Sjoe!

As dit nie jou hart laat custard klop nie is jy ‘n klip man!


Fast Tube by Casper

Tussen spasies

Ek wil byvoorbaat om verskoning vra vir die stilte.  Dit het maar bra rof gegaan die laaste paar maande, maar ek dink die prioriteite is nou genoegsaam agter mekaar gekry, etterwetters uit my lewe gesny, stressvlakke laat dael…ens.

Ek gaan eerlik wees.

Brein is weg, Phibbie is tjoepstil, kuiermense is weg, ek was hopelooslik vasgevang in ‘n hoernes van bedrywighede…ek het dit ernstig oorweeg om die blog te staak.  Elke keer as ek aan ‘n nuwe inskrywing gedink het het die uittik daarvan vir my soos werk gevoel.  En dit moenie!

Ek is dankbaar daarvoor dat ek die laaste twee maande keuses kon maak wat moeilik was, maar op die lange duur beter vir almal na aan my sou wees.  En daarmee saam kan ek nou uiteindelik ‘n persoonlike tydjie inruim waarin ek my gedagtes neerpen…en daarvoor is Die Werf mos! So, nee…ons gaan nerens! En ons sal weer die kuierplek word wat ons eens was!  Gee net kans!

As julle van enige skrywers weet wat saam met my en koeksissie en phibbie (as sy nog leef) hier wil sleutels tokkel, drop my ‘n mail!

Ons kyk net vorentoe!

Skippie op die rowwe see

Ek is hartseer en confused.  Ek en Kuifie kom al ‘n lang pad saam. 26 Jaar nou al.  Wat my opgeval het, is dat ons altyd “saamgegroei” het.  As ons iets saam moes gekoop het, het ons smake darem altyd saamgeval sonder dat daar ‘n hareklowery is.

Ja, daar was nou en dan iets waaroor ons nie saamstem nie, maar jel, dis nou nie die einde van die wêreld nie, ‘n mens werk maar daarom.

Ek het sy lyf voor my oë en onder my hande “sien” verouder en hy myne, en dis cool.

Maar, ek het vandag die woord “huweliksberading” gaan google, want skielik het ek ‘n behoefte om alle raad en idees in te samel, want ja, ons is net getroud, en dit is dit.

Ons is besig om teen ‘n helse pas uitmekaar te groei en ek probeer keer dat dit bars. Die “oemff!” is weg, ek het my mojo verloor.

Wat moet ek doen om dit weer terug te kry? :(

Wipeout

Wie van julle het gisteraand Wipeout gekyk?  Hoor hier, ek het myself lanklaas so geniet, ek het dit eintlik meer geniet as Izak Davel in sy rooi mankini op Survivor.

Daar is verskillende hindernisse, en die deelnemers word ge-elimanate totdat net 1 oorbly wat dan 50 000 US$ wen. Daar is ‘n muur waarteen hulle moet loop maar dan is daar bokshandskoene wat uitkom en hulle in ‘n put vol modder neuk, een ou het sy skoen daar  verloor

En dan is daar die rooi balle, daar het ek gelê soos ek lag. Die meeste het op die 1ste bal gegly en dan teen die 2de een gebons tot in die modderwater.  Ek dink daar was net 2 wat oorgekom het.

Dan is daar ‘n sweeper, waar jy op ‘n hoë paal moet staan en oor ‘n ding moet spring wat in die rondte draai, daar het ‘n paar mense hulle gatte gesien.  Daar was ‘n cheerleader, jel, maar die meisiekind spring met haar knieë en voete amper verby haar kop. Daar sou ek verseker my gat gesien het, toe balans uitgedeel was het ek agter in die ry gestaan.

Volgende is die cookie cutter, daar moet jy op ‘n bewegende platform deur ‘n paar cutouts spring en weer op die platform beland, klink maklik nê? Baie van hulle het sommer afgeneuk net om op die platform te kom, dit was eintlik vrek moeilik!

Uiteindelik het 3 deurgekom na die laaste rondte, 2 ouens en die cheerleader, ek het vir die cheerleader gecheer, maar sy het dit toe nie gemaak nie.

Dit was groot sports, kannie wag vir die volgende program nie :lol:

Bullybeef

Hierdie is Bullet, aka Bullybeef. Van julle ken hom al.  Hy is nou 14 jaar oud, so doof soos ‘n kwartel en die agterlyf wil nie meer lekker saamwerk nie.

