Geskryf deur Pagoda32, op August 3rd, 2009
Eetbaar, ja?

Geskryf deur Pagoda32, op August 2nd, 2009

Die volgende is seker deur `n vrou geskryf , ek het dit van Saudi- Aramees vertaal na Spaans toe na Afrikaans.Maar ek dink dit maak sin. Waar pas die mans wat hier lees in en waar pas die vroue se mans in? Sorry dames ek pas goed in by nommer 4, as ek kon sou ek my gekloon het vir julle. Bwa ha ha….
1: Gawe mans is lelik.
2: Aantreklike mans is nie gaaf nie.
3: Aantreklike en gawe mans is gay!
4: Aantreklike, gawe en heteroseksuele mans is getroud.
5: Mans wat nie aantreklik is nie, maar wat gaaf is het nie geld nie.
6: Mans wat nie aantreklik is nie, maar wat gaaf is en wat geld het, dink weer die vroue is agter hul geld aan.
7: Die aantreklike mans sonder geld, is weer net agter die vroue se geld aan.
8: En die aantreklike mans wat nie so gaaf is nie en ietwat heteroseksueel is, dink weer nie vroue is mooi genoeg nie.
9: Die manne wat dink vroue is baie mooi en wat heteroseksueel is en ietwat gaaf is en wat nie geld het nie , is lafaards.
10: Die mans wat ietwat aantreklik is, ietwat gaaf en wat geld het en dankie vader straight is , is weer te skaam en maak nooit die eerste skuif nie!
11: Die mans wat nooit die eerste skuif maak nie, verloor outomaties geintriseerdheid in vroue as vroue die inisiatief neem.
Nou wie de fok verstaan mans?
Geskryf deur anniegetyourgun, op July 31st, 2009
The boys are pushing and shoving in the tuckshop queue
And then the tuckshop teacher hears one of the boys say “jou ma se @#*$”
She is outraged and sends him off to the headmaster’s office.
The headmaster asks him: “So what did you say?”
“Nuuthing Meneer”
The teacher heard you swearing”
“No Meneer”
“Well, What did you say?”
“Meneer, the guys was out of order so I jus tol them “you maasen poesh” …
Geskryf deur Pagoda32, op July 30th, 2009
Unieke skepping nommer 2 – jy’t dit eerste hier gesien…

Geskryf deur Pagoda32, op July 29th, 2009

Ouens ek vra julle beskeie menings oor die volgende gedenkskrif, nie deur my geskryf nie, maar deur `n ou omie (oom Lukas) êrens in `n ouetehuis wat dit vir my laat lees het en my opinie gevra het, toe vertel ek hom van die blog en wat dit alles behels, hy ken nie rekenaars nie, maar sal graag julle opinie wil weet.So asseblief as ek weer gaan kuier volgende week, kan ek dit vir hom gee.Dis presies sy woorde ek het dit net oor getik.Asseblief moet nie vloekwoorde gebruik nie, ek wil hê hy moet dit self lees.
Ek sit op my gunsteling ou riempiesstoel en kyk by die venster uit van die ouetehuis en voel hoe die wintersonnetjie se strale die ou moeë, koue lyf begin warm bak, nes ‘n akkedis dink ek. Ek kyk na my ou verrimpelde hand wat oor my kierie vou en wonder of ek nog ‘n winter gaan ervaar, my brein voel nog skerp, maar die ou lyf voel soos ‘n ander ou sin, ja seer en gedaan.
En soos elke dag die afgelope paar jaar begin die herinneringe deurkom, duidelik, helder en saam met dit ook emosies, al die lief al die leed, ek dink aan my wederhelfte wat al ‘n dekade terug weggeneem is en aan my kinders wat my drie maande (of is dit nou vier maande?) laas kom besoek het. Ek voel alleen, verwerp, afgeleef, ja selfs misbruik. Al wat ek oor het is my herinneringe, ja goeie herinneringe baie meer as slegtes.
Ek het alles in die lewe gehad, geld, goeie gesondheid, kinders, ‘n baie goeie vrou, maar….. en daar kom ‘n skadu oor my gesig, ‘n ver-af uidrukking in my oë, ‘n pyn in my ou hart en ek dink weer aan haar, die meisie met die swart golwende hare, die enigste vrou wat my hart ooit kon verower, maar my nooit beskore was, verbode liefde, ‘n buite egtelike verhouding, noem dit wat jy wil, maar my hart het nie omgegee nie, hy wou vir altyd by haar wees, maar soveel ander faktore het die uitslag bepaal en my hart het die stryd verloor.
