Geskryf deur Pagoda32, op June 5th, 2008
My na ander post vandag het ek toe sommer verder gedink en ek wonder hoe mans en vrouens voel oor voorspel. Verkies vrouens die voorspel om te begin die oggend voor die aand? Ek vermoed mans se voorspel is nie so lank nie? Of hoe? Dit laat mens wonder hoe elkeen voorspel sien en wat is voorspel. Vir my begin voorspel ‘n glimlag enne koppie koffie, met lekker geselsie en dan so effe van ‘n flirtery en dan miskien deur die dag ook. Die simpel “dreig” oproepie deur die dag. Lekker rooiwyn die aand by die huis. Saam kosmaak en sommer net saam wees. Hmmmmmmmmmm dan moet daai mos nou elke aand wees. Hiehiehiehiehie. Hier sal ek nou maar eerder afsluit want hier kan DIK geheime uitkom. Bwhahahahahahahah
Geskryf deur Pagoda32, op June 5th, 2008
More Almal.
Ek sien dit gaan baie goed hier. Ek se sommer byvoorbaat dankie namens Pagoda en myself dat julle ons nuuswaardighede kom lees.
Gisteraand toe kyk ek die Groen program op Kyknet. Ek onthou die volgende stelling: Net mense en gorillas het seks vir plesier. Nous daar kontradiksie: Net mense en dolfyne het seks vir plesier. Confusing ommie minste te se. Wat is julle opinies?
Geskryf deur Pagoda32, op June 4th, 2008
Gaan besoek gerus…die eerste groepie mense wat gereageer het op ons versoekie is gelaai. Laat kom die datums…ek sit dit enige tyd by!
Geskryf deur Pagoda32, op June 4th, 2008
More almal
Jeez ek het weer gisteraand gelag dat ek huil vir Oor die kole met Toks en Kobus. Ek vermoed ek is nie regtig wel nie, maar dammit daars darem niks lekkerder as lag oore simpel ding nie. Fanie Lombaard, (die gas) was helemal te veel vir ou Toks. Ek het my gebreek toe die Fanie (parapleeg en Olympiese diskus gooier) vir Toks se toe Toks hom vra wats die criteria vir deelname aan die olympiese spele en die Fanie hom antwoord: Toks jy sal val in die mentally handicapped. Man dis mos nou humor uit die boonste rakke. Corny maar donners skerp.
Dit laat my eintlik dink aan lekker lag stories wat al met myself gebeur het. Altwee natuurlik in die bleddie kerk (my luck). Net getroud, sit en en die man in die kerk en eks mos ‘n vreeslike bedrewe girl. HIehiehiehiehie. Ek het die knope aan die pak aangewerk en man daar vergeet ek die tolletjie gare in die hand van die baadjie. Die simpel man voel die gare en begin trek. Maar disse vol tolletjie gare en hy trek en naderhand sit hy mette hele hand vol gare. Ek huil en skud soos ek lag. Ek moes naderhand uitloop want ek sou kliphard uitgebars het van die lag.
Ons gaan ook die eenkeer na ‘n troue toe. Manlief kom net vannie golf af en hyt ekstra klere in die kattebak. En so waar as wragtig pak hy stukkende skoene in. Nou sit hy in die kerk en kort kort speel hy met die sool van die skoen wat los is. En in die kerk, speel jy nie. Dis taboe en ons wat in dieselle ry sit, giggel ons simpel man. Nou ja die paartjie toe nou getroud en almal loop nou uit. Ek loop gelukkig agter die man en toe hy sy voet by die kerdeur uitsit, skiet daar bleddie sool los en vas teen een van ons vriende se kop. Kyk ne, as jy my persoonlik ken sal jy weet, dis nou eenmaal te veel vir my. Ek bars uit van die lag. Die res van die gaste skree soos hulle lag en die arme man mettie sool teen die kop, le naderhand op die grond soos hy lag. Wat kan dan meer snaaks wees.