Volgens die hondeboeke word boxers se verwagte lewenstyd bepaal op 11 jaar, en soos Kuifie sê: “Bullet kap al in die bos”

Op hierdie foto lê hy op sy kussing en hou my bewegings fyn dop. Ek het pannekoek gebak en hy lê net en wag vir die pannekoeke wat hy weet, wel in sy rigting gestuur sal word.

Soos ek gesê het is hy doof, en dit het vir my en hom genoodsaak om mekaar ‘n paar honde “signlanguage” te leer sodat ons mekaar nog in ‘n mate kan verstaan.

Dit werk honkiedorie uit vir ons 2, dis net as ander honde -eienaars elke aand op hulle walkies gaan en hulle stap verby ons huis, sien hulle hierdie mal vrou wat in die tuin staan en vir ‘n hond signlanguage wys….

Brein se verskoning – Kragapie post

***En die vloer is Brein s’n***

Vir almal wat geraak en ongelukkig voel en gevoel het oor die posting wat ek geplaas het in November 2008, wil ek met hierdie posting my werklike en opregte apologie aanbied.Die dedoeling van my posting en so ook almal wat ek geplaas het was meestal gemik met die oog op redenering, om soveel moontlik hits te kry en om dinge net interessanter te maak.Nie op enige persoon in naam nie.

Hiermee sê ek nie dat my postings en bewerings ooit korrek en honderd persent van gebeure was soos dit gebeur het nie.Ek het baie dinge bymekaar geskraap net om reaksie uit te lok en soos al die tyd lekker te gesels, redeneer  en mekaar se siele uit te trek.Net om die volgende dag weer almal groot  vriende te wees.En ja ek het landwyd vriende gemaak.

Ek aanvaar verantwoordelikheid vir die posting en wil dit nie op ander en op afgestorwenes afskuif wat nie hul sê kan sê nie. Die posting was nie op enige individue gemik nie, maar ek het oor die algemeen geskryf en die pap dik aangemaak soos gewoonlik net vir die fun en vir die redenasies wat dit kan uitlok.Die doel van al die postings was nog altyd om `n stelling te maak of insidente te gebruik en dan is dit oop om daaroor te praat soos almal dit goed dink.Ek wou nooit enige een inkrimineer of die vark in die verhaal maak nie.As dit dalk so daarop dui vra ek ook daarvoor omverskoning.Wat presies daardie aand aanleiding gegee het tot die voorval weet ek regtig nie, die mense wat in die hitte van die stryd daar was sal dit alleen weet.

Ek moet byvoeg dat Deon daardie aand baie aangename geselsskap was en ons het lekker geskerts en grappe gemaak.Hy het ook gesê ek moet kom gym en my vrou geterg dat  ek steroids moet gebruik.Hy is `n  baie gemoedelike mens. My dogter en haar vriend hou regtig baie van hom. My intrepetasie van gebeure moet nie as die alfa en omega gesien word nie, ek wou net interaksie uitlok en die baan open oor wat almal se siening rondom sterioiede is. Dit kan positief en of negatief wees.Ek het ook al in verskeie posts soos die een ander klippe in die bos gegooi net om die saak bietjie omstredenheid te gee.

Ek weet verseker die mense wat daar was is  goeie ouers en eggenote vir hul vrouens.Deon het nadat hy die afspraak met my verlede week gemaak het eers sy kinders se sake behartig en daarna die afspraak met my nagekom.En almal is meer as instaat om in alle opsigte hul kinders en vrouens se behoeftes te vervul.

Ek het ook al verskeie kere met oom Deon Scheepers gesels , en ja wat kan ek anders sê as ….wat `n man, en voorbeeld , hy het die kruin van die golf in die liggaamsbou wêreld vir baie jare gery.Hy is en was altyd nederig en `n voorbeeld vir almal van ons.Ook ken ek vir Thys van Heerden `n fantastiese mens en beter voorbeeld as ek self..En as dit enige iemand anders ook offensive gevoel het oor die posting, kan ek net sê jammer en ek vra jou en jul vergifnis.

Om te blog het vir my `n verslawing geword, `n soort van `n obsessie, amper soos iemand wat aan een of ander verdowingsmiddel verslaaf is.Dit is aan my uitgewys en ek het myself weggeskeur van die blogs.Maar na my pa se dood in Augustus het ek stelsel matig die bloggery vaarwel toegeroep. Ek het sedert einde September, begin Oktober verlede jaar opgehou blog.Ek het dan en wan erens comments gelos.Maar nou is ek klaar. Daarna is `n vriend van my Tokkie van der Merwe oorlede, in Desember is my neef en my pa se suster oorlede.In Desember het ek hart probleme ontwikkel en het inplantings in my hart gekry en was `n paar dae in ICU en is sedertdien op medikasie daarvoor en ander mediese probleme ook.Maar ek sal daardeur kom.