Ek vee ‘n traan af wat oor my ou geplooide wang loop en wonder by myself of my kinders, wat al van my vergeet het, regtig besef wat ek vir hulle opgeoffer het sodat hulle in ‘n huis kon grootword waar die ma en pa bymekaar is, besef hulle ek het die liefde van my lewe vyf en twintig jaar terug vir hulle verruil, en nou sit ek hier alleen en ek wonder hoe dit sou gewees het as ek na my hart geluister het, hoe sou die lewe saam met haar gewees het, die meisie van my hart, sou my kinders anders opgetree het, sou hulle minder geballanseerd en suksesvol gewees het?
Onwillekeurig dink ek aan haar en wonder of sy nog leef, indien wel, hoe lyk sy, onthou sy my nog, dink sy nog aan my, want sy moes dieselfde opoffering gemaak het, sou sy dieselfde besluit weer kan neem as sy die geleentheid aangebied word?
My hand klem stywer om my kierie as die onvermydelike vraag opkom…….. As ek die horlosie kon terugdraai, sou ek my vrou wat altyd getrou en liefdevol aan my sy gestaan het en my kinders wat toe nog tieners was verruil vir die ander vrou die werklike liefde van my lewe……….? Sou ek dit kon doen, daar kom ‘n vasberade trek om my mond, ‘n ander lig in my oë en ja, as ek weer ‘n kans kon kry, sou ek vir my hart geluister het, want ek het opgeoffer, opgeoffer vir wat!!
Geskryf deur phibbie, op July 28th, 2009
Kom ons vergeet in die post van persoonlike lewens van die mense. ASSEBLIEF !!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek koop vir my die duet album van Dozi en Nianell. Dammit maar ek’s mal daaroor. Mens kan amper skaars glo dit is Dozi. Dit laat my toe aan die dink sit. Wie van ons Suid-Afrikaanse kunstenaar doen nog duette saam en is dit goed. Ge Korsten en Rina Hugo. Dammit hulle kon mooi saamsing. Manuel en Rina doen ook glad en geheel nie sleg nie. Min Shaw en Ge het ook mooi die ding gedoen.
Theuns en Juanita doen ook ‘n fab job met die duette.
Wie wat saam sing doen dit vir julle? En wie kan julle aanbeveel kan mens maar gerus na luister?
Geskryf deur Pagoda32, op July 27th, 2009
 
Ahhhhhh!!! FOK! Koop ek die Beeld is dit die popstêr, koop ek die Huisgenoot is dit weer hy, koop ek die Rapport is dit weer hy op die voorblad. Dis bekotsingwaardig. Het die Afrikaanse media fokkol anders om oor te berig as die asshole nie? Enige ou wat psigo-analise doen sal tot die gevolgtrekking kom dat die ou `n moerse psigopaat is. Hy het die vermoee vervolmaak om individue en die een-ogige Afrikaner publiek te manipuleer, indoktrineer en hy weet presies hoe om `n gehoor / skare of kwesbare skoolmeisie in die gehoor te streel. Hy is `n meester op daardie gebied. Sy naam – Steve H. Robert Mugabe, Sadam Hoesein en ander manipuleerders kan in die selfde asem genoem word. Master of words, maar kort voor lank maak J van hom die Master of Disaster. Go for it, J!! Ry die “WANGLER” bloots!!!!!
In die media spog die moegoe dat hy in Sasolburg net moes keer vir sy geperforeerde penis want 600 girls wou hom spyker! Ag liewe fok! Hoekom het julle nie maar `n moerse orgie gehou nie! Dan kon ons sien wat sit in jou “ag shame” – dis beslis nie agt duim nie. Dit sou Debbie Does Dallas na `n Sondagskool piekniek laat lyk het. Enige jafel wat `n jong meisie op `n verlate stuk grond in die lang gras spyker en enige vrou misbruik vir sogenaamde “popstêr afleiding” het net een ding voor oë en dis om te “kom”. Hy wil net n&&i en laat waai. Of dit nou 30 sekondes of 30 minute is, hy worry niks, hy wil net lekker kry. Eish!! Hy het geen benul van liefde maak nie of om `n vrou behoorlik `n “fullhouse service” te gee nie. No foreplay…no afterplay. Soos ek tussen die lyne lees is hy ‘n “Wam bang, thank you mam” en “Hit & run” spesialis.
Ek sien op Kyk-Net dat hy maar bra dik en uitgevreet geraak het…sy hemde sit knap en beklemtoon al sy vetrol kurwes. Hy ruk gereeld die loshangende T-hemde af as hy opstaan om dit oor sy middel te kry. Die selfbehaaglike, sedelose, sadistiese “p@es op die brein” popster is absoluut besig met selfvergoding. Hy parasiteer op onskuldige skoolmeisies, wat hy dan langsamerhand oor `n lang tydperk stelselmatig afbreek en weer volgens sy denke en idees opbou vir sy verwronge jagse ontladings. Al hierdie vroue, asook die een van Bloemfontein, het almal een ding in gemeen: Hulle was almal as jong, onervare skooldogters ge”molesteer” deur die seksbehepte popster. Vra enige pa wat sy sout werd is wat hy as pa sou doen met enige man van in sy dertigs wat met sy skooldogter lol. En as enige vrou wat hier lees die popsanger se optrede en wandade regverdig of goedkeur dan is jy nie `n ma se gat werd nie en is jy ook nie werd om `n dame genoem te word nie.
