal met die doel om af te pers) maar daarna hom aan moonlike kriminele gedrag skuldig gemaak in ‘n poging om dit te verdoesel( die vals leunverklikker toets , leuns,ens).

Steve het net sy vrou verkul.

Wat dink julle?

Stofwolke en suurwyn

As daar nou een ding is waarvoor Pampoenkloof beroemd / berug was, moes dit wees vir die rede dat dit een van die aller veskriklikste afdraande paaie besit het in die Boland.  Dit was wreed op die gemoed en wreder op enige passasier wat agter op ‘n bakkie moes sit.

Piet het ‘n suksesvolle skaapboerdery bedryf in die vallei.  Natuurlik tot die ontsteltenis van elke plaaswerker wat vir hom gewerk het.  Elkeen van hulle kollegas op die omliggende plase was gelukkig genoeg om vir ‘n wynboer te werk en dit was dus makliker vir hulle om hulle hande op ‘n nat versnappering te kry as wat dit vir hulle was.  Hulle was nie sleg betaal betaal nie, maar moes elke maand wag tot hulle dorp toe geneem kon word sodat hulle ‘n botteltjie of twee Vaaljapie in die hande kon kry.

Die laaste Saterdag in November was ‘n warm een.  Selfs voor 9 uur die more het die kwik al duskant 30 gedraai en Filemon en Alfred was soos blits agter op die 3 ton diesel trokkie.  Baas Piet het sy oggend koffie genuttig, sy hoed gevat en statig afgestap na die trokkie voor die stoor.  Daar was row call gehou – Filemon en sy kollegas het soos sardiens ingeryg gesit agter op daai trokkie.  Die pay pakkies het gebult gesit in elke man se sak en die afwagting was groot – vandag is die dag!  Die koskaste word vol gemaak, die kindertjies word gespoil met nuwe klere en Vaaljapie gaan lekker gesels vandag.

Piet start daai dieseltrokkie dat dit lyk asof die Kaapse mis oor die plaaswerf neersak.  Eerste rat krap in plek en net soos die wiele begin rol sit Filemon ‘n Boxer zol in sy mond.

“Alfred! Het djy diesel in die trok gesit?”, vra Filemon deur die hoek van sy mond.

“Nay!  Djy wiet mos…Baas Piet vra, dan doen ekke…As hy niks vra nie doen ekke niksie!”

En Filemon raak benoud.

Die trokkie maak dit tot in die dorp en teen daardie tyd het elke man agter op die bak al soos kwartels aan die stellasies gehang sodat genoeg wind gevang kan word om van die hitte ontslae te raak.  Piet klim uit die trok en die nattigheid le versprei oor sy rug.

“Een uur manne, dan vat ons die pad!” En Baas Piet raak weg in die kroeg terwyl sy vrou die een kjend aan die hand in die naaste winkel insleep.

Filemon en sy makkers sit soos een af in die rigting van die Offsales.  Die ry is lank – al wat ‘n plaaswerker is in die omgewing, en wat nie vir ‘n wynboer werk nie, staan daar en wag om “geservice” te word.

Kort voor lank stap die manne met groot bruin papiersakke af na die trokkie en gaan sluit hulle Vaaljapie in die kis agter op die bak toe.  Daar is 30 minute oor om klere en kos te koop vir die maand.  En hulle ontplof in tien rigtings vir 30 minute…

Toe Piet daai trokkie opstart hardloop die laaste man of drie met vol hande en arms op daai trok af.  Sakkies word sommer in die hardloop gelaunch tot op die bak, railings word gegryp en vlytig word hulle een vir een tuis gemaak agter op die trokkie.

Toe tref die noodlot die spul. Die trokkie proes proes, gee een laaste sug en steek toe vas soos ‘n steeks donkie by die enigste stopstraat in die dorp.

“Alfred!”, bulder Baas Piet van voor af…en Alfred spring-val van agter af om homself uit die voete te maak.  Hy hardloop vir sy lewe en hy weet dat sy enigste genade nou ‘n kannetjie diesel sal wees. Baas Piet sal dan dalk nie vir hom lewendig wil afskil nie.

Alfred storm af op die joggie by die vulstasie. “Het djulle kannetjies?”, kwyl hy van moegheid.

“Hu-uh…”, laat weet die joggie.  En met daai woorde sien Alfred al die piesangtros pote van Baas Piet om sy keel toemaak. “Djirre my broe.  Ons maak toe nou!”

