Lag ‘n slag!

‘n Man stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool.
“As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.”
Die dogtertjie hou net aan loop.
Die man ry stadig agter haar aan. Weer sê die man
“As jy inklim Dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!”
Die dogtertjie hou nogsteeds net aan loop.
Die man ry weer stadig agter haar aan. Weer sê die man
“As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies en sjokolade!”
Die dogtertjie draai om en sê:
“Pa, Ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die fokken Cortina nie!!”

Handsak

Ek is versot op handsakke.  Ek kan my verkyk aan handsakke in winkels en selfs handsakke wat ander vroue dra. Ongelukkig rol ek nie in die geld nie, maar as ek het, sou ek heel moontlik meer handsakke gehad het as was Imelda Marcos skoene het.

En dit maak nie saak watter grote handsak ek dra nie, die dem ding bly net te klein.  Kuifie weier om iets uit my handsak te haal, hy sê hy’s bang hy haal ‘n dooie poliesman daaruit.

Kyk, jy kan my en my handsak in die woestyn gaan aflaai, ek sal oorleef.  Beursie, paspoort, I/D, water, suiglekkers, grimering, parfuum, skêr, leë cd’s, handroom, so ‘n asemhaling-dingetjie as ek iemand “mouth-to-mouth” moet gee, hareborsel, selfoon, kamera en so kan ek aangaan.

Wat het jy alles in jou handsak?

Picturebucket is “ONLINE”!!!!!!!

…maar 85% operasioneel…

Genoeg gepraat daaroor – nou’s dit gedoen!

Gaan loer gerus en versprei die woord.

BIGAMIE, POLIGAMIE & VEELWYWERY

Iemand het my gevra om iets hieroor te skryf. Hy het ‘n stelling gemaak dat sy broer sê dat ‘n man meer as een vrou mag hê. Kyk hoeveel mans sal nie daarvan hou nie, maar dis nie wettig nie en om die minste van te sê, dink ek enige een wat werklik daaraan glo is absoluut sektaries.

Ek het nie geweet wat om te skryf nie. Terwyl ek so besig was met houtwerk het ek die Here gevra om my te help met insig, iets wat ek nie meer doen nie. Die volgende het by my opgekom.

Ten eerste reg in die begin van Genesis lees ons dat God vir Adam en Eva geskape het, nie vir Adam, Eva, Amanda, Belinda, Elise, Gerda, Hermien, Karin en Natasha nie.

I Korinthiërs 7 : 2 sê : Maar vanwee die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man.

Nou vra almal maar waar kom veelwywery of poligamie vandaan, dis nou as een man ‘n paar vroue het. Bigamie is dieselfde maar verwys ook na ‘n vrou met meer as een man. Dis alles strafbaar volgens wet, met ander woorde dis ‘n misdryf en ‘n misdryf grens weer aan kriminaliteit. Reg in die begin het Sarai haar slavin Hagar as vrou gegee vir Abraham, hier was dit nie God wat dit ingestel het nie, maar mense.

Baie mense vra nou maar waarom het Salomo so baie vroue gehad. I Konings 11 : 1 – 4

Vers 1 – En Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese –

Vers 2 – uit die nasies waarvan die Here aan die kinders van Israel gesê het : julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; baie sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan – Salomo het hulle met liefde aangehang.

Vers 3 – En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.

Vers 4 – En in die tyd van Salomo se OUDERDOM het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die Here sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.

Kyk weer hoe interessant is vers 4. Dit sê “in die tyd van Salomo se “ouderdom”, verwys dit nie na ‘n tyd in sy lewe met ander woorde oorgangsjare nie? Waar sy androgene seks hormone naamlik testosteroon wat in die testes van ‘n man geproduseer word mens se denke en brein aantas. Want kyk wat het alles daarna met Salomo gebeur, sy agteruitgang, sy vyande het meer geword en sy einde was in skrille kontras met sy begin.