Kyk, ons almal hou van spyker of seks of “n&&i” soos die popstêr dit noem. Maar dan doen jy dit met jou portuur en nie skoolmeisies nie. Die popstêr het `n “fuckbuddy” in elke dorp gehad. Hoeveel daarvan was nie jong dogters (kinders) nie. In baie ander lande sou hy weens statutêre verkragting voor die hof moes pa staan vir sy wanpraktyke.
Dit klink amper soos die destydse TV sepie “Dallas”. Ons het dit sommer “Die gejok en gefok van JR en Jock” genoem. Ek noem die siekspul van die popsanger “Die manipulasie en pedophiliasie van die Afrikanernasie deur `n popsterdwasie”…
***Hierdie is die siening van Brein. Moenie aanneem dat dit ook die sienswyse van almal by Die Werf weerspieel nie. Maar net so tussen ons – baie in hierdie skrywe stem ooreen met my eie sienswyse. My respekmeter vir SH, sy musiek uit die prentjie gelaat, wys ‘n vet, ronde -3. Pagoda32***
Geskryf deur Pagoda32, op July 27th, 2009

Ja soos Anton Myburgh aka Murgpyp sing “Ek`s `n uitskopkind van die establishment” en soos Sonja Herold sing “Skipskop, Skipskop wanneer hou die dinge op” so voel ek seker nou al vir vyf weke.Fokkit alles breek, alles gaan tot niet.Bittermin in my lewe het dinge in en om ons huis gebreek.
Maar soos dinge nou aangaan dink ek die fokken duiwel is los.Amper soos in Openbaring 20 waar die satan na die duisend jaar vredesryk losgemaak word om die nasies te verlei, maar fok weet ek dink hy sit al sy energie en aandag op DIE BREIN!!!!AHHHHHHH!!!!!!
Eerstens sukkel ek met my desktop rekenaar wat `n virus op het en so stadig is dat mens dit nie kan gebruik nie, daarna sien my laptop sy gat, die een plek sê eers dis die dvd-writer wat moer toe is , maar nee ook nie dit nie, maar hulle kan nie die ou data herwin nie. So toe vat ek dit na beter fundi`s maar hulle sê weer die hardeskyf het sy gat gesien nou wag ek vir pryse, maar nou sloer hulle.Hulle kan ook nie my dokumente,ou fotos en musiek red nie.Ah well……………..Toe kry ek `n nuwe kontrak 3G Huawei modem MTN, brandnew uit die box. Dit werk `n hond uit `n bos uit vir ongeveer `n week en daarna gee dit die gees.MTN gee nie `n nuwe een nie, hulle stuur die een weg vir herstelwerk.Nou moet ek wag tot einde Julie vir `n nuwe ding waarop ek al twee maande moet betaal maar nog fokkol kon gebruik en dan dra hulle nie die twee gig oor nie, al is dit `n fokkop aan hulle kant.
Nou die grootste skade van alles, is Dinsdag die 3de Junie is ek en my vrou met haar Chev Aveo oppad na my swaer wat langs vaaldam woon, sowat 15km vanaf sy plek slaan die kar se motor vas sonder behoorlike waarskuwing , die probleem volgens die ouens wat weet is dat die oliepomp nie gewerk het nie, die kar is nog vol olie.Daar staan ons langs die pad, my moed in my skoene en ek voel skielik op moedverloor se vlakte.Wel die skade taraaaaaa R30 000.00.
Dan sowat `n week en `n half gelede werk een van my heatguns , waarmee ek verf van oumeubels en deure afhaal nie so lekker nie, ek maak `n slinternuwe Ryobi heatgun wat nog in sy tas is oop , wat ek sowat nege maande gelede gekoop het , maar omdat ek hom so lank het , het ek al sy waarborg en kwitansie weggegooi.Die ding het nog nooit ooit gewerk nie, ek skakel hom aan en begin die verf afhaal na sowat twee minute begin hy rook en raas en die donnerse ding brand in my hande uit, soveel so dat hy smelt, ek moes inderhaas die krag toevoer af sit.