Ek was te veel uit om op die blogs peoples-pleezers te wees, soos my grootvriend Iceman altyd sê. 

Soos Iceman se vriendin sê:Trials and tribulations gives us character, makes us strong inside and give us perseverance.

Dankie aan almal wat my verdra het en aan ou Pagoda, jy is `n goeie vriend en ja ek het baie by jou geleer.

Weereens vergewe my en ek steek my hand van vriendskap uit.

Hastilla Vista.

Frustrasies en verskonings

Eerstens moet ek innig om verskoning vra.  Ek was soos ‘n hond wat sy eie stert jaag die afgelope paar weke.  Min slaap en min tyd…werk werk werk werk…bietjie sport…tyd vir famile inruim…werk werk werk werk…

Ek sien netnou eers hier le al 5 posts van die 11de af wat live gemaak moet word! Sjoe!!

Maar nou moet ek iets met julle deel.

Ek kry die nare gevoel dat die Suid Afrikaanse samelewing een is wat propvol is met mense wat bitter vinnig die “buck pass” as dit hom of haar pas.  Enige persoon wat op gereelde grondslag met SARS te doen het sal vir jou kan se dat, buiten die UIF kantore en die kantoor van Workmens Compensation, dit die een plek is wat jou grys kan maak voor jou tyd.

Die laaste drie jaar probeer SARS hard om hulle beeld op te skerp deur allerhande snaakse foefies in te bring wat kwansuis jou besoek aan hulle meer draagbaar behoort te maak.  So word ‘n kaartjie stelsel ingebring.  Elkeen meld aan by ontvangs, vertel in ‘n kort sin wat jou probleem of rede vir besoek is, is ooreenkomstig word ‘n knoppie gedruk en jy met ‘n kaartjie weggestuur sodat jy soos ‘n stout skoolkind moet gaan sit en wag tot ‘n elektroniese stem (wat toevallig klink asof iemand haar met ‘n kettingsaag martel) jou nommer uitroep en jou na ‘n diensooreenkomstige toonbank toe stuur.

In teorie werk dit pragtig.  Jy kan sit waar jy wil sonder dat jy soos ‘n kind elke 2 sekondes hoef op te staan en ‘n stoel aan te skuif omdat jy in ‘n kamstige ry sit.

In die praktyk werk dit dieselfde, maar die menslike element wat wel betrokke is het afgestomp geraak…soveel so dat dit TE maklik geword het vir klerke om net ‘n knoppie te druk, ‘n kaartjie in jou hand te stop en jou van bakboord na stuurboord te stuur.

So daag ek op met my voltooide registrasiepapiere en ‘n ander dokument wat ingehandig moet word vir ‘n ander registrasie wat al reeds 3 weke gelede gedoen was.  Die eerste wagsessie was verbasend vinnig verby.  Tien minute het verbygevlieg en my vorms is ingehandig.  Ek vra toe waar ek moet aanmeld om ‘n spesifieke klerk te sien wat ons met die vorige registrasie gehelp het sodat ek die vorm in sy ahnd vir hom kan gee.

Hy is op kursus, maar ek moet sy plaasvervanger gaan sien.  SY se so VIR MY! En sy hardloop namens my om vir my ‘n ticket te kry en help my heel oulik in die regte rigting waar ek moet sit en wag. 2 Ure later sit ek nog steeds…en my common sense se vir my iets is nie reg nie.  Hoekom moet ek vir 2 ure sit en wag om EEN vorm in te dien wat hulle in hulle eie tyd kon vasle sonder dat ek naby hoef te wees en veral as die hele transaksie nie eers 30 sekondes gaan neem nie (die oorhandiging van die dokument).

Ek sien die knaap sy kop agter sy stasie uitsteek en ek vra toe sommer prontuit of ek nie net die vorm by hom kan los nie.  Hy val amper op sy rug toe hy sien ek wag al 2 ure om die eenvoudige dokument af te gee.

Hy neem my terug na ontvangs en ek sien ‘n lig aan die einde van die tonnel.  Ek sal sommer gou daar uit wees.  Die knaap by ontvangs vra innig om verskoning vir die onnodige wag en stop NOG ‘n ticket in my hand.  ek moet nou gaan sit en wag tot ‘n ander dame my roep – “maar dit behoort baie vinnig te neem”.  Toe ek sien die dame waarvan hy praat is PRESIES dieselfde een waarvandaan ek twee ure gelede weggestuur was het ek my humeur verloor. 