Dink mooi daaraan wie was Salomo se pa? Dawid natuurlik en Dawid het oorlog gevoer sy hele lewe lank van jeug af tot by sy dood. Dit het meegebring dat in die koningskap van Salomo was daar duisende vroue wat manloos of vriendloos was want duisende manskappe het gesneuwel op die slagveld. Vandaar die oorvloed vroue. En vanwee, gretigheid, jagsheid en die hardheid van mense se harte het die dinge ontstaan, maar van die begin af was dit nie so nie.

Nou ja ons is mos nie Zumas of Mormone nie. Islamitiese lande en sekere stamme asook etniese groepe in Afrika praktiseer ook poligamie.As iemand dus meer as een vrou soek emigreer gerus na Marokko, Libie, Saudi Arabie, Soedan of Iran, dan kan jy jou fantasy daar uitleef.Kry jul vrouens sommer daar.(Sien kaart van lande waar poligamie wettig is)  Of wat seg ek dan.

Oppiedam met Andre Swiegers.

Vrydagaand het ons saam met vriende na Andre Swiegers befaamde folksanger en liedjieskrywer gaan luister by Oppiedam `n plek waar huweliks onthale en allerhande funksies gehou word.Die plek is gelee tussen Nigel en Balfour.Wie het nou ooit gedink daar kan enige iets goeds uit Brakpan kom, behalwe vir een/twee/drie-manne, dis nou die eenliter brandewyn ,tweeliter coke en drieliter Fordmanne.Wel daar het en dis die sanger van “Blou”!

Andre het intussen verstand gekry en het verhuis na Pretoria waar hy steeds woon.(Ek hoop net nie hy is ook `n Bloubul nie)Verlede jaar het ons ook na hom by dieselfde venue gaan kyk, en getrou aan sy reputasie het hy ons aan die brand gesing op `n vrek koueaand.Hy was vol kwinkslae en Savvanah Dry moes die stembande streel na amper drie en `n halwe uur wat hy in die verkeer spandeer het, om die sowat honderd kilometer tussen Nigel en Pretoria af te le.

Andre het akoestiese kitaar gespeel en was ook begelei deur sy twee seuns Emil (18) (Kitaar) en Jean (20) dromme.En nou oordryf ek nie, hulle is briljante jong musikante dis moerse entertaining om te sien hoe passievol en met liefde die jongmanne die instumente bespeel.As enige een ooit kan gaan kyk waar hulle optree, doen moeite jy sal nie spyt wees nie.Die seuns gaan nog uitstyg.

Andre het sy eie songs gesing wat hyself geskryf het asook ietsie van die Beatles, hy se mos hy glo nog altyd hy was die vyfde Beatle.Dan het hy ook Moonshaddow van Cat Stevens gedoen en afgesluit met `n showstopper waar hy twee songs van een van die grootste kunstenaars van alle tye gedoen het naamlik Niel Diamond.Fokkit alle eer aan Steve Hofmeyr wat Niel Diamond gaan tribute hy kan, maar Andre Swiegers is fenomenaal en Steve kan maar by hom gaan leer hoe.Jammer Steve, maar DIS HOE DIT IS!

Van die os op die jas, Andre Swiegers is die 4de Julie as ek dit nou reg kan onthou op Steve se show Dis hoe dit is.Maak maar `n aantekening om dit te kyk.Van sy bekendste werke is: Blou, Eva, Jammer om te hoor, Turn on the light, Take me where the sun is shining, Twee feilbare mense, 1966 Volkswagen Beatle Blues, Maggie Relax, Hoe draai die wind dan nou, Jy doen dit vir my en Sirkels van tyd.

Die volgende kunstenaars het van sy werke opgeneem : Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Mathys Roets, Die Coleske, Irene van Wyk, Pieter Smith, Danie Niehaus, Amanda Luyt en Guillome.Gaan kyk hier http://www.andreswiegers.co.za/default.aspx as julle meer wil weet en waar sy volgende shows is.