“Is da enigiets hiesso wat ek diesel in kan vat na ‘n trokkie toe?”

“Waso sta hy?”

“Byrie stop!”

Die joggie gee hom ‘n inkopiesak met diesel in, en diep ingenome met homself begin Alfred afstap na die trokkie.  “Ons worry later oor hoe ons hierrie juice innie trokkie kry.  Ek moet net eers daar kom…”, dink Alfred terwyl hy girts girts oor die gruispad.

Alfred kom by die trokkie en sien Baas Piet se vrou vir hom aangluur oor haar dikraam bril.  En hy weet toe sommer daars kak!

“Waar’s Baas Piet?”

“Hy’t gewai!  Baas Lourens het verbygekom en hom gevat plaas toe om die bakkie te gaan haal!”, deel Filemon hom mee.

Bevrees dat hy nie daardie aand gaan sien nie gaan sit Alfred tussen die ouens agter op die bak en die hitte en bid.  Iets knak skielik hier langes hulle.  Gesant het die proppie van ‘n bottel Vaaljapie geknak.

“Hiesso sit ekke nie tot die wyn warm issie! Hu-uh.  Wie wil he?”

En so word daai bottel aangerand deur tien stuk ouens wat baie dors was.  En die volgende – en so ook die volgende…

Na omtrent ‘n uur daag Baas Piet op met die Isuzu bakkie – die exhaust skoon wit getrap van die plaashuis af.  Met ‘n knor word vroulief en die kjend gebied om in te klim.

“Filemon? Kan jy bestuur?”, vra Baas Piet.

“Ek kan die kar innie pad hou Bossy, maar ekke hettie ‘n liksens nie”.

“Is reg so Filemon.  Ek tou die trokkie en jy hou hom innie pad”

Filemon is in sy noppies!  Dis ‘n groot eer om vir jou baas rond te ry en hy hoop dat Katjie hom vandag agter die stuur vannie trokkie sien – dan’s sy luck in vanaand! Alfred wil nog protesteer deur die sak met diesel plegtig aan Baas Piet te oorhandig toe hy die lee sak etlike meters ver van die trokkie af die ewigheid sien intol in die windjie – leeg!  Nou’s hy bedroef en begin besluit wat hy vir sy vroutjie gaan agterlaat.

Baas Piet maak ‘n dik nylon belt aan die bakkie se towbar vas en Filemon skuif agter die trok se stuur in.  First stop, vulstasie.  Verlate – en Baas Piet swets groot woorde.  En Alfred sien sy kind sonder ‘n pa grootword.

Die lot word statig omgedraai. Plaas toe.  Daar’s diesel daar.

Die bakkie kreun want die trok is swaar.  Verby die stop waar hulle netnou nog gestaan het en links in die pad af.  Baas Piet trap daai bakkie dat hy verlang na sy ma; hy hardloop sommer sideways soos ‘n krap soos hy daai trok sleep.  Hy’s bedonerd!  En almal kan dit ‘n myl ver sien.

Die ouens agter op die trok begin die een na die ander Vaaljapie knak – sommige uit dorsgeid, sommige om die senuwees stil te maak.  Filemon klou aan daai stuurwiel soos ‘n neet en mik net om in die middel van die pad te bly terwyl die reuk van ‘n clutch wat brand van voor af kom.  Daai bakkie sukkel maar Baas Piet is beneuk!

So trek die stoet verby die bordjie wat die aanbreek van Pampoenkloof aankondig.  Die bult is styl, dis warm, die bakkie moan en die ouens agter op die trok is jolly terwyl Filemon sweet van inspanning. Maar Filemon het nooit die sleutel in die ignition gedraai nie…en almal weet mos wat met brieke gebeur as ‘n motor nie aangeskakel is nie!

Die kruin word bereik en Baas Piet besluit om voet van die petrol af te haal.  Al is dit net om die bakkie ‘n blaaskans te gee.  Filemon sien skielik, so met die afdraande, dat bakkie se kind skielik baie nader aan die neus van die trokkie is en spring op die brieke!  Niksmakie!  Hy try weer – en dit voel skoon asof die gebaar maak dat die trokkie nog vinniger hardloop!