Die mense direk agter my op hulle stoele het wydoog na my tirade gesit en luister.  Ek het hom sy fortune sommer mooi vertel.

“You want me, after wasting 2 hours of my time in a que I should never have been in, to go back to the woman to get an acknowledgement of my document after SHE sent me to the que I was sitting in for the last 2 hours?  Are you insane?  Why cant you just take this document?”

“Sir! There is no need to get angry with me.  It is not my fault you were kept waiting that long!”

“Fuck you! Don’t patronize me! There is a stack of blank acknowledgement  papers right next to your phone and you tell me you cant give me one for this? (en ek waai die ding voor sy neus rond)… But no! It’s easier to press a fucking button, puch another ticket into my hands and pass me to the next person.  After all, it’s not your fault! It’s no-one’s fault I just wasted all this time for a piece of paper ANYONE could have taken off my hands and dropped off at the right department!!  So before you tell me ever again I should not lose my temper with you you better take this ticket (en ek gooi dit voor hom op die counter) en shove it up your ring and give me my acknowledgement!!”

So tien mense bars uit van die lag, ‘n paar klap hande en ek hoor ‘n tannie se: “Dis fokken reg!! Gee hom gas boetie!!”

Ek is daar uit met my papier binne ‘n minuut en het sommer baie beter gevoel!!

Suprise!

Ek lees hierdie in Nuus 24.com , en wil myself kraak. Dit wys jou nou-net, moenie blindelings koop nie….. :shock:

Lelike verrassing toe bruid sluier lig

2010-02-10 14:22

 

Doebai – ‘n Arabiese ambassadeur het sy troue gekanselleer nadat hy uitgevind het dat sy toekomstige vrou, wat altyd ‘n gesigsluier gedra het tydens hulle ontmoetings, gesighare het en skeel is.

Die ambassadeur het die vrou net ‘n paar keer ontmoet, en sy het elke keer haar gesig agter ‘n sluier weggesteek, het ‘n koerant berig.

Nadat hul huwelikskontrak geteken was, het die ambassadeur probeer om sy vrou te soen. Dis toe dat hy uitgevind het dat sy gesighare het en boonop ook skeel is.

Hy het toe aan die Islamietiese Sharia-hof vertel dat hy nie met die vrou getroud kan wees nie. Die bruid se ma het glo haar susters se foto’s aan die toekomstige bruidegom gewys.

Hy het ‘n dagvaarding uitgereik dat die huwelikskontrak nietig verklaar moet word, en dat die vrou aan hom ongeveer R1 miljoen moet betaal vir die klere, juweliersware en ander geskenke wat hy aan haar gekoop het.

Die hof het die kontrak nietig verklaar maar die ambassadeur se aansoek vir skadevergoeding is verwerp.

Die verslag het nie die ambassadeur se naam bekend gemaak nie, en ook nie verdere besonderhede verskaf nie.

- Sapa-AFP

Ek sal dit nooit oorleef nie

Ek volg noual so twee dae lank die storie van die gospel sanger wie se vrou voor hom verkrag is.

Hier is dit artikel:

Kliek hier

Ek weet eending in my lewe verseker, ek sal dit NOOIT kan oorleef nie.  Hulle sal my moet doodmaak of ek sallit self doen.  Ek weet hulle sê mens sal als oorleef, maar dit is my grootste vrees in die lewe.

Ek haal my hoed af vir die mense, rerig ek doen.

Reverse ligte – sad but true

Gister word ‘n blanke man met ‘n so te sê splinternuwe bakkie afgetrek deur ‘n manlike swart verkeerskonstabel in die dorp.

Die konstabel toets als en die bakkie is in ‘n baie goeie toestand virre nuwe bakkie.  Laastens beveel die konstabeltjie die man om sy voertuig in neutraal te sit en sy reverse ligte aan te sit.  Die man probeer verduidelik dit werk nie so nie.  Die konstabel isse bittereinder en dring daarop aan.

Al wat gebeur is daai ligte weier om aan te kom.

Uiteinde van die saak is die volgende:

Sir,

“You are being fined for your reverse lights not working when car is in neutral – R200.00″

Well well, die nuwe SA sal nooit ophou om my te verbaas nie!

Page 4 of 114« First...23456102030...Last »