Kom vertel ons bietjie van jou snaakse ondervindinge. kerk of te nie. Hiehiehiehiehie
Lekker dag verder
Phibbie
Geskryf deur Pagoda32, op June 3rd, 2008
Dis uit Steve se mond:
http://www.news24.com/News24/Entertainment/Local/0,,2-1225-1242_2332971,00.html
Wat my nou so bietjie omellie is die feit dat die koerante / media eerste hiervan geweet het. Hy het vir maande nou al ‘n paar oorvalle / aanvalle gehad as gevolg van die (onsensitiewe) media en hy vertel hulle eerste voor hy die bom laat val op die blog! Ek laaik dit niks.
Ek sê nie die man skuld ons enigiets nie, maar daar is sekerlik ‘n etiek gekoppel aan so iets. Baie van ons het hom en sy blog nou vir ongeveer twee jaar in ons huise, kantore, ens gehad as deel van ons eie internet ondervinding en dis hoe hy ons laat weet?
A nee a!
Geskryf deur Pagoda32, op June 3rd, 2008
Hi julle.
Ons wil graag ‘n bladsy wy aan belangrike datums soos byv verjaarsdae, herdenkings en watter datums ookal van belang is vir elkeen van julle. Ons wil graag erkenning gee aan elkeen en jou belangrike datum in jou en jou maat se lewe. Epos asb die inligting aan epos op die werf.
Asseblief kan ons nie almal poog om Die Werf ‘n groot sukses met lekker lag, simpatie, huil en vrede te maak nie.
Dankie
Phibbie
Stuur na diewerf@live.co.za
Admin
Geskryf deur Pagoda32, op June 3rd, 2008
Gaan soek ons gerus! Klik op die bladsy bo-aan die blad en volg die instruksies.

http://www.facebook.com/group.php?gid=36588095872&ref=mf
Geskryf deur Pagoda32, op June 3rd, 2008
Ouens. Moet my seblief nie verkeerd verstaan nie. Ek stel bitter min belang in propoganda en nog minder glo ek daarin om ‘n nasie of ‘n groep mense “fear” die hart in te slaan. Ek het die mail vanmore in my box gekry van ‘n ou vriend af. Die artikel was geplaas deur ‘n buitelander…Ek dink daars ;’n paar spelfoute wat ek in die eerste deel probeer regmaak het maar eerder besluit om dit daarvandaan te los in die vorm wat dit by my opgedaag het:

- Orange Free State, South Africa — The African dawn cried out with a radiant blaze of red and orange pastel strokes along the horizon. The Coetzee farmstead basked in the light of the emerging morning like a gleaming pearl and golden mielie fields swayed in the soft Orange State breeze.
-
- “It’s paradise, isn’t it?” South African farmer Kobus Coetzee asked WorldNetDaily, marveling at the peaceful sunrise. “I am the fourth generation to farm this land, and Lord willing, there will be another five generations after me.”
-
- WorldNetDaily observed a full day of back breaking labor on Coetzee’s farm and was treated to a proper braai of lamb, an Afrikaner staple. Many Afrikaners also make a strong drink called “mampoer” from fermented peaches and other ingredients.
-
- However, Coetzee’s hopes for the future are threatened by the low intensity warfare being waged against the Afrikaner people by radical blacks of the “Azania People’s Organization” or AZAPO.
-
- There are 40,000 white farmers in South Africa. Over 1200 have been brutally murdered since 1994 – the year the Marxist African National Congress, backed by the United Nations, European Union, Russia, China and the U.S. State Department, took power.
-
- Add to this another 6,000 attacks and the white Boer Afrikaner farmer is easily the highest at-risk murder group on Earth. The ANC has responded to this crisis by blaming whites and putting a ban on crime statistics because they scare off foreign investment.