Op die laaste besluit Filemon om eerder nie die bakkie se gat te skep van die pad af nie en gooi slingshot regs verby!  Die uitdrukking op Baas Piet se gesig toe hy doubletake en die drie tonner regs van hom sien hardloop was een van afgryse! Hier word dertien stuks vandag gedood!

“FILEMON!!!!!!!!!!”

“JA BAAS”

“Start die FOKKEN TROK!!!!!!!!”

“Nay basie, ek staar eere virrie pad!”

En dis toe dat Baas Piet besef dat ‘n naarstigtelike jaagtog benodig word om langes die trok te bly, anders word die bakkie vandag gatkant eerste deur die trok sonder diesel in die werf ingesleep.

Teen die tyd hang elke besope wetter agter op die trok soos spoke aan die tralies!  Almal witter as lakens geskrik.  Mamma sit langs Baas Piet met haar vingers in die dashboard ingegrou terwyl die kjend ‘n bors in elke hand beet het en sy gesig in mamma se rolle begrawe!  Mamma se voete sit stokstyf voor haar uitgeskop asof sy deur die vloer traai trap op almal tot stilstand te dwing!

Filemon pomp die brieke, maar met elke pomp gooi daai master cylinder vir hom terug op sy seat.

Die laaste drie kilometer van daai afdraande is om van te dood!  Die pad is sleg.  Dis vol gate en onder normale omstandighede probeer jy die slaggate misry…nou probeer jy net in die pad bly en moet maar die knocks vat soos hy kom.  Mamma en die kjend word elke nou aan dan teen die bakkie se dak getimmer terwyl die ouens agter op die trok soos albasters rondgegooi word.  Die ouens was al goed warm, die wyn het in daai son begin gis in die magies en nou met die mallemeule van ‘n rit word die een na die ander kant toe gedwing om die kaktusse teen die kant van die pad in die verbyvlieg te voed.  Daar hang teen daardie tyd so ‘n suur wynreuk teen daai afdraande.

Die bakkie se gat word vir ou laas so paar keer sideways geruk en toe die pad begin gelyk raak voor hulle en die spoed van die trok gebreek word besluit Baas Piet om die voortou te neem.  Met ‘n bestendige hand neem hy toe beheer van die situasie en trek die spulletjie die werf in.

Konsternasie op die plasie…

Toe daai lot tot stilstand kom peul 9 man agter van die trok af in ewe veel rigtings.  Die ouens is sopnat – sommige van wyn, ander van siek raak en ander oor hulle beheer van hulle blase verloor het.  Mamma val sommer uit die bakkie uit en kruip grasperk toe – spierwit geskrik, terwyl die kjend onder die dashboard inkruip en in tale prewel.  Sowat tien minute later het almal reeds verkas.  Die werf is stil soos suikerwater genuttig word.

Die enigste siele op die werf is Baas Piet agter die bakkie se stuur en Filemon agter die trokkie s’n.  Soos een man kyk Baas Piet stadig na regs en Filemon na links.  Beide asvaal geskrik.

Baas Piet knik sy kop.  Filemon probeer iets se maar sy tong sit vasgesweis aan se verhemelte.

Die gekraak van ‘n fietsketting word skielik agter Filemon gehoor en hy steek stadig sy kop regs by die venster uit. Dis Abie van die plaas langes hulle.

“Ekke dink die’s djulle s’n.  Ek het dit oppie pad opgetel netnou en gedink iemand mag dit dalk mis”, en hy oorhandig ‘n halwe bottel vuurwarm vaaljapie aan Filemon.

Baas Piet stap oor, neem die bottel uit sy hand, sluk dit weg in een teug en verdwyn in die rigting van die plaashuis.

Prince of Percia

Ek sien vandag dat daar ‘n fliek gemaak is van een van die wereld se gunsteling rekenaarspeletjie karakters – Prince of Percia.  Doen so bietjie verdere ondersoek en sien dat:

  1. Dit deur Jerry Bruckheimer aanmekaar gesit is
  2. Walt Disney ‘n hand daarin gehad het.
  3. Basies dieselfde span wat ons die Pirates of the Carribean flieks gebring het bring die een na ons toe…
  4. En Ben Kingsley (een van my fave all time akteurs) speel in hom

Ek het die trailer gesien – en dit lyk goed, sommer baaaaaie goed!

Hoe lykit Demoerin…like jy movies?


Fast Tube by Casper

Page 10 of 114« First...89101112203040...Last »