Andre as ek so na jou ou fotos kyk met jou kapsel in die einde sewentigs en begin tagtigs behoort jy Leo Sayer se songs ook goed te kan doen.Andre het gese hy sal Die Werf besoek en `n coment of twee kom los, op die post.As hy dit nie doen nie vote ons vir hom as werfetter van die maand.

Hastilla Vista!

Kill Bill

Ek is ‘n groot aanhanger van Quentin Tarantino en die rolprente wat hy al gemaak het.  Pulp Fiction ken ek woord vir woord en Kill Bill het ek ‘n paar keer gekyk.

Maar groot was my skok toe ek vanoggend sien David Carradine het selfmoord gepleeg, homself opgehang aan ‘n gordynkoord, binne in ‘n hangkas.

En so eindig sy lewe, eensaam binne in ‘n kas……..  :cry:

RUGBY: OUMA EN OUPA – bwhahahahahahahaha

Ouma & Oupa klim in die bed.

Oupa gee ‘n harde poep.

Ouma vra: ‘Wat was dit?’

Oupa dink vinnig en sê : ‘dis poeprugby…7 punte vir my!’

Paar minute later poep ouma en sê : ‘n drie & ‘n skop, 7 punte elk!’

Oupa gee so n sagte poepie en sê: ‘strafskop vir my, 10 – 07′

Ouma laat loop ook met n ligte enetjie en sê: ‘ strafskop, 10 elk’

Direk daarna gee ouma nog een en sê : ‘skepskop!’ ek loop 13 – 10 voor..!!’

Oupa druk op sy hardste, verloor beheer en beskyt die bed.

Ouma vra : en dit?

Oupa sê: Dis halftyd, ons moet kante ruil’

Onderskeid tussen Optimisme en Opportunisme.

Ek het al baie gewonder is daar `n verskil of onderskeid tussen die twee byvoeglike naamwoorde is hulle sinoniem of antoniem met mekaar.Die woord optimis moet volgens my saamloop met opportunis, maar optimis kan alleen gebruik word.Die woordeboek sê `n oppertunis is iemand sonder enige vaste beginsels wat net met die omstandighede rekening hou en `n gunstige kans afwag.En dat so `n persoon se motiewe/intensies nie eerlik, direk, reguit, deursigtig en nie op die man af is nie.

Een van die grootste opportuniste in die skepping is sekerlik `n Leeu.Maar om terug te kom tot die punt is dat volgens my kennis is `n opportunis iemand wat iets doen om voordeel te trek uit `n situasie, om sodoende homself te benifisieer of om sy saak te bevorder , wins en nut daaruit te kan kry.

`n Spekulant of besigheidspersoon moet dus albei eienskappe openbaar anders is sy lot gedoem.Maar en hier is my probleem, baie mense het al gesê eks `n oppertunis, maar volgens die definisie daarvan verskil ek, want ek is nie beginseloos nie. Byvoorbeeld as ek erens in die dorp ry en ek sien mense is in die proses om `n ou gebou of huis te sloop, loop ek eenvoudig in stel myself voor en val met die deur in die huis.Ek sê dan dat ek oregonhout, antieke baddens en wasbakke op koop.As die persoon in beheer sê dis reg wat bied ek aan en ons maak `n deal of as ek weet iemand anders het hom reeds genader vir die items en `n prys gemaak, maar hulle het nog nie `n deal nie, en ek bied hom `n beter proposisie en hy aanvaar myne, en ons maak `n deal. Maak dit nou van my `n gewetenlose, beginselose opportunis of was ek optimisties en het ek eerder goeie sakevernuf geopenbaar? Ek dink so.