-
- “I won’t hold my breath waiting for Oprah to call, or Jesse Jackson, Jimmy Carter or Al Sharpton,” Coetzee told WorldNetDaily.
-
- “It’s politically correct to kill whites these days. What is so strange is the fact that we white farmers feed the black population. But look at Zimbabwe. The black leaders have engineered a famine against their own black citizens. It’s as if it’s all part of some horrible ‘master plan.’ Apparently getting blacks to starve blacks to death doesn’t really bother anyone in the Western world.”
-
- To the north, Zimbabweís Marxist dictator Robert Mugabe has liquidated the nation’s white farmers with illegal land siezures and torture, rape and murder.
-
- “The world community has stood by and done nothing,” says Aletta Kloppers, Coetzee’s closest neighbor. “So we have no choice but to defend ourselves.”
-
- Kloppers explained how rogue blacks broke into her farmhouse and tried to rape and rob her family, which includes four teenaged daughters. Many of the killings of white farmers include the torture, rape and mutilation of women, including small children, toddlers and even babies.
-
- “Fortunately my husband and I were able to use our firearms to drive them off of our land. But they will be back,” she told WorldNetDaily.
-
- Kloppers said that she hired a martial arts teacher to work with her family on hand to hand combat and knife fighting.
-
- “Our daughters are beautiful yes, but they are tough too,” Kloppers said. “You won’t see the Afrikaner children in tattoos, gang clothes, riddled with diseases and their bodies filled with holes. We are Christians and we will fight for Christian civilization. We know who are enemies are in the mass media, those who would destroy the minds and bodies of our children. When the war finally comes in this country and through the Western world, the cultural elites will be the first to be confronted.”
-
- “We Afrikaners are a fair and decent people. We are glad Apartheid is over and we are ready to embrace change,” farmer Kalfi Van der Wat told WorldNetDaily. Van der Wat collects antique automobiles and stores them on his farm west of Johannesburg.
-
- One of the latest problems facing South Africaís farmers is that some of the farm killings appear to be drug related. South African Police told WorldNetDaily that Pakistani’s have bought up several farmers after the white owners were killed and began planting poppies of Central Asian origin.
-
- “South Africa’s dirty little secret, well, there are many dirty secrets here, is that we are the transit point for 25 percent of the world’s drugs,” South African policewoman Debbie Botha told WorldNetDaily.
-
- South Africaís farmers, frustrated with an apathetic government that actually seems to “cheer on the killings of whites” says Van der Wat, have turned to a variety of options in dealing with the crime wave.
-
- One option is the creation of private security companies, staffed by former elite special forces operators of the now defunct South African Defense Force. The SADF drove out Cuba and the Soviets from Angola in the 1980′s and is known to have produced some of the world’s finest soldiers.
-
- Several groups of farmers have sought the help of Executive Outcomes, led by former Apartheid-era SADF Special Forces members. EO is the world’s largest, private mercenary army and has fought in Angola, Sierra Leone, Papua New Guinea and in other nations as well.
-
- Yet despite their best efforts, the killings continue.
-
- “The radical blacks hate us, because we are strong, blonde, hard working and productive. We came to South Africa and turned it into the richest country in the world, while before we came, the locals had been here for many centuries and did nothing with the land,” Coetzee told WorldNetDaily.
-
- Added Kloppers, “The farm invasion problem is not only confined to South Africa. Look at Zimbabwe. Look at the call for white Australians to give their land back to the Aborigines. Look at the problems on the border with Mexico and the United States, and as massive Third World immigration in Europe. European, Western Civilization is totally under siege by the New World Order elite. But we are strong and smart and we will survive as we always have.”
-
- “We are strong and rugged and we will survive. We have fought the communists and the United Nations globalists for decades. We know their tactics. I can assure you there is indeed a plan for a Third Boer War, down to the last detail. It wonít take much to cripple South Africaís cities and water supply I can assure you. People are angry and ready for war. We have seen our women and children raped and killed. Sometimes a war is the only answer to your problems. Remember, the great Boer prophet Seer van Rensburg has prophecized that the whites will again come to rule in Southern Africa.”