In die laaste vier weke het ons watersuiweraar wat ek sowat twee jaar gelede laat instaleer het skielik nie meer water in sy tank nie, dit loop toe net nie meer in nie, eers dink ek dis die filters, maar nee dis `n pyp wat binne die muur gebars het, nou moet ek die muur oop kap en nuwe pype in sit.
Intussen het my Ryobi tafelsaag, beltsander en `n gewone orbital sander ook hulle gatte gesien, gelukkig kan die saag en beltsander reggemaak word.Maar nogtans.Dan was ek ook besig om my hare droog te blaas toe die blow-waver begin raas en rook uitblaas en brand net flippen uit.
Gisteraand lek ons redelike nuwe Morphi Richards ketel ek neem hom onderhande nou lek hy steeds en werk sy liggie nie meer nie en wel daars nie `n manier om die seel te vervang nie, …….tyd vir `n ander een.R45 000.00 se skade en tien artikels, eiendom sien hul gate.Dan was ek ook seker tien dae siek aan griep of piep.Eks nou nog nie reg nie.Maar survivors is ons, nie quitters nie.Dan het ek my dogter ook `n paar duisend rand belowe om huis op te sit die maand.Ek het maar geld losgemaak by Absa en amper 90% van ons spaar geld gone with the wind.Ek en my vrou wou met die spaargeld die rugbywêreldbeker in 2011 in Nieu Zeeland gaan kyk het. Ek is moedeloos en fragile binnekant, maar hou dit vir myself.Ons gewone mense sukkel om te spaar dit het my jare gevat voordat ek ooit kon spaar, maar nou is die laaste paar jaar se geld gevreet deur iets, maar watse iets die weet ek nie.
Ek het seker vier weke laas geblog, ek het lusteloos geraak en het maar net gefloat, kop bo water gehou , nou kyk ek noord en fok voort.
Geskryf deur Pagoda32, op July 25th, 2009
Dis ongelooflik.
Die wereld is in resessie en dit lyk asof my dinge blom.
Die verhoudingsbestuurder by ABSA op Oudtshoorn vra eendag vir my (ek het aansoekgedoen om ‘n verband) wat my besiel om vir ‘n verband aansoek te doen terwyl rentekoerse 18% is. Ek se hom toe: “As ek ‘n verband kan bekostig terwyl dit so hoog is, weet ek mos ek lag al die pad bank toe sodra dit afkom!”
Ek het die verband gekry.
Ek dink dieselfde geld in besigheid. As jy ‘n ding kan maak werk, of iets kry wat vir jou werk, terwyl dinge sleg gaan in ons ekonomie, sal die kanse baie groter wees dat jy ordentlik sal uitstyg sodra die ekonomie draai. Ek het dit weereens vandag besef.
Met ‘n oog op ‘n langtermyn doelpunt het ek onlangs iets nuuts begin en die resultate het my effe onkant betrap. My moeder was naarstigtelik ingeroep om te help met admin (daar is min te doen tans maar sy moes haar lyf bemarker hou en sy het foonboeke gefynkam vir die details wat ek nodig gehad het).
Dinge het so goed gegaan die laaste paar weke dat ek vandag vir myself my eerste laptop kon aanskaf. Cash. Die bestelling vir ‘n desktop pc vir my ma is reeds geplaas.
En vir die eerste keer in my lewe voel dit of ek kan asem haal. Dat dinge besig is om te draai. En terwyl die ekonomie so sleg is dat baie mense hul huise verloor en karre moet prysgee…Dis sad…maar ek voel goed.
Die post is die eerste geplaas van die laptop af!
Geskryf deur phibbie, op July 25th, 2009
1. Include Your Children When Baking Cookies
2. Something Went Wrong in Jet Crash, Experts Say
3. Police Begin Campaign to Run Down Jaywalkers
4. Drunks Get Nine Months in Violin Case
5. Iraqi Head Seeks Arms
6. British Left Waffles on Falkland Islands
7. Teacher Strikes Idle Kids
8. Clinton Wins Budget; More Lies Ahead
9. Plane Too Close to Ground, Crash Probe Told
10. Miners Refuse to Work After Death
11. Juvenile Court to Try Shooting Defendant
12. Two Sisters Reunited after 18 Years in Checkout Counter
13. War Dims Hope for Peace
14. If Strike Isn’t Settled Quickly, It May Last a While
15. Couple Slain; Police Suspect Homicide
16. Man Struck by Lightning Faces Battery Charge
17. New Study of Obesity Looks for Larger Test Group
18. Astronaut Takes Blame for Gas in Space
19. Kids Make Nutritious Snacks
20. Typhoon Rips through Cemetery; Hundreds Dead
|
Willie Werfetter 
Gaan na die "Willie" blad vir instruksies om Willie op jou blad te plaas.
Kontak Die Werf diewerf@live.co.za
|
Wat se julle als?