Almal wat sake doen en transaksies sluit het iets in sy agterkop, of is dit nou agterhoof en dis geld, winsbejag! Ek glo as ek besigheid doen met persone moet elkeen darem sy skeppie van die “sous“ kry. Daar is mense wat alles wil pocket of so groot as moontlik wins in sy sak wil steek, tenkoste van sy medemens.

Opportuniste is meer daarop uit om mense te nail (uitbuit) byvoorbeeld, ek koop `n nuwe rekenaar maar het nie `n koeken clue wat alles in die rekenaar moet wees nie, al waarvoor ek dit nodig het is vir privaat gebruik.So `n kombinasie sal ongeveer R5000.00 kos.Maar nou sien die verkoopsman ek is `n totale leek en spin my `n moerse strontstorie.En sê meneer wat jy nodig het is die volgende en dan verkoop hy `n gamers PC aan my of hy verkoop die regte rekenaar aan my vir R5000.00 maar met goedkoop Bombai parte.

Ek het die volgende tien punte uit die Cleo magazine gekry en dit vertaal.

Tien maniere hoe om optimisties te wees.

1:Glo in jouself.

2:Vermy slegte en nadelige gedagtes.

3:Moet nie terug kyk met woede na iets wat gebeur het nie.

4:Hoop vir die beste.

5:Omring jou en meng met gelukkige, energieke en positiewe mense.

6:Wees begeesterd en geinspireerd.

7:Beloon jouself as jy doelwitte bereik het.

8:Moet nooit opgee nie.

9:Leef gesond.

10:Moet jouself te tekort doen nie.

Hoop dit inspireer jul en kak my maar uit as ek verkeerd is.

Hastilla Vista.

Foto site

Die planne vorder mooi.  Nou soek ek terugvoer van almal.

Dink nou bietjie mooi! As jy selfs net die geringste belangstelling in fotografie het, wat sou jy graag op ‘n fotografiese site wou sien?  Vergeet vir ‘n wyle van die kompetisie; dit gaan ‘n klein been van die site wees.

Kom ek begin deur te vertel wat in die pyplyn is, dan val julle in met voorstelle onder die comments:

  1. Daar gaan gereelde artikels geplaas word wat tips en truuks gee omtrent fotografie.  Daar gaan tips gegee word vir die afneem van stillewe, diere, aksiefotos, ens.
  2. Daar gaan nuus wees van fotografiese toestelle, verskillende hulpmiddels, ens.
  3. Daar gaan (ongeveer) enigiets tussen 5 en 10 bydraers wees.  Ek weet NIKS van fotografie af nie, maar ek (en wie ook nog belang stel – Phibbs ;) ) sal in die agtergrond skarrel met die admin.
  4. Ek wil ‘n gedeelte op die site reserveer vir mense om ‘n eie portefeulje op te bou.  Ek is nog op soek na die regte tools om dit reg in werking te stel, maar dit sal teen ‘n prys moet plaasvind.  Dit sal gelukkig nie duur wees nie.  Ons kyk na R20 per maand per fotograaf en jy sal die kans kry om ongeveer 100 fotos op jou blad te kan laai (niks groter as 200kb nie – groter fotos moet ge-resize word)
  5. Die kostes verbonde aan jou eie portefeulje sal gaan vir die administrasie van die site, die bandwydte, die webspasie wat betaal moet word.
  6. Die site gaan aanvanklik “community driven” wees.  Enigiemand met ‘n belangstelling in fotografie kan aansluit en registreer, daar gaan comments op fotos gelaat kan word, daar sal ‘n forum beskikbaar wees waar idees uitgeruil kan word.

Kan julle aan nog iets dink?  Wat sal julle wil sien? Enige spesifieke soort artikels, insette, ens?  Gereelde features?

Praat met my!

Moer funny!

Ek glo dat baie mense nie sal weet wie Jeremy Nell is nie.  En dis OK.  Ek het nie – en ek hou van my karikature!  Ek glo Emil en Johan behoort van die ou te weet… ;) Continue reading Moer funny!