-
- Meanwhile in South Africa, last week Cape Talk radio interviewed a interviewed a Zimbabwean Reuters reporter and broadcaster who has been granted ex-white farm land. His name is Reuben Babwe. In defending himself, he told the Cape Talk interviewer that the same thing is being done in South Africa and that he knows what is really going on with farm repossession in South Africa. The in
terviewer asked him whether he meant the farm murders here are part of the repossession drive and he said yes. Babwe said that South Africans are “sitting on a powder keg.”
|
Geskryf deur Pagoda32, op June 3rd, 2008
Sien een van die dae verjaar ek. Almal het altyd die gewoonte om goed te koop wat ek nie wil he of ooit sal gebruik nie. By Pappa soek ek ‘n “eternity” ring. Hom sommer Saterdag oggend saam gesleep juwelier toe, maar nou is die vraag, het hy die skimp gevang. Of tref skimpe net varke. Ek raak sommer bedonnerd, want dis wat ek soek. Niks anders nie. Ek vermoed ek sal hier erg moet konkel vir daai skimp om hom te tref. Nou die ander familie. My ma het die beste “knack” om ‘n geskenk te koop wat ek nooit sal gebruik of dra nie, maar ek waardeer dit regtig. Ek bere dit forever. Wat doen ek, stuur ek lysie en se wat ek soek of gaan ek konkel konkel deur die verjaarsdag moet gaan. Maar o my donner, gaan ek upset wees as ek self daai ring vir my moet koop. Eish.
Geskryf deur Pagoda32, op June 3rd, 2008
Na ek gedink ek sou vanmore diep depressed en lekker innie k@k gewees het, was dit toe nou nie so erg nie. Jy sien die ding is so. Ek hou daarvan om dinge te doen en dit dadelik te doen. Mens koop nie teels etc en laat dit 3 maande le en wag tot iemand besluit dit moet nou gedoen word want die tyd is reg nie. Na so 2 weke se deurdenkte opsies besluit ek dis nou hoe dit is en dit moet gedoen word. Gister toe kap hulle al die ou teels af en nou staan die fan en blaas die mure droog. (Nou daai droog blaas affekteer die voorportaal se muur ook en man is ek noual op met daai muur). More kom sit hulle die nuwe teels in en seel die mure behoorlik. Maar Pappie het nie geweet hy gaan gisteraand by die huis kom en daar is nie stort in die en-suite nie. Eish. Man en gisteraand is hy juis nie lekker nie en ek drop sommer die bom, maar ek vererre vir myself erg. Maar ek hou my koel, want eks mos ‘n goeie vrou en GLADNIE ongeduldig nie.
Vanmore moet Pappa in die ander badkamer gaan stort. Klaar gestort. Ek besig met broodjies vir hom. (Maak nogals bleddie lekker broodjies want eks mos effe in die stront en soek DALK witvoetjie). Vra ek so ewe: “Werk die ander stort darem nog reg?” Ek wag in spanning vir die hou om te val, maar al wat ek gese word is: “Ja, dis nogals goed om te weet”. Tsk. Bleddie man.
Ja man, ek weet is nou lang aanloop, maar ek besluit toe nou om vanmore te bad vir die eerste keer in maande. (Ja toe ek stort want die stort is mos en-suite.) Was dit nou lekker, vol skuimpies en die water vuurwarm. Toe dink ek mos nou terwyl ek in die bad is, is bad ongesond of hoe. Ek weet hulle se stort gebruik baie minder water. Ek dink nie hulle weet hoe lank stort Pappa nie. Wat dink julle?
|
Willie Werfetter 
Gaan na die "Willie" blad vir instruksies om Willie op jou blad te plaas.
Kontak Die Werf diewerf@live.co.za
|
Wat se julle als?